Steenkoolsilo by Majuba stort ineen

'n Foto van die silo

‘n Foto van die silo

ʼn Steenkoolsilo by Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga het ineengestort, het die kragreus Sondag gesê.

“Die silo het gebars of gekraak en werknemers is ontruim….en dit het pas inmekaargestort,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Die vervoerbandstelsel wat steenkool na die kragstasie vervoer, is beskadig en daarom kan ons nie steenkool by die kragstasie kry nie.”

Volgens Etzinger het Majuba 3 600MW, nagenoeg 10% van die land se elektrisiteitkapasiteit, verskaf voor die ineenstorting. Hy het gesê Eskom sal mobiele steenkool-voerbande na Majuba bring as ʼn tydelike oplossing, maar dat dit tyd gaan vat.

Eskom het vroeër gesê daar is ʼn kraak in die silo en dat daar Sondag en vir die res van die week landswyd tussen 8:00 en 22:00 kragonderbrekings sal voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johlene Swart ·

Swak diens en lae moraal in die werkplek lei tot hierdie rampe. Dit kon alles voorkom gewees het. Geen beplanning en voorkoming. Geen dryfkrag en etiek. Hoe lank gaan die land nog hieronder gebuk gaan??

eksteen ·

Moenie as jy dom is jou probeer slim hou nie ,een of ander tyd gaan jou gat slae kry.

Gideon Bakkes ·

Huishoudings moet oorskakel na sonkrag om onafhanklik van Eskom te wees!

Korney ·

Ja nee ek stem as daar meer werkers was sou dit nie gebeur het nie dalk moet hul die seuns wat uit skool uit is en sukkel om werk te kry gebruik om te help dan sal so iets mos nou nie gebeur nie . . .!

Drieks ·

Arno, nou het ons lekker gelag. More huil ons verder oor die krag……

2Roedolf1 ·

Die vrystaat kry nie eers krag van majuba af nie Bothaville se krag is al van 18hoo af en nog steeds af so die slim frikke kan nie eers tyd lees nie of landskaarte lees nie .n silo kraak nie nou en paar uur later le dit in n hoop nie ,moes lankal begin het met onderhoud en nie die soort wat hulle vir al hul kinders moet betaal nie

Paul ·

Die hele land loop op een kragnetwerk. Dit maak nie sin om te praat van een deel kry krag van een spesifieke kragstasie af nie. Dis nie hoe elektrisiteit werk nie. Alle verbruikers kry eintlik van alle kragstasies gelyktydig krag.
Dink daaraan soos ‘n dam wat deur tien verskillende riviere gevoer word, en dan word besproeiing uit die dam na ‘n honderd verskillende plase gedoen. Van watter van die tien riviere kry een spesifieke plaas sy water? Die antwoord is dat mens nie kan sê nie, want al die water meng binne die dam voordat dit deur die besproeiingspompe gaan.

Werner ·

Paul, ek dink jy is net so oningelig soos baie ander mense in die land. Wanneer jy van enege iets praat moet jy appels met appels vergelyk.
Eerstens kan jy saampraat as jy weet hoe die netwerk regtig werk. Dan kan jy ongeoorloofde kommentaar lewer. Dit is ongelukkig so dat daar nou wel n probleem is en nou boet ons daarvoor. Dit kon verhoed gewees het as iemand wat verskriklik groot salaris kry net sy werk sou gedoen het. As n rugby span baie verloor skop hulle die afrigter uit. In hierdie geval huur hierdie slim manne nog meer mense om hulle erk te doen. Dit is egter tyd dat ons almal Saamstaan en die lot anvat. Met al hierdie fiaskos sal dit baie interessant wees om te sien hoe groot hulle markverwante bonuses sal wees. Ek onthou nog hoe die CEO R23 miljoen bonus gekry het terwyl hy nog nie n jaar by Escom was nie. Dit terwyl ons steeds in die donker sit. Kry maar kerse.

Angel ·

Nou is dit duidelik, die verhoogings in krag kostes is duidelik net gewees sodat sekere nuwe ptojekte finansier word en om n bonus van miljoene in n paar se sakke te druk. Daar is nie onderhoud gedoen nie en indien onderhoud en inspeksies gedoen was sou die probleem vroeg al opgespoor en herstel gewees het. Dit kon dalk altesaam vermy gewees het. Mens moet jou self afvra in watse toestand moes die struktuur gewees het om sommer do inmekaar te val. Ek weet van silos wat al meer as 50 jaar verlate in wind en weer staan en wat vindag nog stewige geboue is. Hoe lank nog sal daar van n sukkelende lands burger gevat word en vir n reeds ryk man nog meer geld gegee word. Hoe lank nog sal ons moet betaal vir lukshede en buitengewone salarisse terwyl ons nie dienste kry nie. Hoe lank nog sal n burger, gebore in hierdie land, hier groot geword moet hoor dat die regering n arm mens se eiendom wil neem en vir die gee wat te sleg is om daarvoor te werk. Hoe lank nog gaan daar n nasie gekweek word wat sit en verwag hulle moet als maklik en verniet kry. Ek wonder net hoe lank nog voir als inmekaar tuimel en daai miljoene wat in die sakke gedruk word om verkeerde besluite te neem, nie eers n brood sal kan koop nie. Hoe lank nog sal burgers van gierdie land soos vreemdelike en buitstaanders moet voel.

Lizl ·

Vrystaatse munusipaliteite skuld Eskom meer as R700 miljoen aan krag. Miskien as die munisipaliteite hul rekeninge vereffen, kan Eskom dalk onderhoud op stasies bekostig. Nodeloos om te se , die publiek betaal maandeliks stiptelik hul kragrekeninge anders word dit afgesny deur die munisipaliteite. Wat maak die plaaslike munisipaliteite met die geld wat vir krag aangewend moet word ? As daar strenger opgetree word in howe teenoor krag diefstal en koper diefstal sal dit ook help. Eskom dra al die verliese en moet nogsteeds “deliver” . Dit is alles faktore wat bydra tot sulke fiasko`s

DUP DU PLOOY ·

EN TOE GEBEUR DIT. die vraag is of daar nie inspeksies en onderhoudswerk op n gereelde en geskeduleerde basis gedoen word nie.
die ander vraag is hoe gereeld word die turbines gediens ?

die verantwoordelikes kwalifiseer vir zero bunus !

DUP DU PLOOY ·

ek glo dat HOUDING van Eskom se kant af verkeerd is. ek glo nie hulle neem goeie advise nie en is van mening dat verkeerde mense in poste aangestel word net soos by die munisipapaliteite

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.