‘Steenkool nie rede vir beurtkrag’

Argieffoto

Eskom het gesê steenkool is nie die rede hoekom daar beurtkrag is nie en dat dit eerder toegeskryf kan word aan ʼn hoë aantal onbeplande kragonderbrekings en ernstige probleme by kragstasies.

Eskom het gereageer nadat Anna-Marth Ott, uitvoerende hoof van die Middelburg Kamer van Koophandel en Nywerheid, gesê het Eskom se bewering van ʼn tekort aan steenkool is nie waar nie. Ott het aan Maroela Media gesê daar is 170 steenkoolmyne in ʼn radius van 200 km van Middelburg in Mpumalanga.

Volgens Ott het sy van mynwerkers verneem steenkool hoop op by die myne en dat werknemers nou nie hul prestasiebonusse kry nie. Ott het gesê sy weet nie waar lê die fout waarom die steenkool nie by Eskom uitkom nie. Volgens haar word tonne en tonne steenkool wel uitgevoer.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het intussen in reaksie op Ott se uitlatings gesê die kamer moet vir Eskom sê watter myne dit is en of hulle bestaande kontrakte met Eskom het. Alle kontrakte het diensvlakooreenkomste wat swaar strawwe dra indien een party strydig met die kontrak optree. “Het hierdie maatskappye hierdie klousules al aangevoer?”

Volgens Phasiwe is nie al die steenkool wat in Suid-Afrika gemyn word vir Eskom nie. “Eskom het onlangs 27 nuwe steenkoolverskaffingsooreenkomste geteken in ʼn poging om sy steenkoolvoorraad op te bou.”

Phasiwe het ook gesê alle steenkool wat vervaardig word, is nie noodwendig bruikbaar volgens Eskom se vereistes of spesifikasies nie. “Alle verskaffers moet op Eskom se databasis geregistreer word voordat hulle met Eskom sake doen. Pryse, volumes en kwaliteit is sleutelbepalings.”

Volgens Phasiwe is nog ʼn noemenswaardige kwessie dat sommige steenkoolvervaardigers probeer munt slaan uit Eskom deur steenkool teen uitvoerpryse aan Eskom te verkoop. “Eskom het hulle afgekeur en wie weet, miskien is sommige van hierdie klaers deel van hierdie groep wat Eskom wil melk.”

Khulu Pasiwe, woordvoerder van Eskom. Foto: Facebook

Phasiwe het gesê hoewel dit waar is dat daar steenkooltekorte by tien van die kragvoorsiener se kragstasies is, is dit nie die rede waarom beurtkrag toegepas word nie. “Die rede vir die beurtkrag wat tans toegepas word, kan toegeskryf word aan ʼn hoë aantal onbeplande kragonderbrekings en ernstige probleme by kragstasies.”

Eskom sal intussen om 14:00 vanmiddag ʼn mediakonferensie hou om die jongste inligting te gee rakende die bedryfsuitdagings wat tans ervaar word.

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het verlede maand gesê tien van Eskom se kragstasies het steenkoolvoorraad vir minder as 20 dae en dit kan die moontlikheid van beurtkrag vir die res van die jaar verhoog.

Hy het gesê vyf van die tien kragstasies het tans steenkoolvoorraad vir minder as tien dae. Die stasies wat geraak word, is almal in Mpumalanga en is Arnot, Camden, Duvha, Hendrina, Komati, Kriel, Kendal, Majuba, Matla en Tutuka.

Hadebe het verder gesê Eskom het talle uitdagings met die opwekking van elektrisiteit as gevolg van die agteruitgang van steenkoolkragstasies. Van die ander bydraende faktore is ongewenste steenkoolkwaliteit, onlangse stakings, finansiële en kapasiteitsbeperkings wat lei tot minimale opknapping en instandhouding en ʼn gebrek aan beskikbaarheid en opleidingsoordrag van instandhoudingsvaardighede.

Hadebe het egter ʼn nuwe nege-punt-plan bekend gemaak om aandag aan Eskom se grootste operasionele uitdagings te gee. Die plan behels onder meer om foute by nuwe aanlegte reg te maak en foute by kragstasies wat tot die algehele sluiting van eenhede gelei het, te herstel. Verder wil Eskom foute wat kragopwekking by van sy kragstasies in die wiele ry, herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

GDS ·

– Oordrag van vaardighede, hoekom het hul dan die mense met vaardighede laat gaan ?
– Geen tekort aan steenkool soos beweer was nie ?
– Op tv verneem Eskom benodig verhoging op tariewe in April 2019
Is hierdie dan nie maar n boelie-metode om ten einde voorbrand te maak vir die April verhoging nie ? Wonder maar net.

Nonnie ·

Verskonings verskonings verskonings…. En hul dink ons is almal onder kalkoene uitgebroei… Daar skuil baie meer hier agter…

Lizel ·

Want die fondse daarvoor moes seker bydra tot die manteldraers se R900k salaris en bonusse.

gatvol ·

AGV regstellende aksie is daar nie meer kundigheid vir instandhouding nie.

JZ ·

Gee dit vir kundige mense en binne n maand of twee sal die probleeme iets van die verlede wees.mense wat wil werk en nie sit en dink dit kom vanself reg nie en mense wat verantwoordelikheid kan aanvaar en nie foute op ander plekke soek nie ,oorals behalwe by hulle self nie.

Joe ·

Gaan kyk hoeveel wit ambagsmanne ens met jare ondervinding is weg by Escom, dis ‘n wonderwerk dat die kragstasies nog loop, en een nog nie in die lug opgeblaas het nie.

Ons-Issie-Stupid-Nie ·

Almal weet daar is net een rede vir die beurtkrag:
Eskom wil nog n enorme prys-verhoging afdwing.
Phasiwe lieg homself vas.

Frikkie Geld en huis ·

Kan nie onthou by watter kragstasie dit was nie, maar daar het wel so ‘n paar jaar gelede ‘n eenheid deur die dak gevlieg.

Chris ·

Nie een van Eskom se bestuurders is ‘n “ Hands on “ bestuurder nie. Hulle het geen idee van beplanning nie bestuur van die hand na die mond . Hulle beter by die mier gaan leer wat vir hom voorraad opgaar vir die winter en swaar tye . Hulle is net soos die corige bestuur speel die beurtkrag kaart met die hoop Nersa sal n goeie verhoging in tariewe toestaan . Dat die president en minister van finansies nie kan sien wat eskom aan die land se ekonie doen nie gaan my verstand te bowe

Almal Weet ·

Almal weet wat die ware redes is waarom niks behoorlik werk in Afrika nie, maar niemand mag mos sê waarom nie. Daarom het alles relatief goed gewerk voordat sekeres die regering na 1994 oorgeneem het. ESKOM = Domkrag. Boonop het heelwat van ESKOM se probleme te doen met opsetlike sabotasie.

Noname ·

Waarom??? Die base se salaris is groot en hulle doek meer hulle voel ‘n veer vir die ander mense. Vat hulle salaris vir instandhouding. Ons betaal al hoe meer seker v die hoë salaris ipv dat hul geld gebruik v instandhouding. Waar is julle strategic plans V die volgende drie jaar

Kasper ·

Hierdie amptenare van eksdom lieg so, ek glo nie eers hulle eie ma’s sal hulle glo nie. Voorts al hierdie chaos kan toegeskryf word aan totale inkompetensie en gierigheid van die anc kaders en hulle meelopers, geen ander redes nie. Sies om te dink , daar was ‘n tyd dat Eskom ‘n wereld-klas organisasie was.

Noname ·

Waarom??? Die base se salaris is groot en hulle soek meer hulle voel ‘n veer vir die ander mense. Vat hulle salaris vir instandhouding. Ons betaal al hoe meer seker v die hoë salaris ipv dat hul geld gebruik v instandhouding. Waar is julle strategic plans V die volgende drie jaar

Elvira ·

Julle mors julle tyd om agter die waarheid te probeer kom. Dis n gelieg en bedrieg vir jaaaaare al.

Robert ·

G’n wonder die krag is so duur nie ek sien Ekom maak van steenkool vervaardigers gebruik! :-)

Sak ·

Hahaha . Uitstekend! Miskien moet hulle bietjie gemynde steenkool probeer..

Brutus ·

Lyk nie of Eskom vooruit beplan en instandhouding op hulle kragstasies doen nie daarom is daar probleme hul verskonings verander ook soos die wind.

Jakes ·

Dit is nie n steenkool of eskom probleem nie, dis te danke aan wit monopolie kapitaal, kolonialisme, cecil rhodes, apartheid, jan van riebeek en sy maats, die fabriek wat sy skip gebou het waarmee hy hier gekom het, rupert, bloody agents, joernaliste, die ou vlag, die stem en steve hofmeyer, klipwerf boere orkes, afrikaans, koeksisters, braaivleis en souskleitjies. Oh ja en gebraaide snoek, en visvang en plaasboere. Eskom en regering is puik dis net bogemelde dinge wat al die moeilikheid veroorsaak.

JohanL ·

Jakes, miskien moet jy as konsultatant aangestel word. Jy is so in die kol om al die oorsake te identifiseer – en nog almal daarby :) :) :)

TC ·

Ek so kwaad vir ESKOM ek gaan vannaand sommer my eie krag afsit net om te wys wie is baas.

Staak saam ·

Die enkele grootste faktor wat bepaal of Eskom steenkool by jou sal koop is nie prys, gehalte en volume nie, dit is BEE!!
Aanbod en aanvraag bepaal die prys, as daar n groot aanvraag is vir kole dan moet Eskom mos n markverwante prys betaal.
Hierdie swak verskoning van Eskom staan direk teen die verskonig wat die regering altyd aanvoer oor brandstof pryse, olie is die week goedkoper so die prys van petrol sak met R1.50
Die tyd vir hardseer en jammerlike verskonings is verby.

Ray ·

Hier is ‘n ekstra punt om die nege punt plan ‘n tien punt plan te maak. Kry werkers wat actually hulle werk doen en raak ontslae vd “Gravy Train” ryers wat net wil staak en rondsit. Maar hoe meer “werksgeleenthede” geskep word vir werkers wat nie eers opdaag nie, hoe meer kos dit vir elektrisiteit. Dis hoekom daar nie geld is vir onderhoud nie, te veel werkers wat betaal moet word voor ‘n nuwe pyp ingesit kan word

Retha Roux ·

Te veel geld aan Guptas voorsien, sonder dienslewring nou moet ons boet daarvoor

shark ·

Geen hard werkende eerlike geskoolde ambagsmanne daar nie,almal is nou ‘technicians,mechanicians, shop stewards, ens. Praat nie eens van die betuur nie…wat n grap.

Justice ·

Stem 100% saam met jou Koos – `n alledaagse probleem in staats instansies, munisipaliteite en “parastatals” – hoegenaamd ona geen finansiele beplanning wat deur `n goedgekeurings prosses moet gaan om afgeteken te moet word nie.

Jo Scheffer ·

Dink Eskom die publiek is dom dat ons nie deur hulle stories sal sien nie?

zoom zoom ·

Die krag storie lyk vir my eerder dat daar ‘n ander party invloed uitoefen op eskom. Hoekom word die instandhouding van die masjiene nie deur die jaar gedoen nie? Moet die goed gediens word in Nov en Des. Nee invloed van buite. Die kole wat ander myne kan verskaf is kamtig nie reg nie want dit het nie die Zupta en Gupta Stamp of Approval op elke stukkie kool nie. CR ly ook aan daai slaapsiekte soos daai spietkop in die Vrystaat . Solank die wat moet skep skep voel die top 6 van die ANC ‘n vy vir ons land

Bernelle ·

En so verval suid-afrika net meer soos die res van Afrika. Maar hulle wil mos so lewe dit pla hulle nie. Dis net Europiers (Afrikaners en engelse) wat wil soos 1ste wereld lewe en vooruit gaan. So moes ek vandag met my hard verdiende geld waarvan die regering amper 40% van dit vir hulle self neem – waarvoor ek niks voor kry nie – R8000 spandeer aan ‘n kragopwekker om te kan “normaal” lewe. Ons tax geld gee vir ons NIKS. nie ‘n polisie nie, nie ‘n staatshospitaal waar dit veilig is om te le nie, nie bekostigbare water nie, en nou ook geen krag nie. RIP suid-afrika.

Gert van Wierdapark ·

Soos reeds voorheen gese – die Krag-Dwergie wat lank lank gelede dalk n Kragreus was, is verdwaal in die bos van gladdebek praatjies. Die ouens kan goed gorrel, maar ongelukkig is die slaagsyfer nie 30% nie!

ga foxcroft ·

dus hoekom ek reed n paar jaar terug die volgend aangeskaf het.kragopwekker 9.5kva
son paneel met battey en led buislampe en invertor 12v na 220v
dan ook gasstoof 6 plaat met gas geyser
en ek smile

wraggies ·

Luister bietjie na Ted Blom se onderhoud van ‘n paar dae gelede met Martin Bester op Jacaranda se webtuiste, absoluut verstommend, word tans ook op sosiale media versprei.

Pieter ·

Wonder met al die kragstasies wat nou staan, vul hulle solank die steenkool aan?

Lisa ·

Geen beurtkrag in Soweto nie? Maar die res van Suid-Afrika het!

What a joke! ·

Die lot van Eksdom kan nie eens n steenkool kragsentrale onderhou nie en jy praat van kernkrag????
AL kernkrag wat jy gaan onder die onbevoegde lot gaan sien is n ma se groot sampioen wolk …dan hoef jy nie meer te worry oor krag nie ….
Genade die Here is met julle dan as hul wel kernkrag in Suid Afrika as die hoof oplossing gebruik…
Ander kragstasies wat nie deur n korrupte regering besit word nie word benodig..Die onbehulpe diens wat hul probeer lewer oor hul die monoplie oor alle krag besit in Suid Afrika speel op n ramp af….
Stem kry opwekkers en gas met sonpanele op jou dak en druk die lot n vet toffie!

Sarel ·

Teoreties is Kernkrag ‘n goeie antwoord. Maar die russe het skynbaar die lisensie om kernkrag hier in te sit.
Ek weet nie aan wie word ons land die vinnigste uitverkoop nie – China of Rusland

Sinies ·

Baie gepraat opgesom:

Hopelose en roekelose bestuur moontlik gemaak deur AA sowel as BEE gefasiliteerde diefstal.

Hot as hell ·

Ons Krag in Thabazimbi is al heeldag af. Niemand het antwoorde Vir Ons nie. ons Sal Maar moet begin Regmaak Vir die ergste. Van Hier af is dit net af en nie op nie. Sterkte aan Almal . Mag God Ons lei . Wees gereed kry Maar gas ens.

jakes ·

Eskom kan stories versin tot die perde horings kry maar mense met n redelike klein IK sal weet dat die hoofrede vir hul probleme is totale onbevoegdheid om n groot maatskappy behoorlik te bestuur. Korrupsie en omkopery met tenders is maar n klein deeltjie van n groot blik wurms wat oopgemaak is en dit kom al meer as 2 dekades. As jy met n werksmag sit wat 30,000 mense elke maand n vet salaris moet betaal terwyl nie een van hulle n posbeskrywing het nie, dan beland jy in hierdie gemors wat nooit sal herstel nie. Die hele spu van hulle behoort in die tronk saam met die regerende party want hulle is n bedreiging vir die samelewing.

Siek en sat ·

EK HAAT HIERDIE LAND EN WENS DIT WAS MAKLIK OM TE IMMIGREER….

Oud Eskom Werker. ·

Wat het geword van die steenkool myne wat spesifiek vir Eskom gebou is en een deur Eskom onderhou word as cost plus myn, waar die grootste persentasie steenkool nie meer aan die kragstasies gelewer word nie maar nou uitgevoer word as gevolg van die hoë gehalte en sodoende regerings amptenare en sekere mense se sakke volmaak. Eskom ry nou steenkool in teen ‘n baie hoër prys en met baie slegter CV gehalte. Eskom was ook deur baie van die ou hande gewaarsku om nie roete te volg om hulle Stock piles van bo die 60 dae to onder 20 dae te verminder nie, maar die Eskom bestuur wou nie luister nie. Hierdie is niks minder as ‘n politieke spel nie. As jy bestuur durf teen gaan was die lewe vir jou ondraaglik gemaak. Eskom het as politieke organisasie geslaag, maar as besigheid totaal gefaal.

Johan ·

Ek sien die Khulu perd praat van steenkool wat “vervaardig” word.
Hulle weet ook nie meer wat om te lieg nie.

Donderstorm ·

Die steenkool is net soos sa se kroom op pad china toe tien teen een.

Sanet ·

Blykbaar staan die Chinese vragskepe in Richardsbaai en wag vir hulle steenkool gekoop via Eskom. Het die fotos gesien. Hierdie klomp lieg en hulle maak my kwaad omdat hulle verwag ons moet die Liegstories wat hulle opdis glo.

Janine ·

As mnr hadebe se salaris dalk gesny word sal hy dalk sy vinger begin trek en die sogenaamde kamtige “uitdagings” begin hanteer. Want as hul nie weet wat om te se ni dan lieg hul en is dit apartheid se skuld. Hul weet nie hoe om n land te bestuur nie.

Netso ·

Hierdie is ñ weghol-trein mense! Hierdie probleem gaan erger as 2008 sn wees! Die kabel diewe is nou in besit van die aan en af rooster. Ja zuma jy was reg toe jy gesê het load shedding is verby! As daar geen krag is nie is daar ook niks on te deel nie!

Anton X ·

Whitey Basson, ek wens jy wil jou hand opsteek, en die besigheid oorvat. Dan halfeer ons kragrekening or 6 maande.
So lank die regering vir jou geleentheid gee om te “hire en fire” soos dit jou pas, glo ek dit sal die hele land tot voordeel wees.

Dina ·

Die grootste en enigste rede vir Eskom se probleem is SWAK bestuur. N party met geen kennis oor noodsaaklike instandhouding en beheer het aan bewind gekom en oral onkundige mense in sleutelposisies aangestel wat net gretig was om hulself te verryk. Daarom is alles besig om ten gronde te gaan en ons, die gewone mens, moet die vrugte pluk van hul gierigheid en wanbestuur.

Sarel ·

Daar is baie ander probleme soos skuld deur munisipaliteite, waarvan Soweto se 47% van die skuld aan Eskom verteenwoordig.
Maar ek wonder spesifiek oor die prys wat Eskom vir Steenkool betaal? Is daar nie ook gevalle van waar die myn dit verkoop vir bv R100 / ton maar Eskom betaal R250/ton nadat ‘n paar Eskom amptanare hulle en hul familielede as “tussengangers” vir steenkool transaksies opgestel het nie? Weet nie – wonder maar net . . . .

AMS ·

Lees die hele berig en jy besef dadelik hoe onkundig die man is. Steenkool word gemyn, nie vervaardig nie. Dis oor hulle in lugverkoelde kantore sit en nie op voetsool vlak gaan kyk wat aangaan nie. As bestuur (wat weet en kennis het) hulle agterente lig en uitgaan en gaan kyk sou hierdie goed nie gebeur het nie.

Pottie ·

Eksom sou lag-lag uitvoerpryse kon betaal as top bestuur nie belaglike salarisse en bonusse getrek het nie. Bring hulle af aarde toe en alles sal uitwerk.

riana ·

ons al so moeg vir hulle wat bly lieg. stem saam hulle salarisse is teveel ons kan baie steenkool invoer met hulle almal saam se salarisse in die helfte sny. wat maak mens met so baie geld. JA ESKOM JULLE SAL NOOIT MAAR NOOIT REGKOM NIE.

Blommie ·

Neeeeeee MNR Phasiwa, dit gaan nie oor wat moet voldoen aan Pryse, Volume en kwaliteit…
Jy moet voldoen an KORUPSIE en BBBEEEEEE
“Mezansi Cut of your nose to spite your face”

Mario ·

Ek wil weereens Eskom bedank vir die ruim skeidings pakket in 1998 om my in staat te stel om te emmigreer en n nuwe lewe met my kinders hier in Kanada. Die woorde beurtkrag. Landswye blackout het nie bestaan toe ons die land verlaat het nie. Ek het die fotos gekry van n turbine by Duvha kragstasie wat gedisintegreer en stukke deur die dak getrek het. Ek is nie n “siener” nie maar ek het voorspel dinge gaan maar sleg word by Eskom met hulle beleid van kwotas en affirmative action.

Rasper ·

So, die rede vir beurtkrag is………”onbeplande kragonderbrekings en ernstige probleme by Eskom”. Luister hierdie mense vir hulle self? So, die beurtkrag se skuld is beurtkrag, en blykbaar so baie ander probleme, dat dit moet opgesom word as “ernstige probleme”. Maar net dat daar duidelikheid is, of nie is nie, steenkool is blykbaar nie die probleem nie. Steenkool werk, maar hulle het net te min daarvan…. Of dit is te duur, of…….. Maar kom ons slaap rustig vanaand. Dieselfde mense wat verandwoordelik is vir Eskom en krag is ook verandwoordelik vir julle sekuriteit, kind se skool opvoeding en wat nog. Maar volgens die Clinton’s is dit maar die sleg van demokrasie wat ‘n mens maar moet vat, op die ken, terwyl ‘n mens geblindoek is, met jou hande agter jou rug vasgebind.

JAN ·

Sopas berig gekry dat die Guptas oa is wettige eienaars van steenkool en weier om te lewer.
Die enigste manier om ons steenkool weer terug te vat is beslaglegging waarvoor grondwet moet verander om onteiening sonder vergoeding te wettig. En skielik is alles duidelik.
Die US is uiters besorg want ons steenkool bevat uraan.
Bedrae van beweerde Eskom roof is astronomies.

Susan ·

Ek wil graag kommentaar lewer oor die Eskom situasie, maar ek het nie die KRAG daarvoor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.