Stella-koshuismoorde: Xander verander van plan oor borgtog

Xander Bylsma. Foto: Facebook

Xander Bylsma (19), wat aangekla word van die moord op Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), gaan nie soos verwag Woensdag ’n borgtogaansoek bring nie.

Bylsma het op 28 Mei vlugtig in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie en die saak is tot 6 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Bylsma het egter later besluit om wel vir borgtog aansoek te doen en die aansoek sou vandag in die Vryburg-landdroshof aangehoor word.

Moolman Wessels, Bylsma se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig die borgtogaansoek is egter voorlopig laat vaar. Hy kon nie meer besonderhede bekend maak oor hoekom die besluit geneem is nie en het gesê dit is vertroulike inligting tussen hom en sy kliënt.

Volgens Wessels kan sy kliënt egter enige tyd besluit om wel ’n borgtogaansoek te bring of tot 6 Augustus wag wanneer hy weer in die hof verskyn en dan aansoek doen.

Sharnelle Hough (17), links, en Marna Engelbrecht (16). Foto: Via Facebook

Sharnelle en Marna se liggame is op 26 Mei in hul koshuis by die Hoërskool Stella gevind. Die meisies, albei in gr. 11, was veronderstel om die Saterdagoggend die skoolbus te haal om sport op Koster te gaan kyk.

Toe hulle nie die oggend die bus haal nie, het die koshuismoeder na hulle gaan soek en op Sharnelle se liggaam afgekom waar sy aan ’n nylontou aan die trapreling hang. Die polisie is ontbied en Marna se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ’n handsakband om haar nek.

Die polisie het aanvanklik ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om vas te stel of vuilspel betrokke was, maar dit is spoedig na moord verander. Bylsma is dieselfde dag by sy huis in Stella in hegtenis geneem. Bylsma en Sharnelle was voorheen in ’n verhouding, maar het die verhouding beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

jaco ·

Tipies SAPD. Blameer ‘n wit naasbestaande in die moord op 2 wit mense. Want dis nie polities korrek om die ware moordenaars van wit mense te vervolg en te vang nie. Nes die Inge Lotz moord: blameer die ex-boyfriend. Hý kon darem sy onskuld in ‘n laaaang hofsaak bewys, maar dit het hom R19 miljoen gekos.

MissDemeanor ·

Lyk my jy het nie die vorige artikels gelees nie. Xander het erken dat hy hul vermoor het…so ongelukkig is jou teorie verkeerd.

Henry ·

Jaco, waarvan praat jy?? Die mannetjie het skuld beken.. wys net hoe vinnig wit en swart wedersyds blameer word.

Abe ·

Jaco,
Hierdie kommentaar maak geen sin nie. Die SAPD het perfek reg opgetree. Dadelik die krimineel geidentifiseer en aangekeer soos hulle veronderstel was om te doen.

Bertus ·

Jaco maak net jou kommentaar klaar asb. Dit het hom dalk miljoene gekos….maar hyt dit dubbel terug gekry. Hy was n verdagte in die saak omdat alles bewyse na hom gewys het. Jys nie n polisie lid wat die saak ondersoek het nie. So jy weet nie wat dar gebeur het nie.

Abe ·

Johan H,
Hy moet so gou as moontlik vir so lank as moontlik uit die samelewing verwyder word.

Liberaal ·

Die liberale massamedia gaan die plaaslike Afrikaanse gemeenskap sleg laat lyk deur om die indruk te skep dat Xander ‘n slagoffer van intimidasie is.

Erika ·

Wonder wat het in die Mannetjie se kop aan gegaan…..Net jammer die cirruculim in die tronk is nie noodwendig gesond met daardie ongure karrakters nie veral nie vir n jong wit seun nie- Hy moet verantwoordelikheid neem nou..Ek hoop hy leer God ken n die tronk..

Hannelie ·

Ek kry hoendervleis as ek sommige van die kommentare hier bo lees. Mense nie een van ons is God nie, los die oordeelwerk vir Hom asseblief. Hierdie is ‘n verskriklike ding wat die 3 gesinne getref het, en nie EEN van ons het die reg om te oordeel nie. Kom ons bid vir hierdie drie gesinne.

Helene Heyns ·

Ek stem saam met jou Hannelie. Die mense wat so oordeel moet liewer begin bid dat so- iets hul of hul geliefdes nooit tref nie. Onthou net dat niemand is te goed nie…..dis net genade .

Martien♌ ·

God het die mens opdrag gegee….. jy mag nie doodslaan nie. Wonder wat jy sou se as dit jou dogter was…..

Kiepie ·

Martien, God het ook opdrag gegee: “Moenie oordeel nie sodat daar nie teen jou geoordeel word nie”, en ook, “Aan my, die Here jou God, kom die enigste oordeel toe”.

Hoe nou ·

As die oordeelsopdrag aan God alleen gedeligeer word gaan alle kriminele vry rondloop.

Sjoe ·

Hi julle, dink julle nie dis lelik om sulke kommentaar te skryf en Xander se ouers dit dalk moet lees nie. Wat as dit jou kind was? Dink vir jouself hoe moet daardie ouers van hom voel. Is dit nodig om hulle nog verder seer te maak deur sulke aanmerkings.

kas ·

Hallo Sjoe,jy is heeltemal reg,ons mag nie oordeel nie maar dink jy werklik daardie meisies het verdien om so te sterf.Kan jy jouself indink waardeer hulle moes gaan voor hulle dood is.Dink jy nie dit is regverdig om te vra dat geregtigheid moet geskied nie.Hy het daai meisie van ‘n toekoms ontneem,self mamma wees is hulle nie beskore nie.Ek oordeel hom nie maar ek het geen genade vir hom nie.LIVE BY THE SWORD DIE BY THE SWORD.

Liberaal ·

@Sjoe, ja Xander kom mos nou volgens liberaal demokratiese waardes heel eerste, misdadigerregtevegters sal nou opstaan vir hom, nie waar nie?

aanliberaalenkas ·

kas dis nie vir JOU om genade vir die seun te hê al dan nie. Jy “oordeel” nie maar ja, jy het darem nie genade nie. Ai tog ek stem saam met party hier dis genade alleen dat dit nie een van ons se seun is nie. Dit kan in die beste huise gebeur en het al. Al het jy jou kind HOE goed opgevoed. Vergelyk Dawid in die Bybel wat Batseba se man heelvoor in die oorlog laat veg het omday hy (Dawid) haar begeer het. En Dawid was eintlik ‘n uitverkorene van God. En Jesus is juis uit die stam van Dawid gebore. Daarmee wil ek net sê dit kan met enigeen gebeur en daar is steeds genade vir enigeen. Niemand keur die daad goed of praat dit goed of is liberaal of watookal nie. Ons dink net met medelye aan al drie ouerpare en ook aan die seun wat blykbaar skielik iets totaal buite sy karakter gedoen het. Wie van ons kan die eerste klip gooi?

kas ·

Hoekom het hy weereens sy borgtogaansoek laat vaar?Was dit in opdrag van iemand?Ek wonder nogsteeds of hy alleen was en of hy iemand beskerm.Net die moordenaar sal weet wat in daardie oggendure gebeur het.Was die meisies in verhoudings betrokke en is dit hoekom die veiligheidshek oopgelos moes word of sou iemand regtig vir hulle klere gebring het.

MJ ·

kas, ek wonder ook nog die heeltyd of hy alleen opgetree het. Dit is seker moontlik dat hy alleen albei moorde kon pleeg, maar togv onwaarskynlik. Hy kon dalk een in die badkamer toegesluit het terwyl hy die ander een vermoor. Die hele storie klink vir my vreemd.

kas ·

Uit ‘n manlike oogpunt lyk hy na ‘n aantreklike jongman met ‘n sterk gesig.Ek kan amper nie glo dat hy so iets sou doen nie maar voorkoms kan ook bedrieglik wees.Wat sou hom tot moord gedryf het.

kas ·

Is dit regtig lekkerder in die sel as buite.Is hy bang om op borgtog vrygelaat te word.

Lourance ·

@Kas, volgens ander media “vrees hy vir sy lewe” buite die selle. Shame, dat hý nou sooo moet stress.

Peet J ·

Waarom is daar geen kommentaar van die twee dogters (slagoffers) se ouers nie kan maroela media asseblief verduidelik het hulle die hofverrigtinge bygewoon die ouers natuurlik, ook geen kommentaar van die seun se ouers nie alles is so geheimsinnig . Laat my dink aan die Mooinooi meisies se geval.

Mich ·

Kas, ek verstaan wat jy sê!
Jy kyk boonop uit ‘n forensiese oogpunt/hoek na die tragedie,
wat baie sin maak.

vrYSTater ·

WEL ……………. EK HOOP NIE DIET KOM EEN VAN JUL KINDERS OOR NIE.
AL HET HY, ZANDER SKULD BEKEN GLO EK DAT HY ONSKULDIG IS.
HIERDIE HOFSAAK GAAN NOG BAIE MENSE NA HUL ASEMS LAAT SNAK ………
EK GLO IN ZANDER SE ONSKULD.

Kannaland ·

Waar val jy uit? Dis mense soos jy wat maak dat die wereld soveel simpatie met misdadigers het en dat misdadigers ons lewens oorvat.

Andrea ·

Verduidelik bietjie? Hoekom sal jy erken jyt mense vermoor as jy nie het nie? Wat weet jy wat ons nie weet nie?

kas ·

Vrystater,eerstens hoekom het hy dan ‘n bekentenis afgele as hy volgens jou onskuldig is.Vir wat is hy bang as hy onskuldig is.Hy moet een ding onthou die staat gaan hom braai oor sy bekentenis tydens die verhoor.Daar is net een getuie en dit is die koshuismoeder en sy kan net getuig wat sy weet.Xander sal moet verduidelik wie die moordenaar is as hy nie is nie.

nana ·

Mense ek sal nooit dit goed praat wat Xander gedoen het nie NOOIT OOIT. maar ek bid vir sy familie dat hul ook deur die kuis wat op gele is sal kan dra. God is met julle.

Wilma ·

Hukom is mense nou simpatiek teenoor xander. En plaasmoordenaars. ?

Skepties ·

@Neeer, maar plaasmoordenaars het tog ook familie? As jy eers met die misdadiger simpatie betook volg sosiale verval.

Tammy ·

Niemand oordeel nie, assblief moenie verskoning soek nie. Hierdie is n platvorm waar mense hulle eerlike mening kan lug. Hierdie mannetjie het n verskriklike daad gepleeg wat onverskonbaar, is in die samelewing en moet asseblief nie vir hom keer en hom beskerm nie. Hy is oud genoeg om mooi te kon dink hoe om te moor, so hy is oud genoeg om die gevolge te dra. Hy het die regte ding gedoen om bekentenis af te le.

Alet ·

Ja, ons het almal groen koring op die land. Ons weet nie wat ons kinders of kleinkinders dalk eendag kan doen nie. Ek voel bitter jammer vir die ouers van die meisies, en ek voel jammer vir sy ouers. Hulle het dit self nooit verwag nie! Maar ‘n ouer wat sy sout werd is, draai nooit sy rug op sy kind nie. No matter what. Daar lê nog bitter trane vir ALMAL van hulle voor. Sterkte aan ALMAL betrokke.

Bertus ·

Jaco maak net jou kommentaar klaar asb. Dit het hom dalk miljoene gekos….maar hyt dit dubbel terug gekry. Hy was n verdagte in die saak omdat alles bewyse na hom gewys het. Jys nie n polisie lid wat die saak ondersoek het nie. So jy weet nie wat dar gebeur het nie.

kas ·

Jaco,jou kommentaar is niksseggend en feitloos.Wie is die naasbestaande wat jy van praat.Die man het erken hy het die moorde gepleeg.Hoekom iemand anders vervolg.Wie is die ware moordenaars wat jy van praat.

Pikkie ·

Ek dink hierdie saak het twee kante, en die kant van die meisies kan nie vertel word nie. Dis jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.