Steek OB vinnig in die pad, vra stigting

Die Opbenbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. (Foto:
Phando Jikelo/ANA)

Die Helen Suzman-stigting het ʼn beroep op die parlement gedoen om die stemproses rakende die verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane uit haar amp as Openbare Beskermer te bespoedig.

Die stigting het aan Thandi Modise, die speaker van die nasionale vergadering, geskryf om haar te versoek om die stemproses in die nasionale vergadering te bespoedig. “Ons oproep kom ná die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof in die saak tussen die OB en die Suid-Afrikaanse Reserwebank,” het Francis Antonie, uitvoerende direkteur van die stigting, in ʼn verklaring gesê.

Die hof het in sy uitspraak ʼn kostebevel teen Mkhwebane in haar persoonlike hoedanigheid bevestig. Dié uitspraak, saam met ander verdoemende hooggeregshofuitsprake, het gewys hoe Mkhwebane “’n gebrek aan integriteit, eerlikheid, onafhanklikheid en bevoegdheid” toon.

“Hierdie uitsprake is almal bewys van die onbetwisbare gevolgtrekking dat me. Mkhwebane nie geskik of bevoeg is om die amp van openbare beskermer te beklee nie,” sê Antonie.

Hy het bygevoeg gegewe die belangrikheid van die amp wat Mkhwebane beklee, en die geweldige mag van dié posisie en vertroue wat die publiek in die OB plaas, is elke dag wat Mkhwebane in die pos aanbly skadelik vir die integriteit van die amp.

“Ons doen daarom ʼn beroep op die speaker en die nasionale vergadering om ag te slaan op die toenemende negatiewe geregtelike bevindings teen die Openbare Beskermer en vinnig en beslissend op te tree om haar uit dié amp te verwyder,” het Antonie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Eléne ·

Dit gaan nie net oor die integriteit vd amp nie maar oor ons land wat verder in die afgrond in gedompel kan word!

Hans ·

Vat jou goed en trek OB. Ons soek ‘n openbare beskermer, nie ‘n grap of verleentheid nie!!!

Cherokee ·

Om wàt mee te maak, Hans? Ons het nooit is al die jare wat dinge lekker gegaan het, so ‘n amp geken nie? Nou sê jy ons soek een? Om wat mee te maak?

Br ·

Nee sy het lankal vergeet wat sy veronderstel is om te doen, sy is nou uit en uit besig met n persoonlike vandetta. Dit gaan haar ondergang beteken en ek hoop spoedig. Sy maak haarself so belaglik, en sy kan nie eers die reels in die wette verstaan nie. Sal my nie verbaas as die agbare Malema haar aanpor nie, daarom maak sy sulke growwe foute.

Cherokee ·

Zille en absoluut sonder uitsondering elk van júlle wat DA gestem het, dra by hiertoe.
Niè tot die uitsluiting natuurlik, maar tot die verkose ampsdraers.
Stem maar lekker DA en probeer jul bes om die land te laat duik.

Nugter ·

Die DA het uit die staanspoor gesê sy is nie bevoeg vir die amp nie. As jy kritiek wil lewer, mik minstens in die regte rigting!

Nugter ·

Die DA het haar aanstelling uit die staanspoor teengestaan. Wees minstens redelik met jou kritiek.

Kobus ·

Sy was die ANC en EFF se keuse. Die DA was teen haar. Terloops, die DA is ook ‘n minderheidsparty. Hul invloed op nasionale politiek is gering. Baie regses wat hier twak praat woon ook maar lekker in DA beheerde munisipaliteite.

Mark ·

Ek haat ook die DA, maar hulle was destyds die enigste party wat haar aanstelling teen gestaan het. Hulle het beweer sy is ‘n ANC spioen.

HPV ·

Die DA het duidelik haar aanstelling nie sterk genoeg teengestaan nie. Miskien is Cherokee tog reg.

TN ·

Cherokee laat nie eers toe dat die waarheid in die pad staan van sy felle maar ongegronde haat vir die DA nie !

Michael P ·

Ja hou haar liewers in die pos .want sou sy die trekpas kry gaan sy nog steeds daardie groot PAY kry. Julle weet by nou al hoe die ANC werk.

Dafer ·

Stel die vorige een weer aan! Sy het, en kon, die job gedoen!

John ·

Die EFF is skielik nie meer so giftig teenoor Zuma nie, maar teenoor Gordhan want hy weet dalk beslis iets wat hy nie moet weet nie. Hul wil in die OB se goeie boekies bly want sy hou die kasdeur toe waarin geraamtes opgestapel lè en sweet. Die sabc gee baie lugtyd aan Malema en sy roekelose planne. Ondersteun die glo onafhanklike nuusstasie hom? Wie help die OB met haar wysneusige ondersoeke en skryf haar opstelle want sy sukkel om dit voor te lees… duidelik nie haar eie werk nie?

Jy is gefire ·

Jy moet loop. Bou jou stoep By jou ma se huis groter en gaan SASSA.

Johanna Botha ·

Die blote feit dat die land n OB nodig het se al klaar dat die mense oneerlik is en mens moeilikheid kan verwag !

Gert van Wierdapark ·

Reel asb eers met die betrokke area se verkeerspolisie vir n padblokkade sodat daar nie dalk ongevalle is tydens haar ontslag nie!He-he-he!!

Magda ·

Gaan net WEG – en bring Madonsela terug of iemand met haar eerlikheid en opregte karakter. Hulle is maar skaars maar seker daar is nog1 met dit. Genoeg gehad van die onbevoegede enetjie wat net ons land nog verder gaan knak. JUST GO AWAY AND PLEASE STAY AWAY.

Leon ·

Maar julle kan mos nou nie van haar ontslae raak nie. Sy is ‘n absolute ANC lid. Sy pas dan die ANC se beleid so perfek toe. Sy is ‘n model ANC lid. Hoe is julle harte. Sy personifiseer absoluut die ANC.

Carl Jordaan ·

Wie is geskik vir hulle poste? Is dit die mense by Eskom, of dalk die “SAA”, miskien die “SABC” of dalk is dit die mense by die “PIC” of dalk by die stadsrade. Sommige doen net meer skade as ander. Byvoorbeeld, Nommer Een het die land se ekonomie in nommer twee laat beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.