Steenkooltekort by sewe kragstasies

Argieffoto: GCIS

Eskom het gesê hy het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) in kennis gestel van huidige uitdagings wat die steenkoolvoorraad betref en beplande regstellende optrede kragtens reguleringsmaatreëls.

Eskom beleef tans groot tekorte in sy steenkoolvoorraad by sewe steenkoolkragstasies, veral dié in Mpumalanga. Dit kan ʼn ernstige impak hê op sy bedrywighede en die hele land.

Die kragvoorsiener het gesê die situasie by Arnot, Tutuka, Majuba, Hendrina, Camden, Kriel en Komati-kragstasies is dat die steenkoolvlakke tans minder is as die vereiste teiken van 20 dae.

Volgens Eskom het ʼn aantal faktore ʼn negatiewe impak gehad op voorraadvlakke en vervaardiging, waaronder swak belegging in die verlede, ʼn gebrek aan verskaffing weens swak gehalte en hoeveelheid deur die Tegeta-myne wat tans onder sakeredding is.

Phakamani Hadebe, tussentydse uitvoerende groepshoof van Eskom, het gesê onlangse mediaberigte oor beurtkrag weens ʼn tekort aan steenkool is onwaar. Hy het gesê Eskom het Nersa in kennis gestel van die huidige uitdagings en die stappe wat gedoen sal word. “Eskom het 84% van die steenkool wat hy oor die volgende vyf jaar gaan benodig, gekontrakteer. ʼn Herstelplan is in plek om die korttermyn wanbalans aan te spreek en die hoeveelheid voorraaddae te verbeter.”

Eskom het gesê die plan sluit in om bykomende steenkoolvoorraad te bekom vir die betrokke stasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John ·

Dis waar, die draaistrategie by Eskom was voorwaar ‘n groot sukses. Hierdie winter gaan dinge baie beter gaan… gaan… gaan… ga

Buitestaander ·

Dit is waarvoor die 33% verhoging aangevra word om omkoopery te finasier.

Reguit ·

Soos altyd, in die wonderlike Azanië, weet hulle net hoe om dinge mooi te bestuur…… reguit in die grond in…………….

marous ·

Op die kop! En koper en staal en titanium en renosterhoring .” All Proudly Made In SA “

pieter ·

Hier is volop steenkool in sa is dit n kwessie van steenkool te kort in sa of is dit swakbeplanning vra ma net

Henk ·

Dit is darem ongelooflik hoe hierdie tekorte NET voor kom as Eskom meer geld eis! En dan wil Eskom ons weereens gevange hou deur ons te dreig en dit omdat eskom in n situasie is danksy sy eie korrupsie en handelinge met die zuptas. Wat steeds voortduur. By ons gaan daar daagliks tot tien treine verby gevul met steenkool oppad na Mosambiek, maar ons het n tekort aan steenkool?

t ·

Dieselfde gedagte het by my opgekom.
“Ons sal julle met beurtkrag straf as julle nie wil meer betaal nie.”

Potties ·

As daar n tekort is hoekom het Eskom n nuwe spoor lyn gebou van Ermelo na Majuba kragstasie dit was nie goedkoop gewees nie belowe julle was op daai projek.

Colleen ·

Dit moet Eskom so oorkom. Hulle wil mos besigheid met die Guptas doen en nie een keer nie, gereeld.

Chris ·

Elke keer as Eskom ‘n groot verhoging in tariewe aanvra dan dreig hulle met tekorte en ander stories.

Chris ·

Die mense by ESKOM lieg so – as hulle vir jou môre sê, moet jy eers kyk of die son skyn. Ek dink nog steeds dat om krag afsonderlik van verskeie kragvoorsieners op ‘n opemarkstelsel te koop sal uiteindelik die beste opsie wees.

Casper Labuschagne ·

Hierdie fliek het ek ook al gesien, ‘n nare fliek met net skurke in al die hoofrolle.

So dikwels as klokslag, wanneer Eskom se voorgestelde verhoging in kragtariewe deur NERSA afgekeur word, ondervind Eskom “probleme met die lewering van steenkool” en dan tree beurtkrag skielik na vore.

Dit is niks anders as verregaande afdreiging van betalende kragverbruikers nie. Dit maak deel uit van ‘n siek kultuur van afdreiging wat reeds begin by swart woonbuurte wat na nagenoeg vyftig jaar steeds weier om vir krag te betaal en waar soveel groot munisipaliteite en selfs staatsdepartemente ook meedoen om nie vir kragverbruik te wil betaal nie.

‘n Nare fliek voorwaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.