Steenhuisen lei DA weer

John Steenhuisen is Sondag herverkies as die DA-leier (Foto: Democratic Alliance/Twitter)

John Steenhuisen is Sondag tydens die Demokratiese Alliansie (DA) se federale kongres in Midrand, Gauteng, as die DA se leier herverkies. Dit sal sy tweede termyn as leier van die party wees.

Die DA se leierskapposisies is Sondag op dié kongres wat as die DA se “grootste kongres in die geskiedenis” beskou word, aangekondig.

Steenhuisen het dr. Mpho Phalatse geklop in die stryd vir die leierskapposisie.

Voordat Steenhuisen as leier aangewys het, het die skare ʼn dawerende applous gegee en Steenhuisen se naam herhaaldelik uitgeskree.

Hier is die ander verkose leiers:

Thomas Walters, dr. Annelie Lotriet en Ashor Sarupen is as adjunkvoorsitters van die federale raad en Helen Zille as die voorsitter van die federale raad verkies.

Dion George is as die federale finansiële voorsitter aangewys.

Anton Bredall is gekies as die derde adjunk-federale voorsitter, gevolg deur Solly Malatsi as tweede adjunk-federale voorsitter en JP Smith as eerste adjunk-federale voorsitter.

Ivan Meyer is as die federale voorsitter aangewys.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.