Steenhuisen saal op vir DA-leierstryd

John Steenhuisen (Foto: Twitter)

Die waarnemende DA-leier, John Steenhuisen, het sy veldtog om in die laaste naweek van Mei tydens die DA se federale kongres in Midrand tot voltydse partyleier verkies te word, afgeskop met ‘n luidrugtige, tipies Kaapse saamtrek by die Griekse Klub in Mouillepunt, Kaapstad.

Byna vyfhonderd mense van oor die Wes-Kaap het die saamtrek, wat ook regstreeks oor die internet uitgesaai is, bygewoon. Etlike parlementslede van oor die land, asook die leier van die DA in die Ethekwini-metro in Durban, Nicole Graham, het die saamtrek bygewoon.

Vanuit die Wes-Kaap het die teenwoordiges die premier Alan Winde, die LUR vir onderwys Debbie Schafer, die speaker van die wetgewer Masizole Mnqasela, die adjunkspeaker Debbie Schafer, lede van die wetgewer soos Derrick America en Mareille Wenger, en Kaapse stadsraadslede soos Angus McKenzie, JP Smith, Stuart Pringle en Matthew Kempthorne ingesluit, asook vele raadslede van die Wes-Kaapse platteland.

Die leiers van die Wes-Kaap se wesstreek, Erik Marais, en die oosstreek, Jaco Londt, is deur verskeie van hul ondersteunende raadslede vergesel.

Parlementslede van oor die land was teenwoordig insluitende die hoofsweep Natasha Mazzone, provinsiale leiers Jacques Smalle (Limpopo) en Joe McGluwa (Noordwes), asook LP’s soos dr. Leon Schreiber, genl-maj. Ockie Terblanche, adv. Glynnis Breytenbach, Leon Basson, Cilliers Brink, Kevin Mileham, Dean Macpherson, Manny de Freitas, Chris Hunsinger en Emma Powell.

In sy toespraak het Steenhuisen gesê hy sal weer van die DA ‘n wenparty maak. Hy het gesê een van die dinge waarmee die DA in die onlangse verlede gesukkel het, is hoe om die rasgebaseerder diskriminasie van die verlede op ‘n nie-rassige manier op te los.

“Dit is noodsaaklik dat ‘n welvaartstoets gebruik word sodat slegs die arm mense van alle rasse met die potensiaal gehelp word. Anders kry jy die situasie dat pres. Cyril Ramaphosa binne ‘n paar jaar ‘n miljardêr word terwyl die meeste swart mense brandarm bly – 99,8% van die land se armste mense is swart, bruin en Indiër,”  het Steenhuisen gesê.

Hy het gesê die land is besig om in die afgrond in geregeer te word deur die ANC en het verskeie beleidsalternatiewe aan die hand gedoen, van misdaadbestuur tot onderwys.

“Waar dit in hierdie land goed gaan, regeer die DA. Suid-Afrika kan net werk as die DA werk,” het hy aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

daar is te veel “klein” partye, elkeen wil sy eie belange op die hand dra
voor 1994 was daar baie min sulke partye en die np, tot my spyt, was in beheer, vat hande en groepeer saam as iemand die anc die stryd wil aanse

Michael

Die DA is nie n party wat na die belange van die minderhede omsien nie Solidariteit wat nie eers n politieke party is nie doen tien keer meer as die DA,hulle vry so na die swart stem dat hulle vergeet wie vir hulle gestem het om die grootste opposisie te word.Ek sal vanaf die volgende verkiesing my stem vir die VF+ gee en as ek na vriende en familie luister gaan ons baie wees wat dit gaan doen.

Strandloper

Wonder wat het geword van al die groot monde van 94….hoor niks behalwe FW se geweete wat pla… Nee wat DA jul uurglas loop leeg. VF+ gaan jul uitbowl!

Hansie slim

Ek wonder waar die DA gaan eindig??? Hoe dit ookal mag wees, die ANC verwoes die land so hulle sal my nooit sien nie. Ek is bevrees die VF+ het nog ‘n lang pad om te gaan en dit help nie die DA word nog verder verswak nie. Al stem mens nie altyd saam met die DA nie….kan jy jou voorstel die Wes Kaap gaan ook ANC toe…..??? Dan is hierdie land gedoem!! Dis uiters teleurstellend dat die DA so sleg gedoen het in Johannesburg en Pretoria. Help nie as alles in die koalisie moes besluit word saam met die… Lees meer »