Steinhoff: ‘2016-state nie meer betroubaar’

Argieffoto

Steinhoff het Donderdag gesê sy gekonsolideerde finansiële state vir 2016 sal hersien moet word omdat dit nie meer as betroubaar geag kan word nie.

Markus Jooste, Steinhoff se uitvoerende hoof, het verlede week bedank nadat die maatskappy gesê het hy op rekeningkundige onreëlmatighede afgekom. Dit het tot onttrekking van beleggers gelei wat die maatskappy miljarde rande in waarde gekos het.

Steinhoff het Donderdag gesê kwessies rondom die geldigheid en die verhaalbaarheid van sekere Europese balansstaatbates wat tydens die 2017-oudit bestudeer word, is ook van toepassing op die gekonsolideerde finansiële state van 2016.

“Daarom kondig die maatskappy aan dat die finansiële state hersien moet word en daar nie meer daarop staatgemaak kan word nie.”

Suid-Afrika se departement van handel en nywerheid het Dinsdag gesê hy sal ʼn ondersoek van stapel stuur na die beweerde bestuursfoute en finansiële onreëlmatighede by Steinhoff om te bepaal of daar enige oortreding van die Maatskappywet en regulasies was.

Intussen het die DA verlede week gesê hy het versoek dat ʼn ondersoek na Steinhoff se ouditeure, Deloitte, gedoen word oor dié firma se rol in wat deur die party as “moontlik een van die grootste korporatiewe skandale ooit in Suid-Afrika” bestempel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Daar is jou bewys van substandaard werk van Deloitte. Afgeteken die vorige jaar, geskrik vir die KPMG debakel.
Hoop hul Interne ondersoek het ook al begin.

Andréas ·

Deloitte wou juis nie Steinhoff se 6-maandelikse oudits afteken nie wat dus daartoe gelei het dat dié situasie openbaar gemaak is…

Eish ·

Hier word gepraat van 2016 state. Dit is dus die jaarverslag en afgeteken want is ook gepubliseer. Volgens hierdie berig word dit nou nie as betroubaarheid beskou nie aangesien sekere Europese balanstaatbates op beide jare van toepassing is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.