Stella-koshuismoorde: Uitspraak in binneverhoor dán gelewer

Xander Bylsma vandeesweek in die hof. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Regter Ronald Hendricks sal in September uitspraak lewer in die binneverhoor van die saak teen die jong moordbeskuldigde Xander Bylsma.

Bylsma word van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), in Mei 2018 aangekla.

Die binneverhoor is Maandag in die hooggeregshof in Mmbatho in Noordwes hervat om te bepaal of Bylsma (20) se bekentenis wat hy verlede jaar kort ná die moorde aan die polisie gemaak het asook die uitwysings wat hy op die moordtoneel gedoen het, wel in die verhoor aanvaar sal word.

Die staat en verdediging het Woensdag albei hulle sake vir die binneverhoor gesluit. Hendricks het vanoggend bevestig hy sal op 5 en 6 September uitspraak lewer.

Staatsaanklaer Johan Smit en adv. Sakkie Nel het tot dan geleentheid om hul slotbetoë voor te berei voordat Hendricks sal uitspraak lewer oor of Bylsma se bekentenis en die uitwysings wel in die verhoor aanvaar sal word of nie.

Maroela Media het vroeër berig Bylsma het destyds ’n bekentenis afgelê en uitwysings op die toneel gemaak. Hy hou sedertdien vol dat hy destyds gedreig en aangesê is om die bekentenis te maak en dat hy onskuldig is. Hy voer ook aan dat hy in daardie stadium onder die invloed van pille was.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Bylsma is tydens vandeesweek se binneverhoor gekruisondervra en Smit het gehamer op die jong man se besluit om destyds nie van ’n regsverteenwoordiger gebruik te maak nie.

Bylsma het egter op talle vrae geantwoord dat hy nie meer seker is of nie kan onthou nie. In ʼn nuwe wending het hy ook vandeesweek vir die eerste keer erken dat hy Hough ure voor die moord op haar en Engelbrecht gesien het en dat dié twee versoen geraak het. Hy hou vol dat hy egter nooit ten tyde van die moorde in die koshuis self was nie.

Oor teenstrydighede in sy antwoorde het Bylsma vandeesweek by verskeie geleenthede die vinger na Navin Rai, sy vorige regsverteenwoordiger, gewys.

Lees alle berigte oor die saak hier op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

bylsma hou vol hy was nooit in die koshuis gewees ten tye van die moorde nie, maar:
1.) hy beskryf die een moord waar hy die tou om die meisie se nek gesit het en haar laat afsak het
2) die ander keer het hy gese dat hy die tou om die meisie se nek gesit het en haar afgestamp het
hoe onthou hy die tou om die nek en trappe reeling, maar hy was nooit in die koshuis nie,
baie vrae oor sy getuienis, dan wonder mens maar

Abe ·

Leser,
Xander se bekentenis soos in die polisiekantoor die dag na die moorde afgele en in die bakkie aan die speurder vertel en opgeneem en die uitwysings wat hy gedoen het, weerspieel wat tydens die moorde gebeur het. Toe hy later oor sy situasie gedink het, het hy besef hy is nou in groot moeilikheid en toe het hy begin om plannetjies te maak om uit kom. Die beste wat hy toe aan kon dink was om te ontken hy het dit gedoen. Toe begin hy leuns uit dink dat hy gedreig was, voorgese was wat om te se, onder die invloed van pille was ens.

George in Bloem. ·

Ek kan nie help om aan die arme ouers van die betrokke kinders te dink elke keer as ek die fotos sien nie en ek kry hulle van voor af innig jammer.

Kas ·

Op grond waarvan het hy die uitwysings gedoen as hy nie dear was nie en nie kennis gerda het van die moorde nie.Hoekom her hy dan die bekentenis afgele voor die colonel.Sover ek weer word ‘n bekentenis voor ‘n landdros afgele en ‘n verklaring by die polisie.Hy het Chanelle voor die tyd gesien.Wat het tussen hulled gestur.Dit bewys wat ek voorhees gese het day hulle nie gewag het vir klere nie

Koos de Meyer. ·

Hy het maar by die ander ou wat voor die Zondo komisie was geleer om te sê hy kan nie onthou nie..

SjN ·

Duiwelsadvokaat, waar kom die private speurder so vinnig vandaan en verdwyn as kritieke vrae gestel word

Treurgrond ·

As ‘n mens soos Xander twee onskuldige meisiekinders Sharnelle en Marna vermoor het en nou pleit jy jy is onskuldig – hoe leef mens met jouself na die tyd – gaan jy net aan en se dit is okay – daar is tog jou gedagtes wat jou elke aand roep om te se dit is nie reg nie. Ek weet Xander probeer sy eie lewe nou red maar Sharnelle en Marna was nie ‘n kans gegun nie – hulle ouers moet nou heeltyd deur die drama gaan. En ek kan dink hoe voel Sharnelle en Marna se pa’s. Mens voel jy wil basies die beskuldigde net self iets gaan aandoen want julle dogters gaan nooit vergeet word nie.

Griet ·

Kat op ‘n warm sinkplaat, beslis NIE ‘n MAN nie!

As hy loskom beter hy emmigreer. As die meisies se families hom nie bykom nie, sal die gemeenskap.

Dan ·

Griet, ek stem volkome saam. Laat Gods water oor Gods akker loop.
Op die oordeelsdag sal elkeen van ons ‘n beurt kry om volgens ons doen en late rekenskap te gee.. Ek kry almal se ouers innig jammer, die 2 dogters – dit is tragies verby. Benoude kat maak benoude spronge, hy gaan homself nog verloën met al sy leuens..

Sean ·

Wat my pla is waar was die een meisie terwyl hy die ander een gehang het Hoe het sy gevoel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.