Steinhoff: Verhandeling van voorkeuraandele opgeskort

Argieffoto: ANA

Die JSE het die verhandeling van Steinhoff Investment Holdings Limited se voorkeuraandele opgeskort nadat die maatskappy nie sy jaarverslag teen 28 Februarie 2018 gepubliseer het nie.

Steinhoff Investment Holdings Limited is ʼn vervaardiger, handelaar en verspreider van meubels en huishoudelike goedere in Europa en die streek Asië-Stille Oseaan en is ʼn filiaal van Steinhoff International Holdings N.V., wie se aandele in Desember getuimel het nadat die maatskappy rekeningkundige onreëlmatighede erken het.

Steinhoff International Holdings se primêre notering is op die aandelebeurs in Frankfurt, Duitsland (FSE). Sy sekondêre notering is op die JSE. “Daarom wil die JSE weereens bevestig dat die opskorting van Steinhoff Internasionaal nie oorweeg word nie,” het die JSE gesê.

“Opgeskorte handel in Steinhoff Internasionaal op die JSE sal beleggers op die JSE benadeel teenoor diegene op die FSE wat wel geregtig is om handel te dryf.”

Voorkeuraandele is aandele van ʼn maatskappy se voorraad met dividende wat aan aandeelhouers uitbetaal word voor gewone voorraaddividende uitgereik word. As die maatskappy bankrot speel, is die aandeelhouers met voorkeuraandele geregtig om eerste uit maatskappybates betaal te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marous ·

As die aandele rommelstatus bereik gaan die voorkeuraandeelhouers eis vir wat hul inkoopwaarde was? Indien wel is die Mpye en insolvensie wette ‘n klug!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.