Steenkool, onafhanklike verskaffers Eskom se grootste uitgawes

Argieffoto

Onafhanklike verskaffers en steenkoolaankope is Eskom se grootste koste en beloop nagenoeg die helfte van sy uitgawes.

Die nasionale vergadering se staande komitee oor toedelings het Eskom se Megawatt Park-hoofkantoor in Johannesburg vandeesweek besoek om vas te stel hoe sy bestuur, raad, die regering, verskaffers én verbruikers kan help om die sukkelende instelling weer finansieel volhoubaar te maak.

Eskom het Donderdag wéér aangekondig dat beurtkrag in werking gestel word, nadat dit Woensdag die matriekeksamen ontwrig het.

Die komitee sê in ʼn verklaring hy het indieptegesprekke met vakbonde gevoer oor die gebrek aan vertroue tussen werkers en Eskom se bestuur. Vakbondverteenwoordigers voer aan hulle word byvoorbeeld nie geraadpleeg oor die sluiting van sommige steenkool-opwekkingsaanlegte nie.

“Dit het ook aan die lig gekom dat onafhanklike kragverskaffers en steenkool die grootste koste is en nagenoeg 50% van Eskom se uitgawes beloop,” het Sfiso Buthelezi, komiteevoorsitter, gesê.

“Dit is duidelik dat sommige van hierdie maatskappye ʼn superwins maak, soms tot 100%. Die komitee voel sterk daaroor dat die kontrakte heronderhandel moet word.”

Die komitee is ook bekommerd omdat sommige munisipaliteite nie vir krag betaal nie. Hy het ʼn beroep op Eskom se bestuur gedoen om maniere te vind om skuld doeltreffend in te vorder.

Hy sê Eskom se uitvoerende hoofde het toegegee dat koste ingrypend verminder moet word en dat die geld wat aan die kragvoorsiener beskikbaar gestel is, nét vir die delg van skuld en rente gebruik moet word.

Die komitee vergader later vandeesmaand met Eskom se raad, waar hy sy bevindings en aanbevelings sal deel.

Hy het ook gepleit dat die minister van openbare ondernemings die aanstelling van ʼn permanente hoof so gou moontlik finaliseer om bestendigheid by Eskom te verseker.

Intussen het die DA ʼn beroep op Eskom gedoen om te sê hoekom hy die publiek mislei het oor beurtkrag. “Eskom weet duidelik geruime tyd al dat hy weer beurtkrag sal moet toepas. Tog het Eskom die moontlikheid van beurtkrag ontken toe die DA dit vir September en Oktober voorspel het,” sê Natasha Mazzone, DA-woordvoerder oor openbare werke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wilma ·

En die grootste probleem? Vorder al die uitstaande gelde in en sny krag onmiddellik af waar daar nie betaal word nie! Is dit so moeilik om te verstaan wat om te doen wanneer jou uitgawes jou inkomste oorskry?

WONDER ·

wilma ek stem saam maar gaan jy gelukkig wees as jy elke maand jou rekening betaal maar jou munisipaliteit kom sy verantwoordelikheid nie na nie en krag word afgesit? Hoe gaan jy as besigheid oorleef sonder krag? Of hoe gaan n gemeesskap oorleef as die hele dorp se krag is want hul sny die Munisipaliteit se krag. Ek sal eerder voorstel gaan lê beslag op die hoë koppe van die skuldiges se duur karre of eiendomme. Dan sal hul ander deuntjie sing.

Tanya ·

Dut is nie steenkool se probleem nie. Dit is julle belaglike selaris wat maak dat Southa Afrika op af grond is. Hoekom kan julle nie net normale selarise kry nie

wilma ·

@Wonder, aangesien ons so sensitief moet wees hoe ons iets sê, lees tussen die lyne en jy sal weet waarna ek verwys. Moenie eers praat van skuldige hoë koppe se vergrype nie, want hulle is mos GEREGTIG daarop.

marous ·

Nee , diefstal , korrupsie en toelaat dat maatjies wegkom sonder betaling is die bealsting betaler se grootste uitgawe .

RB ·

Eskom, gaan kyk wie sit aan die ontvangkant van die maatskappye wat superwins maak. Ek wed jou jy gaan n paar van jou eie bestuur, hulle familie en maatjies daar kry. Ja, sowaar!!
As julle so aangaan, sit julle almal een van die dae in tamatiestraat want julle in baie wat net wil skep, ons is min wat net moet betaal.
Iewers gaan die somme nie meer werk nie, nie eers vir die Hê en Vat brigade nie.
Julle liefde vir geld gaan julle inhaal, hy gaan vir julle vang! Julle gaan ‘af-tjop’!!

Gert van Wierdapark ·

Eskom kan vergelyk word met ‘n “gewillige melkkoei” wat op sy eie soustrein-trajek in die donker voortploeter!

Ruiklont ·

All top bestuur wat tw doen gehad het met die sluiting van die steenkool aanskaffing miet onmiddelik die trekpad kry, heelwaarskeinlik onder die tafel vergoeding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.