Steenhuisen kandidaat vir DA-leier

John Steenhuisen is as parementêre leier aangekondig. (Foto: Twitter)

Die DA se parlementêre leier, John Steenhuisen, het aangekondig dat hy hom verkiesbaar stel as oorgangsleier en uiteindelik as federale leier van die DA.

Steenhuisen het die aankondiging vanmiddag gemaak in ʼn toespraak voor die Kaapse Persklub by Kelvin Grove in Nuweland, Kaapstad.

Die oorgangsleier van die DA word op 17 November deur die party se federale raad verkies en die nuwe federale leier deur die federale DA-kongres in April.

Verdere beriggewing oor sy visie vir die land en die DA – en sy verhouding met die voorsitter van die DA se federale dagbestuur, Helen Zille – sal volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Lyk vir my hy kan net ‘n verbetering wees op Maimane. Tyd sal alleen sal egter leer.

Eddie ·

Ons wens jou alle voorspoed toe John ,ek glo jy kan dit doen !!!

aj ·

Ware leiers loop VOOR die volgelinge, soos John Steenhuisen.

Nie soos die ANC kultuur dikteer nie …. waar die leier AGTER die volgelinge aan slenter nie!

johanna ·

Steenhuisen jy is al klaar n STEEN DES AANSTOOTS en jy is nog nie eers 1 maand leiers van die DA nie … gelukkig het baie van ons oë oopgegaan en stem dus VF

Dirk ·

Ek vertrou hom nie. Nog nooit van joiners of hul afstammelinge gehou nie.

Wat is fout met Zille se tweet oor kolonialisme en hoekom is Van Damme nog daar John?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.