Stella-koshuismoorde: Ekskêrel weer in hof

Xander Bylsma. Foto: Facebook

Xander Bylsma (19), die man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella, Noordwes, moet Maandag weer in die Vryburg-landdroshof verskyn.

Bylsma het op 28 Mei vlugtig in die hof verskyn. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie en die saak is tot 6 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Sharnelle en Marna se liggame is op 26 Mei in hul koshuis by die Hoërskool Stella gevind. Die meisies, albei in gr. 11, was veronderstel om die Saterdagoggend die skoolbus te haal om ʼn sportbyeenkoms op Koster te gaan bywoon. Hulle het die aand alleen in die koshuis oorgeslaap en hul moordenaar het oënskynlik maklik toegang tot die meisiesafdeling van die koshuis gekry.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling hang. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is vermoedelik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar het dit is spoedig na moord verander. Bylsma is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het die verhouding beëindig. Marna was Bylsma se kleinniggie.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Suzi ·

Gooi alle vrouemoordenaars in die tronk en die sleutels weg.

wielie ·

19 jaar oud ….moordenaar??
Wat is fout met vandag se jong mense??? — maak my bang

Callie ·

Daar is nie meer dissipline nie. Dus geen nagevolge vir jou dade nie. Die mensdom verwerp all logiese denke met kamtige mense regte. Iemand wat moor, martel en brande stig moet mos alle regte verbeur. Daar buite is n baie siek wereld wat deur baie siek mense “create” is

Petro Benade ·

Hierdie mooi jong man was miskien ook baie siek binne in sy siel en het beheer oor sy denke verloor. Hy en sy familie gaan seker deur die donkerste hel.

Voorstel ·

Kan my nie voorstel waardeur die ouers van die VERMOORDE DOGTERS gaan nie. RIP

Liberaal ·

Ons liberaliste het gesorg dat daar nie meer dissepliene is nie en dat daar nie meer gevolge vir dade is nie. Ons ons liberaliste druk ons agenda verder deur die massamedia in SA, veral die een wie se dagblad en tydskrifte julle so graag ondersteun.

Soltykat ·

Drie gesinne se lewens het almal onherroepelik verander. Ek voel so jammer vir die ouers.

Lourens ·

Zander was nie alleen nie. Hoe kan 1 persoon 2 meisies doodmaak. Die een of andereen moes gehoor skreeu het. Zander beskerm iemand .

kas ·

Lourens,iets in hierdie daad maak nie sin nie.Ek bly by my standpunt dat niemand vir hulle klere sou bring nie maar dat hulle afsprake gehad het.Ek deel jou mening dat daar twee persone was en dat Xander wel iemand beskerm.Sy eie kleinniggie vermoor.Die koshuismoeder het ook nie weer later gaan seker maak of hulle “die klere “gekry het en dan die hek gesluit het nie.Ek bespiegel ook maar oor wat gebeur het.Xander wou dalk iets gedoen het en Sharnelle het geweier.Hy het verwerp gevoel en haar vir niemand anders gegun nie en toe vermoor hy haar.Of hy Marna ook vermoor het en of sy deur iemand anders vermoor is sal niemand weet nie.

Baie sterkte aan die families ·

Aan die familie en diegene wat geaffekteer is deur hierdie tragedie: Baie sterkte. Julle het dit nodig.

Aan die kommintators: Dit is nie ander mense se verantwoordelikehied om ander mense dissipline, verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te leer nie. Of etiese of geestelike waardes te leer nie. Dit is ook nie ander mense se verantwoordelikeheid om vir mense te sê dat dit erg verkeerd is om alewig IETS of IEMAND te soek om te blameer as iets in hulle lewe verkeerd gaan nie. Dit is ook nie ander mense se verantwoordelikheid om vir ander mense te leer om ‘n menslike karakter wat uit ‘n gebalanseerde en produktiewe ego, superego en alterego moet bestaan te bou nie! Niemand is dus verantwoordelik om jou lewe vir jou te lei nie. Jy moet dit self doen.

Nog steeds aan die kommintators: Daar is nie iemand denkbeelding wat met ‘n rottang of sweep staan en waghou om dissipline uit te deel nie!! Dit het nog nooit bestaan nie. Dus is dit onmoontlik dat hierdie groot Dissipline en Goedheid waaroor almal so droom wat klaarblyklik eens op ‘n tyd bestaan het weggeneem kan word!

kas ·

Waar kom die handsakband vandaan wat om Marna se nek gekry is waarmee sy vermoedelik verwurg is?Is dit moontlik dat ‘n vrou betrokke kan wees by die moorde.As Marna haar handsak by haar gehad het tussen 02;00 en 03;00 toe die moorde gepleeg is was hulle oppad uit?Maak nie wat gebeur het nie dit bly tragies en baie hartseer.Die meisies is vir ewig weg en dit was so onnodig.Ek voel net die skuldiges moet gestraf word.Dit sal aan die ouers van die meisies vertroosting bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.