Steeds talle vrae ná liggaam op Tafelberg gevind word

Diane Nelson (Foto: Facebook)

Die polisie wil in dié stadium steeds geen inligting bekend maak rakende die dood van Diane Nelson (49), die kliniese sielkundige van Kaapstad wie se liggaam op Tafelberg gevind is nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie wou slegs bevestig: “Die ondersoek gaan voort.”

Van Wyk wou nie vrae beantwoord oor of die oorsaak van Nelson se dood al bekend is en of daar vuilspel vermoed word nie.

Dit kom te midde van ’n ingeligte persoon na aan die ondersoek wat gesê het dit blyk dat Nelson glo haar eie lewe geneem het.

Sy het glo WhatsApp-boodskappe aan haar geliefdes gestuur om te groet.

Maroela Media het vroeër berig geliefdes van Nelson het haar by die Claremont-polisiestasie as vermis aangemeld nadat sy die laas op 23 Junie om 20:00 lewend gesien is.

Haar verlate motor is kort daarna in die Cecilia-woud in Constantia, aan die voet van Tafelberg, aangetref.

Nelson se liggaam is op 28 Junie op Tafelberg gevind. Sy was ’n inwoner van Claremont en het as ’n kliniese sielkundige by die Crescent-kliniek gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Groetboodskap ·

Groetboodskap kon netsowel deur n moordenaar getik gewees het soos in die Stella koshuismoorde.

kas ·

Moontlik maar mie maklik nie.Hoe sou die moordenaar geweet het wie is haar geliefdes.Hoekom sou die moordenaar al die moeite gedoen het om haar te ontvoer en op Tafelberg te vermoor.Die moontlikheid van selfmoord klink meer realsties.

Linda van Mosselbaai ·

Sterkte aan almal wat agterbly. Hulle bly vir die res van hulle lewe agter met so baie vrae ……..

So ek pleit as jy dit dalk oorweeg – praat met iemand – wag nog 1 dag – kyk na die mooi om jou – wag nog ‘n dag – kyk op na die wolke – wag nog ‘n dag – praat met God – wag nog ‘n dag asseblief terwille van jou nageslag ……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.