Stella-koshuismoorde: Xander in hof

Xander Bylsma in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Xander Bylsma (19), die jong man wat aangekla word van die moord op die vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) in hul koshuis op Stella, Noordwes, het Vrydag in die Vryburg-landdroshof verskyn.

eNuus berig Bylsma het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 12 Oktober uitgestel is sodat die klagstaat gefinaliseer kan word. Bylsma word sedert die moorde in die Rooigrond-gevangenis aangehou.

Sy regspan het reeds vroeër die week aangedui hy gaan nie vandag om borgtog aansoek doen nie nadat hy ook vroeër sy borgtogaansoek laat vaar het.

Die polisie het intussen ook gesê hulle is nog besig met die ondersoek en kan weens die sensitiewe aard daarvan nie verdere besonderhede deel nie.

Bylsma staan tereg op twee aanklagte van moord op Sharnelle, sy eksmeisie, en Marna, sy kleinniggie.

Die koshuis by die Hoërskool Stella. Foto: Mia Spies/eNuus

Die twee vriendinne was op 25 Mei vanjaar alleen in die meisieskoshuis by die Hoërskool Stella toe hulle vermoor is.

Die meisies, albei in gr. 11 by dié hoërskool, was veronderstel om die Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk en het daarom met die skool gereël om in die koshuis oor te slaap terwyl die ander koshuismeisies vir die naweek huis toe was.

Kapt. Charlize van der Linden, die voormalige polisiewoordvoerder van die Stella-polisie, het vroeër aan Maroela Media verduidelik die koshuis by die hoërskool is in twee vleuels verdeel, een vir seuns en een vir meisies.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

“Die seuns het in die koshuis oorgebly vir die volgende dag se sport, maar die twee meisies was alleen in hul gedeelte van die koshuis,” het Van der Linden gesê. “Die koshuismoeder was wel daar, maar sy beweer die meisies het haar versoek om die veiligheidshek vir hulle oop te laat aangesien hulle glo gewag het vir iemand om vir hulle klere te bring.”

Sharnelle en Marna is Saterdag vermoedelik tussen 02:00 en 03:00 vermoor.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom waar sy aan ʼn nylontou aan die trapreling hang. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn handsakband om haar nek.

Die polisie het aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Die enigste verdagte tans in die ondersoek, Bylsma, is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ʼn verhouding, maar het uitgemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Nettie ·

Ek dink steeds Xander “cover” vir iemand anders, al het hy ‘n bekentenis gemaak ens. ens. ens.

Cherokee ·

Nettie, realisme vee dit wat jy dink met een veeg weg. Het jy spesifieke punte wat jy deurdink het om so te raai of is dit bloot ‘n verbeeldingsvlug? Realisme praat anders.

Abe ·

Estie,
Dis nie so onverklaarbaar nie. Forensiese wetenskap het gevind dat n voorliefde om diere seer te maak en dood te maak by kinders dikwels daarop dui dat die kind mag opgroei met n sterk neiging om moord te pleeg. (Sien “Profiling Serial Killers” deur Mickie Pistorius p.108)

Jagter ·

Abe, so net omdat hy gaan jag het, maak dit van hom ñ moordenaar? So alle jagters is eintlik sluimerende moordenaars? Belaglik man!
Die doodmaak van diere waarvan die profilers praat, is sadistiese, marteling en doodmaak van troeteldiere. Dis nie naastenby wat jag is nie…

Piet ·

Jagter jy moet verstaan wat Abe bedoel. Hy het seker sy eie moord neigings, nou dink hy almal moet dit kry as hulle vleis eet. Los hom moennie sy bubble bars nie!

Rooikop ·

Hoe lank vat dit dan om n klagstaat te finaliseer ??? Vra maar net ……………. Sake word
aanhoudend uitgestel en niks kry klaar nie ……………………..Hemel ons, die ouers van die
twee meisies sal mal word van die aanhoudende uitstel …………………..

fish ·

rooikop
Ek stem saam met jou. als vat altyd telank. met my stupid saak teen my het dit verewig gevat om klaar tekry en het my baie geld gekos vir prokereur elke keer net vir ‘n uitstel. 7maande later kon die polisie nie die video footage kry nie toe vra ons of ons mag inmeng en die hof het toe ingestem. Daai selfde dag toe kry ons die beeld materiaal en ‘n maand later toe gooi hulle die saak uit, want ek was onskuldig. R21000 later en as die polisie die selfde dag hulle werk gedoen het sou ek daai maandag al vry gespreek gewees het. maarnee ons moet 7 maande van almal se tyd mors oor snert.

Abe ·

Jagter,
Miskien is jy reg. Ek dink tog sy voorliefde vir jag sal in die hofstukke gemeld word. Kom ons wag en sien.

jaco ·

iemand moes vir die 2 meisies klere bring. dis waarom die hek oopgelos is. Nou wonder ek maar net: is daardie persoon al opgespoor?

Anoniem ·

jaco die 2 het dalk geweet Xander kom en wou nie die koshuis moeder daarvan se nie, toe se hul iemand kom laai klere af sodat sy die hek kan ooplos. soos ek verstaan mag die seuns nie in die kamers – hyt seker kom kuier en iets het vreeslik skeef geloop – hy was ook blykbaar baie jaloers. Sterkte vir die ouers van al 3 kinders – hierdie is ‘n baie hartseer saak en Xander moet maar begin praat – ek dink ook daar is ‘n 2de persoon betrokke

Abe ·

Anoniem,
Daar is nie n tweede persoon by die moord betrokke nie.

Abe ·

Jaco,
Die persoon wat die klere moes bring is Xander. Sien Jaco se kommentaar hier onder oor vriendskappe na verhoudings wat nie n goeie ding is nie.

Johan ·

@Rooikop – ek stem saam met jou. Dit is vir my ook onverklaarbaar. Ek is nie ‘n regskenner nie, maar ek dink die regstelsel het oor jare al so “in ‘n groef verval” van doen op ‘n “bepaalde manier” (om geld te maak), dat dinge maar net voortvoeter soos dit nog altyd is. Tyd dat daar nuwe denkers in die regsprofesie begin opstaan.

Zumie ·

Die probleem is gewoonlik nie die opstel van die klagstaat nie maar die voltooiing van die ondersoek. Met ‘n moordsaak word daar gewoonlik gewag vir die post mortem verslag en forensiese uitslae van DNA en ander toetse. Veral forensiese toetse kan tyd neem. By voltooing van die ondersoek sal die betrokke staatsadvokate wat met die saak werk die saak op die regte hofrol plaas vir verhoor.

jaco ·

julle kla oor daar met die saak gesloer word, maar julle vergeet almal een ding:
Die beweerde moordenaar en die 2 slagoffers is almal wit. Dis nie polities korrek om veel aandag aan n saak te gee waarin net wit mense betrokke is nie. die moord op 2 wit mense kan ook gesien word as “wel dis maar net 2 wit mense minder. ons wil hulle tog eintlik almal uit SA weg hê”.
En voor almal my nou kruisig; gaan kyk net eers na uitsprake soos”we wont chase whites away, for the moment”, liedjies met woorde teen wit mense, uitsprake oor wit monopoliekapitaal wat moet weg ens ens.

Abe ·

Anoniem,
Daar is nie n tweede persoon by die moord betrokke nie.

Abe ·

Jaco,
Ek glo werklik nie hierdie saak het iets met velkleur te doen nie. Raak ontslae van die donker wolk in jou gemoed en kyk realisties na dinge.

Cherokee ·

Jaco, probeer om ten minste somtyds, van wysie te verander.

Ouer ·

Monet, ek glo sy ouers het ook nie gedink hul kind is ń koelbloedige moordenaar nie.

jaco ·

as sy opgebreek het met hom, waarom het sy dan gereel dat juis hy die klere moes bring? Sy moes geweet het dit sal net “high hopes” by hom opwek dat alles weer reg is, omdat sy hom weer wil sien. Of is dit n geval van “ons verhouding is verby, maar ek gebruik jou nog waar nodig”? Dit is ‘n “recipe for disaster”. Ek wens mense wil dit finaal besef: vriende wees met die eks na n verhouding beeindig is, is NIE n goeie ding nie.

Pieter ·

Nugter alleen weet hoekom jy in elk geval op skool in verhoudings betrokke wil raak.

marous ·

Omskrywing van moord aanklag in ‘n klagstaat is presies 25 woorde . As hulle sukkel kan hulle vir ‘n eerstejaar strafreg student vra om dit op te stel …binne 5 minute verniet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.