Steinhoff wil met eisers skik

(Foto: Bloomberg/Waldo Swiegers)

Steinhoff, wat steeds steier weens die gevolge van rekeningkundige ongerymdhede wat in Desember 2017 onthul is, het Maandag gesê hy het ʼn skikking van ʼn gesamentlike $1 miljard (R16 miljard) voorgestel om die voortslepende eise en regstappe wat uit die skandaal gespruit het, af te handel.

Steinhoff se voormalige uitvoerende groephoof, Markus Jooste, asook sy voorsitter en grootste aandeelhouer, Christo Wiese, het in Desember 2017 bedank nadat die maatskappy bekend gemaak het dat hy rekeningkundige ongerymdhede ontdek het. Dit het ʼn fanatiese uittog van aandeelhouers tot gevolg gehad en die maatskappy se aandeelprys het destyds met meer as 80% geval.

Maandag het die groep gesê minstens 90 afsonderlike hofsake is deur verskillende partye in Nederland, Duitsland en Suid-Afrika teen hom aanhangig gemaak.

“Nie alle eisers het al hul beweerde skade gekwantifiseer nie, maar die gesamentlike eise van diegene wat dit reeds gedoen het, is meer as R136 miljard.”

Volgens die maatskappy is eise ook teen sommige van sy voormalige direkteure en beamptes van sy filiale aanhangig gemaak.

“Die meeste eise val binne die raamwerk van die skikking, maar sekere eise gaan nie geskik word nie en wel betwis word.”

Steinhoff het gesê die skikking is onderworpe aan bepaalde regulatoriese goedkeuring en steun van kwalifiserende eisers, asook finale inwerkingstelling.

Die maatskappy sê daar is geen sekerheid dat dié goedkeuring of steun verkry gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Wag vir Markus Jooste om tronk toe te gaan. Dit sal amper soe lekker dag wees as om Jacob Zuma te sien tronk toe gaan!

Johann

Ja shure….wat van die onskuldige ou mensies wie se geld Jooste en Wiese mildelik aan hulself toe eien en hulle gewete letterlik afvee aan die wie hulle WETENS ingedoen het? Sit in hulle paleise met toegang tot oneindige rykdom terwyl der duisende se beleggings en aftrede verwoes is? Onaantasbaar…geen wonder narre soos Malema het skietgoed teen sg bevooregte wit monopolie nie? Hiers skitterende voorbeelde van vergrype tot hule eie voordeel. SHAME IN YOU!

Sobymykoolkop

En Markus Jooste handhaaf nogsteeds dieselfde uitspattige lewenstyl, minnares ingesluit, hy moes al lankal, sonder verhoor in die tronk gaan wag het vir sy dag in die hof

marius

Waar is die mense se pensioen geld ? Hierdie mense het geen gewetens nie !