Steinhoff-boete steeds hoogste nog ná afslag

Foto: Bloomberg/Waldo Swiegers

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het Steinhoff ʼn boete van R1,5 miljard opgelê, maar dit tot R53 miljoen verminder nadat versagtende omstandighede in ag geneem is.

Die FSCA het sy ondersoek na Steinhoff se beweerde oortreding van Wet op Finansiële Markte afgehandel. Die ondersoek het gefokus op die tydperk voor die ontdekking van beduidende rekeningkundige onreëlmatighede by die maatskappy in Desember 2017.

Steinhoff is daaraan skuldig bevind dat hy vals en misleidende verklarings, beloftes en/of voorspellings in sy openbare verklarings aan die markte gemaak het.

Die FSCA het die administratiewe boete wat deur Steinhoff betaal moet word op R1,5 miljard bepaal, maar het na oorweging van vertoë deur die maatskappy ook ’n aantal versagtende faktore in ag geneem.

Dit sluit in Steinhoff se huidige finansiële posisie en om te voorkom dat onskuldige Steinhoff-aandeelhouers verder gestraf word.

Dit was ook ter erkenning van die bedrog wat deur die voormalige werknemers en beamptes van die maatskappy gepleeg is, ter erkenning van die samewerking van die bestuur tot op hede en Steinhoff se verbintenis om ten volle met die FSCA saam te werk in alle toekomstige bedrywighede.

Die boete is hierna tot R53 miljoen verlaag. Volgens Brandon Topham, hoof van ondersoeke by die FSCA, is dié boete steeds die grootste nog om deur die FSCA opgelê te word.

“Die FSCA wil noem dat die gebeure na Desember 2017 die gaping tussen die Steinhoff Groep se vorige openbare verklarings en die finansiële werklikheid uitgelig het,” het Topham gesê.

“Die grootte van die oorspronklike boete weerspieël die omvang en erns van die regulatoriese oortreding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mike ·

Wat nou van die kriminele klagtes van bedrog wat teen Markus Jooste en al die ander betrokkenes ingebring behoort te word. Dit bly bedrog en ander mense word daarvoor aangekla. Gaan hulle nou maar net wegkom met hul bedrog?

Piet parys ·

Ja en wie kry die 53 m . Weereens die aandeel houer wat die 2 de kom . Jooste en sy trawa nte se bates moet verkoop word en aan aandeel gegee word sodat hy niks het nie . Hys n leunaar en bedrieer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.