Steinhoff-raad weet nie hoe skandaal gebeur het

Christo Wiese, die voormalige voorsitter van die oorsigtelike raad en een van die grootste aandeelhouers in Steinhoff. Foto: ANA

Die Steinhoff-raad en bestuurslede kon Woensdag nie LP’s se vrae beantwoord oor wat presies gelei het tot die rekeningkundige skandaal wat veroorsaak het dat die internasionale maatskappy se aandeleprys met meer as 80% gedaal het nie.

“Totdat ons daardie verslae het, nie net van die statutêre ouditeurs nie, maar ook van die forensiese ondersoek, weet ons nie regtig hoe dit gebeur het nie,” het Christo Wiese, die voormalige voorsitter van die oorsigtelike raad en een van die grootste aandeelhouers in die maatskappy, gesê.

Wiese, saam met ʼn groot afvaardiging van die raad en bestuur, het drie parlementêre komitees oor die gebeure toegespreek.

Heather Sonn, waarnemende voorsitter van die raad, het aan LP’s gesê hulle is wetlik beperk oor wat hulle in die openbaar mag sê. Sy het egter wel onthul dat die maatskappy Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof, by die Valke aangegee het.

Jooste het bedank kort nadat die skandaal aan die lig gekom het.

Markus Jooste. Foto: Steinhoff International

Wiese het gesê hy het dae voordat die rekeningkundige onreëlmatighede in Desember aan die lig gekom het daarvan bewus geword. Hy het beklemtoon dat die ouditeurs wat die onreëlmatighede in 2017 se finansiële state opgetel het, dieselfde maatskappy was wat “ruim betaal is” om vorige oudits te doen en wie se integriteit nou bevraagteken word.

Steve Booysen, voorsitter van die oorsigtelike raad se ouditkomitee, het gesê hoewel aanvanklike berigte van bedrog by Steinhoff wat deur Duitse owerhede ondersoek is in September verlede jaar aan die lig gekom het, is die onreëlmatighede eers in Desember bevestig.

Jooste is gevra om ʼn voorlegging te doen om sekere transaksies te verduidelik, en “nog belangriker – die kontantvloei van sekere transaksies te verduidelik,” het Booysen gesê.

“Markus Jooste het toe vir my ʼn SMS gestuur as die ouditvoorsitter en die inhoud van die SMS het my regtig tot by die gevolgtrekking gebring dat dit ʼn bevestiging is van die rekeningkundige onreëlmatighede. Hy het toe later daardie aand aangebied om sy voorlegging te doen waarvoor hy nie opgedaag het nie.”

Booysen het gesê Jooste het om 19:45 dieselfde aand sy bedanking ingedien.

Die Steinhoff-span het gesê hy sal hierdie week met PriceWaterhouseCoopers vergader wat aangestel is om ʼn onafhanklike ondersoek na die kwessie te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jean ·

Die “berigte” wat in September ondersoek is, was die rokie….en almal van ons ken die geykte uitdrukking… Almal was net te bang om hul miljoene te verloor….toe het hulle.

Slim ·

Nou ja toe slim vang sy baas. Geen misdaad is perfek nie. Just one slip needed!!!

linda ·

Ek dink die Valke moet Markus Jooste inhegtenis neem, en dan na al sy oorsee se belange kyk. Hy het dafelik bedank toe die finansieele state bekend moes gemaak word ! Hy is glad nie so onskuldig nie.

Alida ·

Mnr Wiese was en is nog altyd n eerlike mens met integriteit. Jammer dat skelms hom benadeel het. Hy het met niks begin nie en voel jammer vir hom.

Nel ·

Ja ek het ook nog altyd die indruk gehad dat hy ‘n eerlike besigheidsmens is, maar dit is nou maar gewoonlik altyd of in die meeste gevalle so dat die makste honde (diegene wat jy die meeste vertrou in jou besigheid) die seerste kan byt…

Johann ·

Askuus? Klink soos die getuienis by n politieke vrae seasie. Was nie ek nie…. het nie geweet nie… nie my skuld nie… niemand het my gese nie… dis hulle skuld… shame arme ek julle is lelik met my… dis nie so erg nie… ekt bedabk met al my voordele… skors my met volle betaling… onaantasbare super ryk korporatiewe elite!

Eish ·

Wat ek nie kan kleinkry nie, is die ” Champions of the industry” het gewoonlik direksies wat skrik vir niks. Steve Booysen het n doktorsgraad en is n GR. Die res van die direksie is net so bekwaam. Booysen dien op verskeie ander maatskappye se direksies soos Senwes. Hierdie mense is wetlik verplig om in belang van die maatskappy op te tree. Hoe op dese aarde gaan iets van die omvang by hul verby? Daar is mos gereelde verslagdoening en die direksie kan die formaat van verslagdoening versoek. Hoekom is daar nie reeds in September met n ondersoek begin nie. Hierdie klas van nalatigheid is onaanvaarbaar. Dis mense se pensioengeld wat mee gewerk word. Die direkteure word ruimskoots vergoed vir hul dienste. Moet asb nie vir my sê die sisteem en ouditeure moet dit ondervang nie, of dat die grootte van die maatskappy dit onmoontlik maak om op te tel nie. As jy dit nie kan doen nie, bedank!

Jacques Venter ·

Op Tv 2 Het Christo Wiese (‘ as ek hom reg gehoor het) gesê dat dieselfde ouditeurs firma al vir TIEN jaar Steinhoff ouditeur.

As ek verkeerd gehoor het is ek jammer.

My vraag is: Is dit standaard praktyk dat dieselfde ouditeurs maatskappy n onderneming vir 10 agter eenvolgende jare ouditeur?

HPV ·

Jacques, ek glo nie dit is noodwendig verkeerd nie. Ons besigheid word al die afgelope dertig jaar deur dieselfde firma geoudit.

HPV ·

Jacques, ek glo nie dit is noodwendig verkeerd nie. Ons besigheid word al die afgelope dertig jaar deur dieselfde firma geoudit.

N Lourens Reitz ·

Jacques Venter en as kiesers nou al vir 20 jaar DA stem gaan jy ook nie daarvam hou nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.