Steenhuisen waarsku Zille om in haar baan te bly

John Steenhuisen is as parlementêre leier aangekondig. (Foto: Twitter)

Die DA-leierskapskandidaat John Steenhuisen het die voorsitter van die party se federale raad, Helen Zille, gemaan om “in haar baan te bly” of anders sal hy vir haar wys waar die geel streep is.

Steenhuisen het vanmiddag sy kandidatuur vir die DA-leierskap aangekondig kort nadat hy onbestrede tot parlementêre leier verkies is. Hy het die aankondiging gemaak voor die Kaapse Persklub by Kelvin Grove in Nuweland, in die hartland van die DA.

Die DA se oorgangsleier word op 17 November deur die party se federale raad verkies, en die nuwe heeltydse leier in April op die party se landwye federale kongres.

Op ʼn vraag of Zille nie maar die mag agter sy leierstroon sal wees, en hy maar sal moet spring as sy so sê nie, het Steenhuisen gesê hy en Zille het al vantevore vuriglik saamgestem én vuriglik verskil.

“Een van die kwessies waaroor ek met haar verskil het, was haar twiet oor kolonialisme. Ek meen Twitter is geensins die regte platform om so ʼn ingewikkelde kwessie te opper nie. Wat leierskap betref: Sy het onderneem om in haar baan te bly. As ek leier is en sy doen dit nie, sal ek haar wys waar die geel streep loop,” het hy onderneem.

Steenhuisen het toegegee dis tans taai tye vir die DA, en gesê een van die hoofredes is omdat kiesers onseker is oor wat die DA is en waarvoor die party staan. Hy het gesê die DA en sy voorgangerpartye is al deur erger uitdagings, byvoorbeeld toe dr. Van Zyl Slabbert in 1986 as PFP-leier bedank het, toe die DP byna uitgewis is in die 1994-verkiesing, asook toe Marthinus van Schalkwyk se volgelinge die DA verlaat het.

“Persoonlikhede kom en gaan, maar nou is die tyd om die murg in ons pype te toon en meer as ooit aan ons liberale beginsels getrou te bly. Daar is drie groot strikke waarin die DA kan trap, naamlik om na regs te swenk en soos die VF Plus te raak, na links te swenk en ʼn ANC Lite te raak, of niks te doen nie en die huidige krisis te ontken,” aldus Steenhuisen.

“Die DA moet ʼn fort van staal in die middel van die Suid-Afrikaanse politiek vorm. Ons moet die party wees van nierassigheid, van omgee vir die kwesbares, van versoening en van sterk, skoon regering.

“Ons staan vir ʼn ondernemersekonomie wat gelyke kanse gee, maar nie gelyke uitsette probeer bewimpel nie. Ons rigsnoer is die Grondwet en die oppergesag van die wet,” het hy voortgegaan.

“Liberalisme glo in kreatiewe konflik deur byvoorbeeld die vryheid van die pers en vryheid van spraak. Liberalisme is dinamies en haak nie op een plek vas nie, maar pas aan by omstandighede met behoud van beginsel. Liberalisme wantrou te veel mag op een plek en liberalisme staan vir die vryheid van die individu.

“Liberalisme ondersteun groepregte soos onderrig in Afrikaans, maar nie groepdenke waarin iemand aan sy etnisiteit geoordeel word nie.

“As DA-leier is dit wat ek sal nastreef, en dit sal die DA sterker maak,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Willie ·

Dit is of lig of donker! Daai dwaal middeweg is en sal jul ondergang bly!

Patriot ·

John Steenhuisen (Brickhouses) kan/wil nie Afrikaans praat nie, dus vir my beteken dit hy is iemand wat my sal bestry.

Kobus ·

Sal jy vir die DA stem indien die partyleier ‘n wit Afrikaanssprekende is? Dink nie so nie.

Petrus ·

Patriot, chill, jy is paranoïes. Niemand wil jou bykom nie.

Realis ·

Hier kom ‘n ding! Beide het ‘n sterk persoonlikhede en hulle gaan fight dat die hare waai.

DA BO ·

Patriot, ontspan bietjie, engels, afrikaans, jinne mens ons is al lankal verby die sappe en natte dae.

Jaco Weber ·

Sy is ‘n bekwame en sterk persoon maar iemand moet haar sê om van Twitter weg te bly want dit het al vir haar baie skade gemaak

Realis ·

Hier kom ‘n ding! Beide het sterk persoonlikhede en hulle gaan fight dat die hare waai.

AndrewL ·

As hy sommer met die intrapslag al ‘n probleem met kolonialisme het, sienek net nog’ n ANC Lite aan die broei.

Kobus ·

Wat gaan die DA se beleid o.a. rondom Bee , Grondonteiening , en veiligheid en sekuriteit vir die Landbou. Die volgende Leier sal moet uithaal en wys.

Dries du Toit ·

Dit is of links of regs. Awe regs en awe links is nie een van die twee nie

schaun ·

Totaal mors van tyd en energie kom volgende munisipale verkiesing sal die DA n koalisie moet vorm net om n sitplek in die parlement te hê.

Niel ·

Versigtig daar…. VF+ is nie so te sê regs nie. Wat is jou standpunt rondom plaasmoorde en Afrikaans wat so onderdruk word.

Sonja ·

Die DA staan my nie aan. Vertrou hulle glad nie. Ek hoop Steenhuizen vat daai Van Damme diva aan oor die Waterfront geval. Ek hou van Natasha, sy moet VF toe gaan.

Anon ·

So ‘n man met geen naskoolse opleiding gaan Helen Zille wys waar die geel lyn is?

Kokkie ·

@Anon. Ek is hoegenaamd nie ‘n DA-ondersteuner nie. Maar om te beweer dat naskoolse opleiding van jou ‘n beter of swakker politikus gaan maak, is ‘n growwe mistasting. Ek het darem al te veel in my lewe gesien hoe swak sommige hooggekwalifiseerdes in die werksomgewing vaar. En hoewel ek nie sy politieke siening ondersteun nie, het ek al gesien hoe hy in die parliament die ANC op hulle plek sit met skerp argumente.

Jimmy ·

‘n Politikus is nie noodwendig ‘n vakkundige nie. Hulle moet wel oor goeie oordeel beskik.

Werk saam ·

@Anon – In baie gevalle is die grade en diplomas net dit wat jy sien; ‘n papier teen die muur. Die kruks van opleiding ontgaan die meeste gegradueerdes. Verskeie van die sogenaamdes het al by navraag aan my erken dit gaan net oor geld. Meer papier teen die muur is meer papier in die sak.

Anon ·

Swaksigtig? Geensins, kan ‘n prokureur sonder regs opleiding praktiseer? Hoe is dit dat ons maar aanvaar dat onopgeleide mense ons partye en land bestuur? Het ons nie uit ons geskiedenis met Mnr. Zuma geleer nie? Mnr. Mandela het naskoolse opleiding gehad, nie waar nie? Vergelyk die twee en vertel my weer dat ek swaksigtig is.

RP ·

Ekt politieke kennis in van my vakke soos filosofie en etiek opgedoen, dis n grap. Jyt nie ‘n graad nodig om politiek te verstaan nie. Waar meeste politici faal is wanneer dit by ekonomie kom, dit is ingewikkeld.

Sonja ·

Nee wat, hulle het hul vleis gewys! Daai Van Damme geval is nooit aangespreek nie, dit se baie. Sy het soos n matroos aangegaan, ek se nog, sy is skuldig, dis hoekom sy so aanvallend was. DA moet huis skoon maak en ontslae raak van rasisme. Die VF gaan hulle ore aansit. Hulle het baie mense totaal afgesit, vertrou hulle glad nie.

Stormrider ·

Hier in Pretoria skryf ons nie van links na regs nie Mnr Steenhuisen. Ons skryf van regs na ver-regs.

Ou toppie ·

Ek het naskoolse opleiding, ondermeer ‘n “M cum Laude”. Laat ek dit baie duidelik stel, akademiese titels bepaal nie jou leierskap vermoë nie! Ek dink die man is knap, al stem ek VF+!!!!!

RP ·

Presies. Ek ken vele mense met meestersgrade, maar lerskap het hulle nog nie bemeester nie. Aan die ander kant ken ek vele leiers met geen grade nie.

Hannah ·

Ouma Helen.
Jy nou 68 en dink ek dis beter dat jy jou kosbare tyd saam jou klein kinders spandeer

Ruiklont ·

As ek jou raad kan gee, gebruik Helen se ervaring, kennis en vermoëns om positief te werk vir die land as ‘n geheel. Onthou daar is net lig en duisternis, indien jou basislyn die Woord van God is sal daar sukses wees andersins sal jy maar net nog ‘n party wees wat in die duisternis verdwyn

Karin ·

Dalk nie so ‘n goeie ding om na die PFP te verwys as ‘n voorgangerparty nie. As die DA nog my stem gehad het, het hulle dit beslis nie meer nie.

Cherokee ·

Klink asof jy nie geweet het hulle is afstammelinge van Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se Progresiewe Frederale Party, nie.

Adam ·

Dit wil voorkom asof die DA dalk net op die regte pad kan beland. Dit is hoog tyd dat liberaal demokrate ‘n behoorlike party kry om voor te stem. Ek vertrou die DA sal besef hulle het nie swart lede nodig wat nie in die ANC ‘n plekkie by die trog kon kry nie en ook nie bedreigde Afrikaners wat eerder by die VF+ hoort nie.

Linda ·

Dit maak glad nie saak of Steenhuisen geen naskoolse opleiding het nie, hy is vanaf jongs in die politiek en het die praktiese opleiding en bewkaamheid om die DA n party te maak waarna almal strewe, solank hy vir Zille agter die geel lyn hou ! Sy is nogsteeds n opregte sap van die Helen Suzman ere vir wie sy gewerk het, en ook te veel die broekdraer in plaas van rokkies wil sy dra.

Cherokee ·

Linda, Helen Suzman was nooit ‘n sap nie. Sy was ‘n prog. Die sappe was Sir De Villiers-Graaf se Verenigde Party.

Peet ·

Laat hulle maar gerus van mening verskil – dis hoe daar by die waarheid uitgekom word.
Kyk verby die MBS – melanien beheptheid sindroom en alles sal duidelik word.
Sterkte

John ·

Kolonialisme afskiet om stemme te behou? Indien die DA nou net wil kruip om stemme te behou, gaan die party bly duik. Die een swaeltjie in die VF Plus maak nie ‘n somer nie en meer maak nog ‘n DA. En gou baklei almal ook oor kolonialisme en of ‘n witman die party moet lei… en dan moet die VF nog verder plus om stemme te kry en behou… same story…

Tweetie ·

Die kat het nege lewens, draadsittery werk nie, jy moet n kant kies in n span, anders is jy nie n teamplayer nie. Sterkte vir die nuwe D.A.

Feite ·

Behalwe vir van Damme en die jeugleier, het almal in die DA wat ANC transformasie ondersteun en van die DA die ANC Lite gemaak het, die trekpas gekry. John Steenhuizen se middeweg om nie links of regs te beweeg nie is die goue weg. Dit is die enigste weg wat deur versoenende, maar beginselvaste optrede, vrede en voorspoed kan bewerkstellig. John is nie die tipe politikus wie se dat hy veg vir die behoud van afrikaans en dan is sy strategie eintlik om afrikaans te laat uitfaseer by universiteite om afrikaans net beskikbaar te stel by privaat akademias nie. John het homself nog geensins skuldig gemaak aan verraad teen afrikaanssprekendes vir die bou van n sakeryk uit afrikaanssprekendes nie. Mense wie die VF ondersteun besef nie dat die afrikaanssprekendes hulle erfenis van afrikaanse universiteite kwyt is agv die VF se burgerregteorganisasie se aandadigheid by die uitfasering van afrikaans. Gaan bestudeer gerus die hofuitspraak in die saak van afriforum vs UV, asook kenners en meningvormers se kommentaar. Daar is ook kommentaar van akademici wie vinger wys na die VF se burgerregte organisasie dat die organisasie nie met universiteitsowerhede gehandel het ter goeder trou nie, maar openlik met vyandiggesindheid hulle saak vir afrikaans met opset gaan staan en vertroebel het! Hierdie gebeure het plaasgevind mense, dit is nie uit die duim uitgesuig nie. Maak julle oe oop en ondersteun vir John Steenhuizen en vir tannie Zille, wie weet waar John reeds die geel streep getrek het. Afrikaanssprekendes gaan terug huistoe!

Jan ·

Jy is heeltemal die klits kwyt. Jy laat my dink aan skrywers wat vir Paul Kruger blameer het vir die Anglo Boere oorlog en dat dit sy hardkoppigheid was wat die Engelse maak aanval het – kan jy dit oorvertel. Stem julle maar vir die liberales, ons het ons eie weg en ons eie agenda.

Oud Tukkie ·

Feite het nie al sy feite verkeerd nie.
Waar daar vantevore altwee tale in ‘n klas aangebied was moes die studente, agv Afriforum se inmenging, sonder om die lektore te raadpleeg, besluit in watter taal ‘n lektor ‘n klas moet aanbied en dit was deur die meerderheid besluit dat Engels die taal sou wees.
Voorheen was Engelssprekendes blootgestel aan Afrikaans en die samehorigheid was goed , maar nou word Afrikaans benadeel.
Afriforum of wie ook al het miskein goed bedoel, maar deur nie hulle huiswerk behoortlik te doen nie, het hul meer skade gedoen.

Dit beteken nie dat ek teen die VF+ of Afriforum is nie, want ek is ‘n vegter vir Afrikaans vir baie dekades al, maar soms moet mens eers kyk waar jy inspring alvorens jy spring.

Erick ·

Sjoe Afriforum en VF+, hier word nou wilde aantuigings gemaak teenoor julle. ‘n Moontlike antwoord vanaf julle kant sal grootliks waardeer word.

Jannie van Niekerk ·

Tipies DA. Die mannetjie het nog nie eers begin nie en daar is al klaar tweespalt.

Andre ·

Ek dink nie soseer Steenhuisen is die probleem nie, ek dink dit is eerder die Zille Antie. Sy kan met niemand saamwerk nie, sy wil haar narsisistiese fantasieë uitleef deur alleen baas te wees en onbeperk met haar twitter knoppie te speel. My nuus aan Steenhuisentjie is….loop nou voordat jy jouself heeltemal vereg vir die Antie….sy is “beyond repair”.

Andre ·

Zille se baan is die wydte van die HELE pad. Daar is nie plek vir Steenhuisen nie, hy sal dit gou gou uitvind. Die beste ding wat hy kan doen is om Maimane, Trollip en Mashaba na die uitgang te volg en saam met hulle ‘n behoorlike liberale nie-rassige party te begin sonder die Zille-bagasie

Theoman ·

Feite jy is n Jerry n regte ou lib wat alles wat Afrikaanse organisasies soos die VF + Afriforem en dies meer blameer vir oor Afrikaans se afskafing by Tuks VS of maties. Die DA jeug het hulle bekke vol gehad oor Afrikaans by Tuks onder andere, so bly jy maar saam in die steenhuis met zille en al haar grille ons het huis toe gekom met n sterk fondasie n VF PLUS huis

marous ·

Politiek en ashope het baie in gemeen . Daar hang altyd ‘n vrot reuk rond .

Attie. ·

Die Steenhuis kan of wil nie Afrikaans praat nie. Hy het die Engelse se steun maar kan vergeet van swartes se steun, Geen Afrikaanse met ‘n ons murg in sy pype sal vir die man stem nie. Moontlik Joiners wat nog altyd met ons was. Joiners ken nie hul geskiedenis nie, die Engelse was nog altyd ons probleem en ‘n Joiner was nog altyd ‘n nare ding.

RP ·

Dan het ek geen murg in my pype nie, want hy het my stem vir seker.

Judge Dredd ·

So antwoord my John Steenhuisen:

As die grondwet verander word om onteiening sonder vergoeding toe te laat – gaan julle die grondwet nakom. julle eie grond inhandig?

Tweedens – Liberaliste tesame met hul linkse buddies is die grootste aanhangers van globalisasie – wat uiteindelik gaan beteken minder vryheid van denke/individue.

Derdens – hoe vorder julle met die Barkhuizen saak en hoekom het dit 10 maande gevat om begin ondersoek in te stel?

C ·

DA nee dankie jul kry nie my stem nie sorry. Ek stem vir n party wat opstaan vir sy mense VF+

Pieter Swart ·

Genade Feite… nou is dit Afriforum en die VF Plus wat eintlik besig is om Afrikaans uit te werk? Watter soort pille jy ook al gebruik, gooi dit summier in die asdrom. Dit laat ‘n mens duidelik halisuneer.

Sylvia ·

Die toepaslike geleerdheid is van kardinale belang, om verder te gaan studeer en ‘n sukses daarvan te maak toon alreeds dat jy kan deurdruk en vasbyt, leierskap kom met toepaslike studies en ervaring, bitter min word met leierskap kwaliteite gebore, baie kinders wat in hoërskool uitblink as sogenaamde “leiers”, faal na skool, bloot om die meeste kinders gekies word om leiers te wees weens gewildheid onder mede-leerders. Algemene kennis en om bereid te wees om na ander menings as jou eie te luisters, toon ook leierskap. Hierdie mening beteken nie ek stem DA nie.

Gerhard Kotze ·

Ja Pieter, dit is maar hoe dit is.

Blameer die vegters, in plaas van die joiners….

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek was verheug toe John Steenhuisen aangestel is – hierdie man ken sy storie en is nie vir enige van die Afrika Nasionale (C)Korrupsie, of die “Anything For Free” faksies bang nie. In my opinie is hy juis die man wat die DA weer op ‘n wenpad kan sit – en nee, ek is NIE een van hulle ondersteuners of lede nie, maar ek gee krediet waar krediet geregverdig word. Inderdaad, Ekis by een van die ander partye geregistreer maar repsekteer ander mense se sienswyse, veral as hulle weet wat hulle sê en doen…

Bly in jou eie baan ·

Dit klink of Steenhuis reeds uit sy eie baan beweeg… Dit klink uiters disrespekvol en maak dat ek reeds dink die mannetjie hou meer van praat as doen.

Ek ·

Brickhouse, jy het vergeet om te sê liberalisme Lei tot jou eie ondergang en verwoesting…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.