Steinhoff in gesprekke oor bykomende likiditeit

Argieffoto: ANA

Steinhoff, die maatskappy wat steeds met ʼn likiditeitskrisis sit nadat beweerde rekeningkundige onreëlmatighede beleggers die hasepad laat kies het, het Vrydag gesê hy is in gesprek met moontlike finansierders om likiditeitsfasiliteite te verskaf, insluitend bestaande krediteure en beleggers.

Die maatskappy het gesê hy verwag om op kort termyn in ʼn posisie te wees om kontantrente op al sy bestaande finansiële skuld te betaal.

Vroeër vandeesmaand het Steinhoff gesê hy het aansienlike korttermyn likiditeit in sommige van sy sake-eenhede nodig, hoewel die maatskappy ʼn mate van stabiliteit bereik het deur die volgehoue verkope van sy aandele in Desember ná die rekeningkundige skandaal. Die skandaal het tot die bedanking van Markus Jooste, die groep se uitvoerende hoof, gelei.

“Tot op hede is bykomende eksterne likiditeit nie in die beskikbare tyd verkry nie weens die kompleksiteit van die groepstruktuur en die bepalings van die bestaande finansies,” het die maatskappy Vrydag gesê.

Die maatskappy sal na verwagting verdere stabiliseringsmaatreëls instel, onder meer die herfinansiering en aflossing van sommige of al sy skuld in Suid-Afrika, wat bykomende geld vir addisionele likiditeit beskikbaar sal stel.

Steinhoff sal ook van sy finansiële krediteure vra om beperkte kwytskeldings te verskaf onder sommige van sy bestaande Europese finansieringsooreenkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.