Steinhoff: Gigaba bekommerd oor aftreefondse

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies. Foto: ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag gesê hy is diep bekommerd oor die verwikkelinge van beweerde rekeningkundige onreëlmatighede by Steinhoff International Holdings in sy onlangse finansiële state.

Maroela Media het vroeër berig Markus Jooste, Steinhoff se uitvoerende hoof, het Woensdag inderhaas bedank nadat die maatskappy gevra het dat ʼn ondersoek gedoen word na moontlike rekeningkundige onreëlmatighede en moontlike bedrog. Jooste was byna 20 jaar lank aan die stuur van die uitbreiding van een van die wêreld se grootste huishoudelike goedere-kleinhandelaars.

Die maatskappy, wat onlangs ʼn presteerder op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) geword het namate dit verskeie Europese kleinhandelaars verbygesteek het, is die onderwerp van ʼn ondersoek na rekeningkundige onreëlmatighede in Duitsland.

Die aankondiging het as ʼn skok vir beleggers gekom en die aandeelprys meer as 60% op die aandelemarkte laat tuimel. Dit het pensioentrekkers glo meer as R10 miljard in waarde gekos.

Gigaba het gesê as ʼn genoteerde maatskappy op die JSE met sy primêre notering op die Frankfurt-aandelebeurs, kan beleggers na regte die hoogste vlak van eerlikheid en integriteit in die finansiële state en verslae van maatskappye soos Steinhoff verwag om beleggers teen markmisbruik en manipulasie te beskerm.

Die nasionale tesourie het in ʼn verklaring gesê Gigaba ondersteun die besluit van die Finansiële Diensteraad (FSB) om ʼn onafhanklike ondersoek na moontlike valse en misleidende verslae in terme van artikel 81 van die Wet op Finansiële Markte te doen, asook enige verwante misbruike deur Steinhoff.

Dit is benewens die interne ondersoek deur die JSE om die omvang van die rekeningkundige onreëlmatighede by Steinhoff te bepaal.

“Die minister verwag van die JSE om sy bevindinge by die FSB aan te meld. Suid-Afrikaanse wetgewing maak voorsiening vir enige stappe teen ʼn persoon wat nie sy of haar fidusiêre verantwoordelikheid teenoor aandeelhouers nagekom het nie, waarvan sommige institusionele en aftreefondse is,” het die tesourie gesê.

“Die minister is bewus daarvan dat baie aftree- en spaarfondse nadelig beïnvloed kan word deur die verlies in die waarde van Steinhoff-aandele; daarom moet lede van aftreefondse gerusgestel word dat huidige regulasies die mate waartoe enige fonds in enige enkele maatskappy belê kan word, beperk. ”

Die tesourie het gesê Gigaba het die aftreefondsreguleerder by die FSB, die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) versoek om aan hom verslag te lewer oor die omvang van blootstelling vir aftreefondse.

“Die minister verwag dat hierdie verslag die versekering sal gee dat die belange van die aandeelhouers, waaronder aftree- en spaarfondse, beskerm word,” het die tesourie gesê.

Intussen het bewusmakingsgroepe soos Business Leadership South Africa en die Swart Sakeraad (BBC) Steinhoff se beweerde “onetiese en korrupte optrede” veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Hoe gaan die verslag oor die omvang van blootstelling van die OBK en GEPF die versekering gee dat die belange van aandeelhouers beskerm word?
Dis die aandele beurs en dit beteken risiko. Wat ek nie kan kleinkry nie, is hoekom hierdie staatsentiteite so masaal belê het in “wit monopoliekapitaal” nadat dit so wyd veroordeel is en steeds word?
Politici se modus operandi, maak soos ek sê, nie soos ek doen nie.

Penellope Jones ·

Dis snaaks dat hy bekommerd is. . . . . .so waarop probeer hy nou die publiek voorberei?

Sanetre ·

Is Steinhoff deel vanCAP groep? Raak dit rez van groep besighede se pensioen ook.

martin cilliers ·

wittes sluit nou hulle belange by zuma af die tyd raak min !!!!!

Piet Venter ·

Steinhoff is waarskynlik die punt van die ysberg. Met n land wat n paar jaar gelede gereken is as diè land in Afrika, en nou al rommelstatus bereik en nog steeds daal. Woolworths? Dankie Zuma

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.