Stella-koshuismoorde: Prokureur onttrek hom aan saak

Xander Bylsma Donderdag in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella in Noordwes, het Donderdag weer in die Mmabatho-hooggeregshof verskyn.

eNuus berig regter Ronald Hendricks het die saak tot 12 Maart uitgestel nadat een van Bylsma se regsverteenwoordigers hom aan die saak onttrek het, glo weens botsende belange. Die saak is uitgestel om die nuwe regsverteenwoordiger kans te gee om die dossier te bestudeer en met Bylsma te konsulteer.

Bylsma het Maandag in die hof verskyn toe sy verhoor sou begin het, maar dit is toe tot vandag uitgestel nadat die staatsaanklaer gesê het daar het verlede week nuwe bewyse aan die lig gekom. Die bewyse hou volgens berigte verband met ʼn bandopname waarin Bylsma vermoedelik skuld beken het.

Die verhoor is van 4 tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Maart geskeduleer. Bylsma sal intussen in aanhouding in die Rooigrond-gevangenis bly.

Maroela Media het vroeër berig Sharnelle en Marna, albei gr. 11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref.

Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Die meisies was veronderstel om dié Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk en het daarom met die skool gereël om in die koshuis oor te slaap terwyl die ander koshuismeisies vir die naweek huis toe was.

Die polisie het vroeër gesê die koshuis by die hoërskool is in twee vleuels verdeel, een vir seuns en een vir meisies.

Die seuns het in die koshuis oorgebly vir die volgende dag se sport, maar die twee meisies was alleen in hul gedeelte van die koshuis. Die koshuismoeder was wel daar, maar sy beweer die meisies het haar versoek om die veiligheidshek vir hulle oop te laat aangesien hulle glo gewag het vir iemand om vir hulle klere te bring.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref.

Sharnelle en Marna is vermoedelik Saterdag tussen 02:00 en 03:00 vermoor.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Die enigste verdagte tans in die ondersoek, Bylsma, is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Onseker ·

Is dit n term wat gebruik word in die hof wereld? – “dossier te bestuurder” Of moes dit bestudeer wees?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Onseker,

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad “bestudeer” wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja nms Maroela Media

Ook n ma ·

Sluit die deur en gooi die sleutel waar niemand dit ooit ooit weer sal vind…

J ·

Het hy nie ook sy ouers teenmekaar afgedpeel nie. Veral ad hy nie sy sin kon kry nie. Verstaan sy ouers is gekei ook.

Mariaan ·

Hierdie mannetjie het baie mense groot hartseer gegee en 2 pragtige meisies se lewens wreed geneem…hy het dit self erken….tronk toe lewenslank!

Anoniem ·

Sy ouderdom gaan seker nou weer in ag geneem word, sowel dat hy voorheen geen kriminele rekord gehad het nie en aangesien hy twee lewens wreed geneem het gaan hy seker ook vir elke lewe 18 jaar kry, derhalwe, as hy so 40 is kan hy seker ook in aamerking vir parool kom, laat ons kyk hoe korrek is ek?

jaco ·

Sy slagoffers se “verkeerde” ras sal ook in ag geneem word. Dit behoort ook in sy guns te tel.

LK ·

Jy is vol hoop as jy dink hy gaan 18 per lewe kry, ek skat hy gaan 15-18jaar kry waarvan hy 8 effektief gaan moet sit voor hy vrygelaat word.

leser ·

die regter is ronald hendricks, so ook die regter van die coligny 2, jys wit en hy het jou lankal skuldig bevind, alle hofdae gaan net ‘n mors van tyd wees

ek het mos gese dat die afriforum mense en ander maar sy naam moet onthou

Landi ·

So, as jy wit is, behoort jy free pass te kry, al is jy ‘n kommin krimineel?

jaco ·

as jy wit is en jou slagoffer/s is ook wit, is die straf nie so erg nie. dit word gesien as “nog n wit mens minder of nog n probleem minder of nou het die wit moordernaar sommer gedoen wat ons eintlik wou doen. Dis maar dieselfde beginsel by swak reaksie op plaasmoorde: eintlik wil die owerhede he dit moet gebeur.

Sue ·

Elke ouer wat nou so kommentaar lewer oor Xander Bylsma, moet bid dat ‘n kind van hulle, nie sit waar Xander vandag sit nie. Daar is ‘n spreekwoord wat lui “moenie oordeel as jy self groen koring op die land het nie”. Ek praat nie sy misdaad goed nie, maar ek kan nie oordeel nie – ek het groen koring op die land. Jammer vir almal betrokke.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sue, mense moet nie “bid” dat jou kinders nie eindig waar Xander Bylsma vandag sit nie, jy moet hulle “groot maak en opvoed” om nie te eindig waar Xander Bylsma vandag sit nie. Ek oordeel niemand nie………..maar ek spreek my wel uit teen die gedrag wat hierdie jong man geopenbaar het………wat tien teen een baie beïnvloed is deur die opvoeding wat sy ouers hom gegee het. ‘n 16 jarige dogtertjie wat met ‘n 19 jarige seun “uitgaan” is alreeds onder verdenking, want sy is nie emosioneel gereed vir ‘n “verhouding” nie, en hierdie jong man is……..maar ook nie, want dit blyk dat hy die “uitmaak” nie baie goed hanteer het nie, en omdat hy nooit NEE geken het in sy opvoeding nie, toe word dit “as ek jou nie kan kry nie, sal niemand nie”……….en kyk wat is die gevolge. Hierdie kinders was nie inherent boos nie……net te onvolwasse vir “verhoudings” en die emosionele sy daarvan. Ouers moet begin oplet waarmee hulle kinders besig is, dan kan hierdie tipe tragedie grootendeels voorkom word. Het jy al met jou kids gepraat oor ‘n “girlfriend/boyfriend” scenario? En het jy ook met hulle gepraat oor wat gebeur wanneer so ‘n verhouding opbreek? Ek hoop jy het….

Mazhiwei ·

Gemaskerde Sopbeen: Ek het nog glad nie met my “kids” gepraat nie, maar wel met my kinders

Wortel-Van-Kwaad ·

My seuns is in skool 600km van die huis af en in die koshuis.
Die reëls in die koshuis is duidelik en ononderhandelbaar, onder andere:
1. ALLE besoekers meld by ontvangs aan.
2. GEEN besoekers word elders in die koshuis toegelaat as ontvangs en die gaste-sitkamer (geleë by ontvangs).
3. Nie eens ouers of familie word in die kamers toegelaat nie.
4. Op elke vloer woon “Masters”, personeel wat roukol en inspeksie hou – soggens en saans en deurgaans toesig hou.
5. Seuns dra almal gemaklike maar eenvormige koshuis-drag. Vreemdelinge sal onmiddellik geidentifiseer word wat die perseel of geboue betree.
6. Sekuriteit by die perseel se hek pas reeds toegang-beheer streng toe (dag en nag)
7. Die koshuis se deur word gesluit. En toegang word by deur dmv interkom en kamera deur personeellid op ontvangs-diens bekom.
8. GEEN leerder word toegelaat om perseel te verlaat sonder skriftelike instruksie van ouers en bevestiging wie presies die kind kom haal en hoe laat nie met terugkeer tyd.
9. Geen uitsonderings. Jy kan op jou kop staan – die reëls is die reëls!
En hierdie is hoërskool SEUNS!
2 Jong manne het onderskeidelik die aand by die MEISIES in hul KAMER “gekuier”. Totaal onaanvaarbaar!
As toegangs-beheer en dissipline deur die skool toegepas was, sou hierdie afgryslike gebeurtenis NOOIT plaasgevind nie.
Hoop die skool/koshuis word toepaslik ondersoek en tot verantwoording geroep.
Die wortel van die kwaad moet aangespreek word.

Peet Schabort ·

60 Jaar gelede was ek op Hoogenhout (Bethal) in matriek. Ons het nie hierdie soort reëls geken want opvoeding het dit vanselfsprekend gemaak dat ons nie eers gedink het aan hierdie genoemde oortredings. Die oordeelkundige gebruik van die lat, sou daar die geringste afdwaling wees van Hoogenhout se minimum standaarde, het natuurlik ook ‘n belangrike rol gespeel. Die ergste was ‘n paar seuns wat so af en toe in die ‘boiler’-kamer gerook het vd koshuis. Wanneer mnr Jack W . . by die koshuis se hek indraai met sy Ford het hy as waarskuwing die toeter geblaas. Die rokers het dan sigarette en stompies in die ‘boiler’ gegooi, immers dis hoekom hul daar gerook het, en ewe onskuldig tevoorskyn gekom. Mnr Jack W het dan met ‘n glimlag gesê: ‘Kêrels, ek gaan julle een vd dae vastrap’. Dis ook hy wat sy deel vrugte gekry het met laatnag se vrugtestelery. Terwyl hy lê en slaap word saggies sy ‘share’ in sy kamer neergesit. Die oggend voor skool sal hy in die gang vd koshuis afstap met vrugte in die hand en ‘n breë glimlag, ‘Goeie môre kêrels, goeie môre, ek sien julle het ‘n rustige nag gehad’. Mnr Weideman was een van menige juweelonderwysers van Hoogenhout.

Wortel-Van-Kwaad ·

Peet Schabort lieflike verhaaltjie uit ons tyd toe dit nog vir ons as kinders veilig was om saans kattekwaad te doen en bedags kafee toe te stap.
Die reels het absoluut niks met die opvoeding vsn die Leerders te doen nie. Dit is daar vir die veiligheid en beskerming van die inwonende Leerders – wat woon in SA wat ontaard het in n land van moord en misdaad. Dis suiwer vir die beskerming en veiligheid van die kinders.

riaan ·

Bylsma moet hom regmaak om baie lank tronk toe te gaan (wat hy verdien) want dieselfde regter Hendricks wat die Coligny manne skuldig bevind, het ten spyte daarvan dat die hoof getuie gelieg het, is aan stuur van sake!

sakkie ·

het julle opgelet hoe “leeg” en dood daai kind se oe is, dis eerste wat my opgeval het toe ek sy foto gesien het. Die hele storie is regtig hartverskeurend. Ek stem hy moet die gevolge dra vir sy dade, maar ai dit was so onnodig.

Cheryl ·

Ek wonder hoekom pleit hy nie maar skuldig nie en kry dit oor en verby, nou gaan die saak 4jr sloer en dan kry hy in elkgeval tronkstraf

Spook ·

Ek is nie n kenner op sielkunde nie…. en probeer ook maar net my kinders groot maak met die idee dat hulle wel opgevoede , gebalanseerde mense eendag kan wees. Maar waar trek mens die lyn in vandag se dae. Alles is deesdae aanvaarbaar en ons kinders word orals anders geleer dat hulle moet ingee vir hulle eie selfsugtige begeertes want dit is hulle reg. Hoe leer jy jou kinders om sensitief te wees as geweld n alledaaglikse verskynsel is… so erg so dat dit ons nie eers meer emotioneel aanraak nie. Ek hoop gereg sal geskied. Sterkte aan almal betrokke

Landi ·

Die feit is 2 pragtige meisies is dood (vermoor). Ek kan nie glo dat die ouers toegelaat het dat 2 dogters alleen in n koshuis oorslaap nie, Ja al is dit n skoolkoshuis, maak dit nie saak nie. Genugtig mense ons lees elke dag van die slegte goed wat met kinders gebeur, veral dogters, PAS JOU KINDERS OP!! Ja dit gee niemand die reg om n lewe te neem nie, maar ongelukkig lewe ons in n siek wêreld waar daar siek mense is. Grootmense het hierdie dogters in die steek gelaat. Kinders “push” hulle “boundaries” en ouers moet weet war om die lyn te trek. Gaan laai hulle eerder by die bus af vroeg oggend of bly by die huis, Koshuismoeder, jy laat nie n deur oop nie, al vertel hulle jou watse storie ook. Tieners is tieners!!!!

Riaan ·

Jy is seker blond met jou ” en jou punt is” kommentaar hierbo? As jy sukkel om te verstaan moet jy dalk jou kommentaar op’ n ander plek gaan los!
Tov van jou kommentaar hierbo, hoekom die MM berig weer herhaal?

Blondie ·

Ek was self in ‘n koshuis en die reels is daar om jou te beskerm.

Helena ·

Rakende die opskrif van die berig. Wat ek nie kan verstaan nie; jy as regsverteenwoordiger behoort tog van die begin af te weet of daar botsende belange is of kan wees, dan stel jy jouself nie beskikbaar nie. Hoekom jouself eers later in die proses onttrek en so die saak nog verder vertraag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.