Stella-koshuismoorde: Verhoor begin binnekort

Xander Bylsma in die hof. Skuins agter hom sit Rianette Engelbrecht, Marna se ma (13 Februarie 2019). Foto: Mia Spies/eNuus

Die verhoor van Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella in Noordwes, sal volgende maand begin.

eNuus berig Bylsma het Woensdag weer in die Noordwes-hooggeregshof verskyn. Bylsma het in sy blou T-hemp en pet aansienlik maerder gelyk as toe hy in Mei verlede jaar in hegtenis geneem is. Skuins agter hom het Rianette Engelbrecht, Marna se ma, in die hof gesit.

Die verhoor is van 4 tot 8 Maart en weer van 11 tot 15 Maart geskeduleer. Bylsma sal intussen in aanhouding bly in die Rooigrond-gevangenis.

Maroela Media het vroeër berig Sharnelle en Marna, albei gr.11-leerders aan Hoërskool Stella, is op 25 Mei verlede jaar dood in hul skoolkoshuis aangetref. Sharnelle se liggaam is aangetref waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling gehang het. Marna se liggaam is kort daarna in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Bylsma is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Hoekom die saak so uitrek, is daar nie dalk nog iemand betrokke by die moorde nie? Hoop dit word afgehandel dat die familie tot berusting kan kom.

Lee ·

Wonder nogal waar is die ANC Womans League. Die ras-kaart is seker nie reg nie anders was hulle en die EFF die hele hof vol.

Adam ·

Hood tyd om te vergeet van die ras-kaart. Bekommer jou eerder oor hoe ons blankes se morele waardes in die grond in geduik het en los die rassestorie vir populistiese idiote. Die argument geld natuurlik net indien jy blanke moorde as aanvaarbare gedrag sien.

Esther ·

Hierdie bly verskriklik, tragies. Dat twee pragtig belwowende jong mense so aan hul einde gekom het, dit is so verkeerd.

Dan kyk mens na die ander kant, Waarom, wat het die ook eens belowende jongman gedink toe hy hierdie aggryslike dade gepleeg het. Waar het hier n skroef verlore gegaan…

Ek dink vir aldrie ouers Moe’s dit nooit gebeur het nie. Wat is waarskuwing teens… Is daar enige?
Het die speletjies wat die kinders speel enige effek hier gehad, besef hul nie wat is dood nie, Alles word mos gereset en speel oor.
Die afgelope tyd was daar so eel soortgelyke misdade, erens moet daar n skakel wees wat men’s die gedrag kan op eien.

Ena ·

Eff toi toi waar hulle met die meeste pap en runaways voorsien word. Die saak hetnook geen belang nie…dit was blanke moorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.