Steelpoort-plaasaanval: Derde ‘rower’ vas

Een van die verdagtes wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Een van die verdagtes wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf

ʼn Derde verdagte wat glo betrokke was by ʼn plaasaanval Dinsdagoggend op Steelpoort in Limpopo waartydens twee verdagtes doodgeskiet is, is deur die polisie vasgetrek.

Maroela Media het vroeër berig hoe Wayne Farmer (41) omstreeks 03:30 gaan ondersoek instel het toe hy sy buurman se alarm hoor afgaan het. Daar het hy vyf verdagtes aangetref wat op hom losgebrand het toe hulle hom gewaar het. Farmer het teruggeskiet, maar was nie seker hoeveel van die verdagtes hy gewond het nie. Al vyf verdagtes het op die vlug geslaan.

Twee verdagtes se liggame is later die oggend op die buurman se erf by die grensdraad aangetref. Albei verdagtes het vuurwapens in hul hande gehad. Daar was ook ʼn vermoede dat ʼn derde verdagte in die skietery gewond is.

Volgens kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, is die derde verdagte toe wel in die skietery gewond. “Die polisie het navraag gedoen by hospitale in die omgewing om uit te vind of enige pasiënte die week ingekom het met ʼn skietwond. So het ons een van die verdagtes by ʼn hospitaal in Groblersdal opgespoor. Hy is tans steeds in die hospitaal, maar onder polisiebewaking,” het sy gesê.

“Die polisie is nog besig om sy en die twee verdagtes wat gesterf het se ware identiteite te bevestig.” Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

Otto het vroeër gesê ʼn saak van moord is geopen, maar dit is standaardprosedure in ʼn geval waar verdagtes tydens ʼn misdaadvoorval doodgeskiet word. Die senior staatsaanklaer sal nou die besonderhede van die voorval ondersoek en besluit of daar teen die skieter opgetree moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peef Schabort ·

En daar kry my kommentaar ook ‘n doodskoot, waarom weet ek nie. Kom ek sê dan iets anders: Moenie steel op Steelpoort. Die naam is misleidend maar hou tog verband met ene Scholtz wat ‘n olifant hier geskiet het en die volgende oggend gevind het dat die olifanttande ‘verdwyn’ het. Wat van ‘n naamsverandering vir die beheptes daarmee. Daar is ‘n plaas in Noordwes met die naam ‘Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein’. Is hier weer ‘n doodskoot?

arie plaasboer ·

Dat `n geregtelike saak “van moord” geopen moet word is aanvaarbare standaard praktyk.
Om 03:30 (Nogal baie vroeg in die oggend)stel hy ondersoek in en brand die “verdagtes” op hom los en in selfverdediging skiet hy terug, met noodlottige gevolge vir die boosdoeners.

Nou word hy as die “VARK in die VERHAAL” voorgehou. Hopelik is dit net `n TYPO van Maroela Media en dat dit net `n saak van selfverdediging sal wees.

Johannes Meintjes ·

Ek hoor die kerke praat nou weer van die “vredemakers”. Nou wonder ek net wat het die kerk in SA gedoen sedert 1652 dat daar nie nou vrede is nie, en noudat die landsburger noodgedwonge op grondvlak alleen met die rig teen die muur staan, nou wil die kerk weer vir ons oor vrede preek! intussen moet die misdagers, SAPD en die Regering in SA maar vrede begin maak met die brutale werklikheid dat die landsburgers noodgedwonge meer met hul wettige wapens aan hulle persoon in die stede en platteland sal rondbeweeg om hulself, hulle kinders en hul regmatige besittings te verdedig terwyl die staat en die kerk wie-weet-wat doen met hulle tyd en die burgers se belastinggeld/ tiendes?

pieter ·

Ek weet nie meer of ek nog simpatie kan toon vir plaas boere nie..daar is duisende wit armes wat met graagde in ‘n hout huisie sal bly op ‘n plaas boer se grond. Hoe onmenslik moet ‘n plaas boer wees om sy gesin in sulke omstandighede te laat bly? Jy kan maar peraat wees tot jy blou is in jou gesig, hulle kom wanneer jy dit die minste verwag..jy kan nie 24/7 365 dae aan een nie slaap nie..begin ‘n sttelaars omgewing om die boer se huis met honderd klein hout huise vir armes wat kan oorleef en jou probleem is opgelos..begin ‘n opleidings kamp op die plaas en maak bestaans boere van die mense inruil beskerming oor meerderheid grond vir die plaas boer..boere, ons bly in ‘n land wat jy nie meer alleen jou grond kan beskerm nie..jou doodsfonnis vir jou vrou en kinders word net daar en dan getekin..hou op selfsugtig wees, en begin julle nasie deel maak van jou boer omgewing..dit gaan of inelkgeval van jou ontneem word, of jy gaan doodgemaak word vir dit..stel ‘n voorsitter aan en begin ‘n settelaar nasie tussen ons mense op ‘n gedeelte van jou grond vir jou en jou plaas se beskerming…niemand sal kom droog maak waar daar baie op een plek bly nie en genoeg manne is om die plek dag en nag te patroleer nie..ons word uitgemoor op die strepe, en ons het die oplossings..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.