‘Stel waarnemende president aan’

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die vakbond Solidariteit het die kabinet versoek om ʼn waarnemende president aan te stel totdat ʼn verslag van ʼn kommissie van ondersoek, soos die openbare beskermer in haar verslag oor staatskaping voorskryf, voltooi is.

Die vakbond het die parlement vandag gepetisioneer en briewe aan die kabinet en die kantoor van die speaker oorhandig, wat die gronde vir die versoek uiteensit.

Volgens Dirk Hermann, Solidariteit se uitvoerende hoof, is dit normale prosedure in ʼn arbeidskonteks om in gevalle soos dié, die werknemer te skors totdat ʼn ondersoek afgehandel is. “Dit word gedoen om te verhoed dat die werknemer by die ondersoek inmeng of getuies intimideer of beïnvloed. In die lig van die posisie van mag, wat president Zuma beklee, behoort hy ook geskors te word sodat hy nie by die ondersoek kan inmeng of dit beïnvloed nie,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann maak die Grondwet en die reëls van die parlement nie voorsiening vir die skorsing van ʼn president nie. “Die Grondwet maak wel voorsiening vir die aanstelling van ʼn waarnemende president, wanneer die president nie in staat is om sy pligte as president te vervul nie. Die situasie waarin president Zuma hom tans bevind, veroorsaak dat hy intrinsiek nie in staat is om sy pligte uit te voer nie. Hy is verstrik in ʼn web van korrupsie en bedrog en het slegs een doel voor oë en dit is sy eie politieke oorlewing en om vervolging te ontduik. Hy is vir ʼn geruime tyd reeds gekompromitteer en kan nie meer die handhawer van die Grondwet wees nie,” meen Hermann.

Hermann sê dit berus by die kabinet om ʼn waarnemende president aan te stel as die president nie in staat is om sy pligte uit te voer nie. “Vanweë die web van korrupsie waarin president Zuma verstrengel is en na aanleiding van die mense en magte wat betrokke is, is hy eenvoudig nie in staat om uit te tree of ʼn waarnemende president aan te stel nie. Die kabinet moet dit eenvoudig besef en ingevolge die Grondwet optree, deur ʼn waarnemende president aan te stel totdat die kommissie van ondersoek sy mandaat voltooi het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

koos ·

Ons president sal mos nie in meng nie……nooit hy is mos n jou oneral ekselensie. Wat wou

Johan ·

zuma (met n kleinletter z ) is verseker nie my president nie.

Lance ·

Hy se mos gister hy gaan nie bedank nie ….wil nog gou verder steel ….hy se ook gister hy is nie bang vir die tronk nie ….Hy sit soos n neut ! Anc is net n groot mislukking wat SA tot by rommel status geneem het ….thats Africa !

Vaalseun ·

Jessie Duarte, ‘n Zuma lofsangeres, het in Bloemfontein gesê Zuma gaan van die presidentskap afstap nie en die party is nie van plan om Zuma te forseer nie. Sy sê daar moet regverdigheid in die debat wees. “Kom en maak julle hande vuil saam met ons,” het sy gesê. So ek is bevrees die kabinet gaan hom ook nie forseer nie. En waarmee sy ons hande mee wil vuilmaak weet ek ook nie? Dalk geld tel …?

Jakobus ·

Seker met al die dinges wat sy praat. Sy klou in alle geval aan Zuma soos dinges aan ‘n wolkombers.

Visser Bezuidenhout ·

Ek dink Solidariteit moet nou bietjie “Backoff” daar is genoeg eerbare mense in posisies wat n verskil kan maak.
Hulle gekêf laat my dink aan die klein “Bulldog” wat saam met die groot honde gaan vry het.

foxi ·

V Bezuidenhout……ek dank Solidariteit immers vir die moeite om op te staan en hul mening te lig. Ek of jy sal dit nie alleen kan aanpak nie…..maar doen eers n bietjie navorsing oor Solidariteit en ook waarvoor hulle veg! Dit is ook jou land en jou taal waarvoor daar geveg word.
Weereens dankie Solidariteit…..ek persoonlik dink julle is eerbaar genoeg om namens my op te staa.

anna ·

Ek stem saam Foxi. Ek steun solidatiteit en trots daarop. Ons gewone mense het nie ñ sê nie. Iemand moet ingryp.

S ·

Ag nee Vissertjie jy het duidelik nie kennis van politiek en/of Solidariteit nie!!! Gaan lees meer op wat Solidariteit beteken en doen vir ons land en mense. BAIE DANKIE SOLIDARITEIT VIR WAT JUL DOEN VIR ONS LAND EN MENSE EN TYD WAT JUL SPANDEER DAARAAN. JULLE IS WONDERLIK EN BETROUBAAR. JUL PRAAT NIE NET NIE MAAR TREE OP EN DOEN WAT NODIG IS.

foxi ·

Jessie Duarte, met respek gesê…….ek stel baie belang in politiek. Maar in politiek waar dit in die belang is van my land se mense. Die liefde vir my medemens en respek. Maar glo net een ding, my hande vou ek saam om die Allerhoogste te aanbid……maar om my hande saam met julle vuil te maak en saam in n mengelmoes te beland, sal van my n huigelaar maak.
Ek buig laag voor die Almagtige en nie voor n goue kalf nie! Word wakker en red wat nog te redde is….en dit is jul liefde vir jul medemens en respek vir julself.
Ek gee om…….

Drikus ·

Nee wag ‘n bietjie mense, dit is ‘n briljante voorstel die. Die Grondwet bepaal dat ‘n president nie vir meer as 2 termyne mag dien nie. Dit is waarom nie een van die sterker leiers nou hulle hand sou opsteek om in die middel van sy edele Zuma se laaste termyn as president ingeseën te word nie. Waarnemende president verander die prentjie, en skep die geleentheid wat ons land nou nodig het. Daar is goeie materiaal vir die tydelike pos binne die ANC,. Op die wyse kan die kanditatuur vir die volgende termyn opvolger ook sonder inmenging van die huidige president plaasvind.

ada ·

Ek stem so saam met Dirk Hermann.Moenie ophou in die strydnie. Solidariteit is die enigste geloofwaardige vakbond.Kan n mens hof toe gaan om die voorstel te bewaarheid ? Die kabinet is so vrot en sonder rugraat dat nie een daarvoor sal stem nie.Ek sou graag wou hoor of die Hof dit sal kan doen want dit gaan nie maklik wees om van verotte zuma en sy vriende ontslae te raak nie en hy gaan juis nou nog meer skade berokken terwyl hy nog daar is want dit gaan uit pure wraak wees.

Leendert ·

Ek stem saam Drikus, as almal niks doen nie, kom ons nerens, dis reg, draai die skroewe aan, elke biedjie help. Net nie Ramaphosa nie, Gordhan verstaan finansies, die ekonomie, hy sal nie moggetroffe dinge doen soos Zuma nie. Zuma het nou al soveel selfvertoue, want hy stel omtrent elke Janrap-en-sy-maat aan, dat hy sommer, nie net ‘n hoofman oor honderd is nie, maar oor elkeen van ons se lewens ingrypende invloed uitoefen, deur die kaders wat hy in plek het. Een of ander tyd moet die damwal breek, ‘n biedjie hulp van die kant af sal help.

Albert Marais ·

Ek kan nie glo dat daar nog sulke mense soos Visser Bezuidenhout in hierdie tye met ons nog saam leef nie. Hy moet ons wys waar die genoegsame “eerbare” mense is wat hom of vir my beskerm. Solidariteit julle doen ‘n eerbare verskil. Hou so aan !!!

Magda ·

Hy is seker nog n snuiter wat kommentaar wil lewer in die grootmens wereld

ada ·

Natuurlik Afri Forum ook!! Dit is n gegewe Hoe Nou!! Sonder enige twyfel!!

yes yes ·

Enige voorstelle van wie gekies kan word vor n tydelike prezi. Ek stem vir Jonas dit is nou die een wat by my op die plaas werk en beeste oppas

namib ·

Zuma se woorde aan Guptas. ‘ stick to me and I will make you famous ‘

PJ ·

Ok nie Rhamaposa vir pres nie hy baie stil oor zupta en kie se manewales hoor hy ok draai gemaak by guptas

Johann ·

Ons luister van kleintyd af plate, ok musiek, veral op sondae , dis deel van mens se barometer, jou grootword, om dinge te waardeer, nie die raas en bler musiek nie, ligte klassiek meestal, ook ligte kontemp, so pas geluister na BonyM se Kill the world. Zuma staan voor in die koor. En dan tjank mens as mens besef hoe ver ‘ons’ tekort skiet.

Johann Marx ·

Elke semi-staatsinstelling het ‘n “acting” CEO, CFO, COO ens. Waarom nie die armsalige ou Afrika-landjie ook maar nie? Dan kan die “acting” hoof van die NVG die “acting” Minister van Finansies voor die “acting” hof daag…….Dis in elk geval almal ‘n spul amateur akteurs wat nie ‘n clue het nie.

John ·

… die Zulu-leier het nie verniet ‘… bring my geweer’ gesing nie… Hy bedoel dit.

Maria Van Dieweeck ·

Min mense besef die belangrikheid van “druk op die damwal’. Puik skuif Solidariteit!

Johann ·

Zuma dink hy help die ekonomie groei deur drie tot vier mense in dieselfde pos in die regering aan te stel. Hy dink deur vir China alle regte op die vervaariging van klere en skoene in die land te gee, en toe te laat dat die skaars bronne in die land, soos skulpvis en renosterhoring na die buiteland verdwyn, valuta verdien. Hy skep vir die Zama Zamas werk, hy, sy seuns en die gewraakte G. Hy gaan met Rusland kontrakte aan vir kernkrag, maar vergeet van SA se genie wat die toekoms van energie in die wereld in die plam van sy hand het, Elon Musk. Waarom belê hy nie in hom nie? Nee, want Zuma loop net voor as hy sy luiperdvel aan het.

sarie van heerden ·

Geen politikus sal wil waarneem net vir ‘n paar maande nie. Hulle wil die HELE termyn “regeer” en het dit seker maar te doen met die grootte van die pensioen. Maar niemand stel belang in die helfte van die termyn nie

Gaby Keyser ·

Kommentaar deur “ou man”
Gepetisioneer? Ek het seker Afrikaans geafleerneer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.