Steenhuisen kry wind van voor oor raswet-uitlatings

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: Facebook / John Steenhuisen)

As ʼn “ongekwalifiseerde wit man” en “top-salaristrekker” is DA-leier John Steenhuisen die vergestalting van “onverdiende bevoorregting en ongelykheid” in Suid-Afrika, het die politieke party GOOD uitgevaar. En terwyl hy so begaan oor raskwotas is, moet hy dalk sommer oorweeg om hom in Orania te gaan vestig, het die party na Steenhuisen gekap.

Die party sê Steenhuisen het geen voet om op te staan in sy hewige teenkanting van die rasteikens wat ingevolge die nuwe Wet op Diensbillikheid voorgestel word nie.

GOOD se kritiek op die DA-leier kom nadat Steenhuisen verlede week gesê het dat die rasteikens ingevolge die nuwe wet bloot “gedwonge kwotas” is wat tot swaar strawwe kan lei vir maatskappye wat nie daaraan voldoen nie.

Hy het ook gesê dat kwotas tot nóg werkloosheid sal lei aangesien kinders wat tans studeer om opgeleide beroepslui te word, tot werklooshied gedoem sal wees omdat hulle die “verkeerde velkleur het”.

Brett Herron, GOOD-LP en die party se sekretaris-generaal, sê die wet en die voorgestelde regulasies poog om sakeondernemings wat 50 mense of meer in diens het, aan te spoor om teikens te stel om die voortslepende nalatenskap van rasse- en gestremdheidsvooroordeel in indiensneming te takel – veral in senior- en topbestuursrolle.

Brett Herron, GOOD-LP en die party se sekretaris-generaal. (Foto: Facebook / Brett Herron Politics)

“Hoewel die wet en regulasies nie perfek is nie, kan ons nie voortgaan om skreiende ongelykhede in werksomgewings te ignoreer nie,” sê hy.

“Steenhuisen se oppervlakkige aandrang dat die konsepregulasies Suid-Afrikaners sal verhinder om in poste aangestel te word waarvoor hulle bevoeg is, is eenvoudig onwaar.”

Manna vir politici

Herron sê die nuwe regulasies is absoluut nodig, aangesien syfers van StatsSA en die Kommissie vir Billike Indiensneming ʼn donker prentjie van uitsluiting in die werkplek skets.

“Wit werkers beklee altesame 63% van topbestuursposte in die land: 74% deur mans en 1,6% deur mense met gestremdhede. Die werkloosheidskoers onder wit Suid-Afrikaners is 9,4% teenoor 47,3% vir swart mense,” sê Herron.

“Die publikasie van die voorgestelde nuwe regulasies vir openbare kommentaar is manna uit die hemel vir politici wat verdelende retoriek wil volhou. Vertroue in die regering is op ʼn uiterste laagtepunt, maatskaplike stabiliteit hang aan ʼn draad en daar is ’n algemene verkiesing op die horison.”

Herron meen hierdie was lokaas wat Steenhuisen net nie kon weerstaan nie.

“Steun vir Steenhuisen se party is afhanklik van minderheidslede wat vervreemd voel van konsepte van nasiebou en insluiting. Deur ʼn beroep op Suid-Afrikaners te doen om regulasies vir billike indiensneming teen te staan, doen hy ʼn beroep op diegene wat glo dat ongelykheid aanvaarbaar is.

“Alle Suid-Afrikaners, insluitend Steenhuisen, het die verantwoordelikheid om ʼn land van regverdigheid en geregtigheid vir almal te bou. Wanneer ons meer vordering gemaak het om ongelykhede te takel en die skaduwees van apartheid uiteindelik verdwyn, sal die stel van teikens onnodig word.

“As Steenhuisen hom nie met hierdie doelwitte vereenselwig nie, moet hy Orania toe trek.”

Verwysing na Ahmed Kathrada ‘kwaadwillig’

Intussen het die Ahmed Kathrada-stigting (AKF) hom van ʼn toespraak deur Steenhuisen oor dieselfde onderwerp gedistansieer.

Steenhuisen het by ʼn saamtrek in Chatsworth in KwaZulu-Natal verwys na Ahmed Kathrada wat byna 100 jaar gelede op Schweizer-Reneke in Noordwes gebore is en later ʼn strydros teen apartheid geword het.

Wyle Ahmed Kathrada. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Kathrada het verbete geveg teen die sogenaamde “Indiër-ghetto-wet”, wat beperkings probeer plaas het op waar Indiër-Suid-Afrikaners kon bly, sake doen en grond besit.

Hy is later tronk toe gestuur vir sy veldtog van verset en is tydens die Rivonia-verhoor lewenslange tronkstraf opgelê. Kathrada was 18 jaar lank in aanhouding op Robbeneiland.

“Ek wonder wat oom Kathy [Kathrada] sou sê van die ANC se nuwe raskwotawetgewing,” het Steenhuisen in dié toespraak gesê.

Die AKF beskou Steenhuisen se verwysing na Kathrada se vryheidstryd en die parallelle wat Steenhuisen nou met die sogenaamde raswet probeer trek, as “kwaadwillig”.

DA-leier John Steenhuisen tydens sy besoek aan Chatsworth in KwaZulu-Natal. (Foto: DA/Twitter)

“Dat die DA na Kathrada se rol in ons vryheidstryd verwys het, word waardeer; maar dit laat ʼn mens wonder waar hierdie waardering was toe Kathrada gesterf het. Nie ’n enkele DA-leier het sy begrafnis bygewoon nie,” het Zusipe Batyi, woordvoerder van die stiging, gesê.

“ʼn Mens wonder ook waar hierdie waardering was in die jare ná sy vrylating uit die tronk, toe daar geen poging van die DA was om hom te betrek en om sy politieke waardes en lewe beter te probeer verstaan nie.

“Daarsonder wonder ʼn mens hoe die DA enigsins kan probeer bespiegel wat Kathrada van die huidige kwessies sou sê. Dit is ontstellend dat die DA-narratief aanvaar dat Kathrada entoesiasties sou wees oor dié party se beroep om ʼn wet teen te staan wat deur ʼn demokratiese parlement aanvaar sal word – en dat hy dit sou doen omdat hy Indiër was.”

Die AKF meen indien die DA ʼn “opregte poging” aangewend het om die talle boeke, toesprake en artikels oor Kathrada te lees, die party sou besef dat hy enige rassisme en uitbuiting verafsku het, asook enige pogings om verdeeldheid onder Suid-Afrikaners te saai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Bernard ·

Uiteindelik het Steenhuisen ‘n bietjie ruggraat getoon. Die felheid van die aanslag teen hom: “A lot of flak means you’re right over the target.”

Harley Davidson ·

Hoe onosel kan jy kry,die land is in ‘n toestand van geen omkeer meer juis oor seb en hierdie ou probeer ‘n paar punte wen deur nonsens te praat.Ek dink sulke mense moet die enigste gebied met vooruitgang in sa ,Orania uit sy mond hou want enige persoon met 2 breinselle weet nou hy hoort nie in enige leiersposisie nie.

Cherokee ·

Hennie, as jy die kuns leer om tussen die lyne te lees, sal jy agterkom hy het nagelaat om te sê hy praat van Batyi. Dit is immers my afleiding. Maar jy is reg wanneer jy sê mense moet nie in die bondel in praat nie, maar duidelik wees met wat hulle sê.

Marthinus Johannes ·

Good is nes die ANC, hulle kan niks vir hulself tot stand bring nie, will net wat wat ander het en gemaak het. Dit is immers wat hul voorgangers in Rusland geleer het. Gaan stig jul eie besighede en gee werk vir jul eie mense soos wat ons gedoen het dan sal dit beter gaan. Maar nee hoekom moet julle geld spandeer daarvoor terwyl dit reeds daar is en gevat kan word. Die hele doel van die ANC en sy bondgenote wil apartheid omswaai in teenoorgestelde rigting met steeds gevegte. Stel nie belang in vrede nie.

Althes ·

Wit bevoorregting moet geklassifiseer word as ñ belediging.
Daar is baie wit mense wat hulself moes flenters werk om die top te bereik.

Nie almal was finansieël bevoorreg om ñ graad te bekom nie.
Buitendien ek weet van mense wie ñ graad het, maar klipdom is en nie probleme kan oplos nie.

Ten minste het hy nie sy graad gekoop by Ford Hare universiteit nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gewis. Goeie vakmanne is deesdae meer werd as huidige gegradueerdes, veral dié in “political science” wat in die parlement sit. Bill Gates en die stigters van Apple, Dell en Facebook het almal hul studies gestaak.

piet ·

Ek kan nie glo dat die werkloosheidskoers vir blankes onder 10% is nie. Al hoe dit (hoogs onwaarskynlik) kan wees. is as blankes voorgee dat hulle vir hulself werk maar eintlik het hulle nie werk nie of probeer vir hulself werk (wat in meeste gevallr misluk). Jy hoef net te kyk in oondernemings wat baie die oog vang soos winkels en banke en jy sien weinig ‘n wit gesig.

Althes ·

Ons is in die minderheidsgroep, so ons statistiek word artifisieël gedryf.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

En so begin die verdeeldheid en word rassehaat net verder en verder aangeblaas. Die regering is verkeerd. Punt.

Pieter ·

My maatskappy stel nie eers meer mense aan met grade nie want deesdae het elke tweede ou een… Jy moet maar eerder wys wat jy kan doen…

Jeanette ·

Dankie tog daar is nog sulke maatskappye. My my man is ‘n gekwalifiseerde Passer en Draaier maar het nie ‘n Rooi seel nie en dit tel ook teen hom maar hy het ervaring wat die met rooi seel nie eens van weet nie , baie sit met die kwalifikasie maar as dit by die praktiese werk kom weet hy basies niks so dit se net die sertifikate is gekoop

Althes ·

En die afgelope twee dekades is valse kwalifikasies en omkopery die in ding.

Daisy ·

Ek het nie ‘n graad nie want my ouers kon dit nie bybring nie. Ek en my susters moes gaan werk na matriek.
Ek het meer as 30 jaar ondervinding in my veld, maar mense met die korrekte velkleur kry die werk.
‘n Klient van my is ‘n prokureur (‘n swart dame), maar sy vra raad by my.

Pietertjie ·

Pleks dat die spul eerder kyk presies wát die oorsake van die sogenaamde ongelykhede is, en dít dan aanspreek! Los diegene uit wat deur harde werk uitstyg bo die res!

Amelia ·

Kan ook nie sien waar al die wittes werk nie kyk in munisipale busse hoe min wittes is op bus En wat van al die immegrante Kyk hoe lyk beisghede met bbe ens dink in daardie geval moet wittes maar besighede sluit en gaan land uit waar beisghede goeed doen sonder bbe ens Gaan kyk ok maar by binnelandse sake hoe staan die klomp daar vir fotos neem teen r40 en daar is ongeveer 100 mense so is r4000 per dag seker hul se nie hul werk nie ons wittes is te eerlik

Fritz ·

En daar gaan my simpatie met die GOOD party! Hulle is toe nie so good nie!

Goldy ·

Daar gaan nog n paar oranias vorm wat in gebied gaan moet uitbrei as die beskaafde kompoment van die land wil oorleef.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afstigting van ‘n streek is die enigste werkbare oplossing. Maar as alternatief kan wittes wel ontvolkte dorpies in ‘n streek uitkoop en in “smart dorpe” ontwikkel en later ‘n konfederasie vorm. Water en krag verskaffing is sleutel oorwegings.

Goldy ·

Wit bevoorregtingnis oftewel tegnologies gevorderde beskawing iets waarvoor ons voorouers al vir honderde, eintlik duisende jare hard gewerk het om hulself uit steentydperk te hef, en is iets om op trots te wees.

piet ·

Wat ek graag sal weet is welke persentasie formeel by ‘n maatskappy werk en ‘n volhoubare inkomste (salaris) versdien. Daarteenoor die ander wat vir hulself werk. My vermoede is dat die oorgroote meerderheid van laasgenoemde groep nie formeel werk kon kry nie en nou doen hulle iets om ‘n bestaan te probeer maak. En in meeste gevalle verdien hierdie mense nie ‘n volhpoubare inkomste nie want ons weet tot 70% van privaatondernemings maak dit nie.

SmartieMan ·

Daars hy. Niks Rassewet vir my nie. Ek het my maatskappy heelwat laat verklein en nou werk ek lekker sonder onnodige stres.

Herman L ·

Good wil soos ander in dieselfde liga, seker maak ons is almal gelyk onder die broodlyn en slegs die mede kaders is skatryk. Hulle is te stiksienig om te besef dat selfs die kadres afstuur op armoede onder die huidige bedeling.

Di ·

DIS hoekom ons blankes nerens gaan kom nie, blankes staan nie saam mekaar nie, kraak eerder mekaar af. Los Orania uit die prentjie uit

Kobus ·

Ten minste het hy matriek en ek glo hy het nie net met 30% geslaag nie. Ook is hy eerlik daaroor, nie lieg en bedrieg soos waaraan ons al gewoond is nie. De Lille wys maar net weer dat sy ‘n manteldraaier is.

Impact ·

Ek verstaan dat die rasse ding ook ‘n impak gaan he op familie boerdery waar die familie aan die stuur van sake is. Gaan jare lange familie boerdery nou geinfiltreer word deur diegene wat geen belang het om die boerdery suksesvol te bedryf nie? Eish is al wat ek kan se

Papsak ·

Staan sterk John Steenhuisen ek like dit wys hulle ons kan en is beter as hulle se net wat julle wil ek gaan eerder in orania bly as in hierdie korrupte land ek staan agter jou John

Papsak ·

Dit tyd geword staan op staan saam wittes wys staaf wat ons kan doen tyd geword

efjy ·

Besef Brett Herron nie wie sy kiesers is wat vir hom en die party stem nie? Hulle gaan net so swaar getref word indien nie erger nie. Hoop hulle verduidelik dit vir hom met hulle stemme in volgende verkiesing.

wildtuin ·

Ek is net besig om ‘n weersin op te bou, mens kan vra “what good is there in good”? ‘n Regte klomp libs!

Nici ·

Hul moet dit die Wet op Diensonbillikheid noem. Om volgens ras iemand te verwerp is onbillik.

efjy ·

M.A.W. Brett en sy party keur die wet goed ten spyte van die gevolge vir sy kiesers.

Kloekie ·

Hoe het het BEE staatsondernemings gehelp soos
SAL, Transnet, SAUK, poskantoor etc.
Vra maar net. Hoe gaan dit die privaatsektor help?

Nettie ·

Miskien moet hulle eerder ondersoek instel oor hoekom swart mense nog steeds ‘n hoë werkloosheidsyfer en lae voorkoms in bestuursposte het, en nie net aanneem dis oor hulle aspris uitgesluit word nie.

Miskien is daar ander redes, soos: swak onderwys, kinders wat nie kan lees nie, ‘n minder-natuurlike aanleg vir bestuur, nie 3 dekades se ondervinding wat nodig is vir bestuursposte, ‘n laer gemiddelde IK waar ‘n hoë IK nodig is in bestuursposte, ens.

Hoekom als op die witman en geskiedenis blameer sonder om die volledige prentjie te ondersoek?

Renier ·

In my besigheid,wat met my geld begin is,sal ek self kies wie in watse posisie werksaam sal wees. En as die regering my belasting steeds wil he,dan los hulle daardie besluite vir my om te maak. Groetnis.

Linda ·

Moet appels met appels vergelyk, die bevolkings getalle weerspreek hierdie statistiek.

Nie Verbaas ·

Herron, vertel vir on waar jy dink die ekonomie heen gaan gaan as die top alles swart is. Nou moet poste aan mense gegee word net oor velkleur? Slaap voort. SEB is alreeds volstoom in werking met die ondergang van ons land.

Frikkels ·

Brett Herron moet sy kop laat lees. Duidelik is daar ñ hele klomp skroewe weg, ja weg. Nie los nie, WEG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.