Stel jou vrae oor die NGV aan dié paneel

(Foto: pixabay)

Daar heers in die stadium groot onsekerheid oor die regering se planne om nasionale gesondheidversekering (NGV) in te stel.

Ondersteuners van die plan argumenteer universele gesondheidsorg is ʼn wêreldwye verskynsel en Suid-Afrika moet nou eenvoudig by die tendens inval om gelyke toegang tot gehalte‑gesondheidsorg vir almal in die land te verseker. Hulle het al selfs sover gegaan om die mense wat teen die plan kapsie maak daarvan te beskuldig dat hulle teen transformasie is.

Die instansies en mense wat die NGV teenstaan sê die land beskik reeds oor universele gesondheidsorg, maar glo die regering bestuur die openbare gesondheidsektor swak. Daar is ook talle vrae oor hoe die plan gefinansier sal word en of dit van korrupsie gevrywaar kan word.

Elke Suid-Afrikaner wil egter weet hoe gaan die NGV hulle raak, wat is mediese fondse se rol in die plan, is daar enige alternatiewe vir die NGV op die tafel en kan dit enigsins nog gestop word?

Dit is van die vrae wat ʼn paneel kundiges Woensdag sal antwoord tydens ʼn regstreekse uitsending van ʼn bespreking oor die NGV op Maroela Media se Facebook-blad.

Maroela Media het dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsinginstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging gevra om jou vrae oor die NGV te antwoord.

Skakel op 4 September om 11:00 in op Maroela Media se Facebook-blad vir dié paneelbespreking om te sien wat dié kenners oor die NGV sê, en of daar nog hoop is vir Suid-Afrika se gesondheidsorg.

Kom volg die NGV-paneelbespreking net hier op Maroela Media en stel jou vrae oor die plan aan die paneel:

Die vorm is nou gesluit. Die debat begin op 4 September 2019 om 11:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.