Steenkoolkragstasies bly vir eers – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: IHSAAN HAFFEJEE / ANADOLU AGENCY / Anadolu Agency via AFP)

Suid-Afrika sal nie onmiddellik wegdoen met sy steenkoolkragstasies terwyl dit oorgaan na skoner vorme van elektrisiteit nie, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag aan senior amptenare tydens die ANC se lekgotla in Kempton Park gesê.

“Ons energie-argitektuur is 80% steenkool-aangedrewe. Daar is geen manier waarop ons kragstasies sommer net so gaan sluit nie,” het die president dit duidelik gestel.

Ramaphosa het gevolglik gewaarsku teen “die persepsie dat ons gevra word om ’n kompromis te tref tussen energiesekerheid en ’n oorgang na ’n laekoolstofekonomie”.

Suid-Afrika, een van die wêreld se grootste besoedelaars wat sowat 80% van sy elektrisiteit deur steenkool opwek, se huidige kragkrisis kan gedeeltelik toegeskryf word aan verouderende kragstasies, sabotasie en diefstal van steenkool en onderdele.

Twee onlangs geboude aanlegte, wat onder van die grootste steenkoolaangedrewe stasies in die wêreld gereken word, word boonop deur ontwerpprobleme geteister.

Ramaphosa het dit egter Sondag duidelik gestel dat dié aanlegte in bedryf sal bly tot die einde van hul leeftyd van 40 jaar. “Ons het baie geld in daardie kragstasies belê.”

Kragstasies wat die einde van hul raklewe nader, sal wel aangepas word vir die opwek van skoon energie, het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Agie@toeka ·

Een van die dae gaan jy ook nie stronke kry nie want toilet papier gaan duurder word! So hoe gemaak nou? Of gaan almal Bidet’s instaleer wat weer die water probleem erger gaan maak?

Nie Verbaas ·

Ja Ramaphosa blah blah blah voort jou nuttelose, ruggraatlose verskoning vir n mens.

Papsak ·

Ag asb Ramaphosa jy kan net lieg wat weet hy van krag af niks nou wil hy slim lyk en klink gebruik geld wat gegee is vir beter krag en nou wil hy voort ploeter met steenkool o okay sy mond staan maar so vergeet

Treurwilger ·

President Ramaphosa het meer gesonde verstand as die meeste Westerse ‘leiers’.

Kobus ·

Dis nog nie April nie Treurwilger. Stem saam met Geert, vertel ons bietjie meer

Treurwilger ·

Heel logies dat steenkoolkragstasies nie kan sluit voordat betroubare ‘groenkrag’ in plek is nie.
Duitsland e.a. het dit tot hul skok te laat besef en Australië op koers om dieselfde onnoselhede aan te vang.
Julle veroordeel Ramaphosa blindelings oor hierdie saak, maar moenie dat ek die pret bederf nie.

KB ·

Enige nugterdenkende mens wéét dit, ou Cyril!
Jy sit eers iets in plek wat werk, vóórdat jy die werkende vervang! Dit wys maar net: Die breinkrag hy es nie.

Danie ·

Bly hy het tot sy sinne gekom steenkool een van ons rykste mineraal bronne gebruik dit.

Manie ·

Soos met die Kusile turbine wat deur die regerende party se beleggings arm bekonkel is met miljoene in hulle sakke.

hpven ·

Ja-Ja Ramaphosa, jy en jou ANC kon nie eers die steenkoolkragstasies aan die gang hou nie! Die meeste van die geld het in elk geval in diep sakke beland.

Pierre ·

nie eers aan die gang hou nie, die nuwes werk nie eers nie

TruthDealer ·

Nou hou dan op om ons kosbare steenkool by die tonne uit te voer. Hou op om ons kosbare elektrisiteit uit te voer na buurlande. Kry ervare veterane om uit te help, al is hulle dan nou blankes. Daar is Soveel wat jy prakties kan Doen om die situasie ten minste n bietjie te beredder ipv net praat.

Anel ·

“Word deur ontwerp problem geteister”? Nou wie het dit ontwerp????? En wie bou iets wat nie gaan werk nie???

Herman L ·

Die ANC kan nie sy DNS verander nie al wil hy hoe graag! Dieselfde ANC wat oor baie jare alles wat goed gewerk het, tot niet laat gaan het, gaan nou binne ‘n jaar of twee vir ESKOM regruk! Hulle werk nou reeds baie jare aan Kusile en Medupi wat bly breek nog voordat hulle klaar is. Ramavakie het nou ‘n plan wat almal moet glo sodat hulle weer vir dieselfde ANC moet stem. Kom ons hoop die stemvolk sien die lig wanneer hulle in die donker moet stem!

Miskruier ·

Met n wereld wat na steenkool kragsentrale terug beweeg is dit seker nie n dom besluit nie.

annie ·

Wel… So lank sal dit duur om lewe in Eskom te blaas en die droom-krag, korrelbedatoomkrag, by ons in werking te stel… As ons, bygesê, nog op deeske aarde is. Steenkoolrook is morsig maar aards en dit kan bestuur word. Atoomkrag is ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit bestuur jou. Die Weste wil graag hê SA moet al hul eksperimente toets, lekker ver weg.

Martie Smartie ·

Wat beteken steenkoolrook is aards? Is daar natuurlike verskynsels waar steenkool spontaan brand? Of ruik die vrot reuk vir jou aards? Miljarde kubieke tonne vrot guftige gasse word deur steenkool verbranding daagliks wereldwyd die lug ingestuur. Aards? Aardsvernietigend ja. Maar SA is die VSA en China se gabba. Daar gaan dit nog erger

Stofdonkie ·

Die twee aanlegte gaan in bedryf “bly tot die einde van hul leeftyd van 40 jaar”. Dis nou seker te sê as hulle teen die einde van hulle leeftyd klaar gebou is. Die skoorstene val al om en die goed werk nog nie eers reg nie.

mattk ·

Dit is net te wonderlik hoe daar nou al mooi praatjies gemaak word om stemme te werf. Voor die oorgang na die huidige regering is ‘n kragstasie oor die tydperk van 3 – 5 jaar gebou en is suksesvol in bedryf gestel. Kusile en Madupi is, nou na ek ding 15 jaar, deur die gebruik van die ANC se baie B’s en E’s maatskappye, met al die nuutste tegnologie, nog steeds nie 100% in bedryf nie. ‘n Onbetwisbare feit dat hierdie mense maar net eenvoudig nie opgewasse is om sulke ingewikkelde ekonomiese administrasie en projekte te kan bestuur nie. Geld in die sak, ongeag deur watse wyse ookal, is al waarin hul goed is.

Jacobus ·

Ek is nou verward! Ek het gedog dat die beloftes wat met sluiting van kragstasies gepaard gaan finansiële voordele! Onthou net die steenkool gaan nie ophou brand hetsy in China, Korea en ander lande nie – wat wel verseker is, is dat ons opwtekkings vermoë skade lei?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat Ramaphosa en sy ANC sê en doen is onbelangrik. Hulle is irrelevant.

Herman L ·

Hulle neuk steeds alles wat werk op! Hoe kan hulle irrelevant wees?

Republikein in die Wes Kaap ·

Gemeenskappe raak toenemend selfversorgend op vele terreine, insluitend veiligheid, energie en riool. Die Wes Kaap gaan nog hul eie privaat polisie en spoorwegdiens instel. Burgerregte en gemeenskapgroepe dagvaar die regering gereeld, en wen. Die ANC en parlement kyk maar toe en sien hoe hul mag wegkwyn.

domheks ·

cANCer kan nou maar die wonderlikste name uitdink vir die probleem soos bv ‘war room’, ‘Energy action plan’, ‘Nationlal energy crisis commitee’ daad sal dadels van kom.

Heinrich ·

Dit vat mos regtig nie ‘n genius om te weet dat as jy ‘n kragstasie van die netwerk afhaal dat daar eers in ‘n plaasvervanger in sy plek gestel moet word nie.

Treurwilger ·

En dís al wat Ramaphosa sê, maar nou word hy hier verskree en beledig?
Ander voortvarende wêreldleiers sit nou hande in die hare met dreigende blackouts.

Wondermaarnet ·

Hy het nie ‘n benul wat aangaan nie, daarom dat hy weer bla-bla-bla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.