Stella-saak neem onverwagse wending

Xander Bylsma in die hof (27 November 2019) (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die moordbeskuldigde Xander Bylsma (20) se regspan het Woensdag in die hooggeregshof in Mmbatho in Noordwes verklap dat hulle gaan aanvoer dat die moontlikheid bestaan dat Sharnelle Hough se nuwe kêrel betrokke kon wees by die moorde op haar en haar boesemvriendin Marna Engelbrecht.

Adv. Sakkie Nel vir die verdediging het Woensdagmiddag aan Brandon Victor (19) onder kruisverhoor gesê hy vind dit vreemd dat, indien Bylsma die aand van 25 Mei 2018 dreigemente aan Sharnelle gemaak het, Victor nie die volgende oggend haar gekontak het om te hoor hoe dit met haar gaan nie. Victor was in daardie stadium romanties betrokke met Sharnelle (17) en het beplan om haar uit te vra.

Dít volg nadat Victor vroeër vandag getuig het dat Bylsma die aand van die moorde gedurende ’n telefoongesprek aan Sharnelle gesê het: “Ek hoop jy gaan tevrede wees met wat ek vanaand gaan doen.”

Victor het in die hof gesê hy kan nie onthou of hy vir Sharnelle die oggend ná die inkriminerende oproep gekontak het nie. Hy vertel dat hy wel gekyk het wanneer laas sy op WhatsApp was voordat hy gaan stort en aangetrek het om met die bus na Koster te ry vir ’n rugbywedstryd.

“Ek stel dit aan jou. Jy het haar nie die volgende oggend gekontak nie. Dit was ’n meisie waarvoor jy lief was. Xander het die aand dreigemente gemaak. Die volgende oggend word jy wakker en jy kontak haar nie om te hoor of sy nog reg is nie,” het Nel aan Victor uitgewys. “Ek vind dit vreemd.”

“Sharnelle het gesê sy is fine,” het Victor reageer. “Ons was onder die indruk dat Xander dreig om iets aan homself te doen en dat hy nie meer op pad was koshuis toe om klere te bring nie. Daarom het ek nie iets vir haar gestuur nie.”

Victor verduidelik dat ene mnr. Bredenkamp hom die oggend van 26 Mei vir Marna se selfoonnommer gevra het terwyl hy reggemaak het om Koster toe te vertrek. Bredenkamp wou egter nie dadelik verduidelik waarom hy Marna se nommer wou hê nie. Volgens Victor het hy Bredenkamp in kennis gestel van Bylsma se oproep die vorige aand waarna Bredenkamp fort is.

Toe Sharnelle en Marna later nie vir die bus opdaag waarmee hulle ook veronderstel was om te ry nie en almal Victor ewe skielik troos sonder dat hy in dié stadium van die moorde geweet het, het hy aanvanklik gedink Bylsma het die twee vriendinne ontvoer, verduidelik hy.

“So, iemand wat jy van plan was om uit te vra is ontvoer en jy weet wie het haar ontvoer, maar jy sê nie vir ’n volwassene op die skoolterrein daarvan nie?” wou Nel weet.

Volgens Victor het hy reeds vir Bredenkamp van die gesprekke vertel en kon hy agterkom dat die volwassenes op die skoolterrein reeds meer as hy weet oor waar die twee meisies is. Hy het wel probeer om Sharnelle se pa, Ronnie Hough, te bel. Hy kan egter nie onthou of hy daarin kon slaag om hom in die hande te kry nie.

“Dit is waarom ek oom Ronnie se nommer gekry het. Volgens my was dit die belangrikste mens wat moes geweet het. Ons almal het geweet die ouer mense wat daar was het klaar geweet wat aangaan.”

Bylsma ontken dat die betrokke gesprek waaroor Victor Woensdagoggend getuig het, ooit plaasgevind het. Hy erken wel dat hy die betrokke aand ná 01:00 na die koshuis toe gegaan het en vir Sharnelle gevra het om buite toe te kom om oor hulle probleme te praat. Hy sê hy is toe later weg en Sharnelle is terug in die koshuis in, sê hy.

Om die verdediging se argument verder te staaf, het Nel uitgewys dat Victor se vingerafdrukke ten tye van die moorde op Sharnelle se selfoon gewerk het. Dit volg nadat Victor gedurende kruisondervraging erken het dat hy en Sharnelle hul vingerafdrukke op mekaar se selfone geregistreer het om mekaar se selfoonwagwoord te ontsluit.

Nel voer aan dat hoewel Sharnelle dood was, Victor se vingerafdruk steeds haar wagwoord kon ontsluit om foto’s, wat Ronnie vroeg die oggend van sy dogter se dood gekry het, aan hom te stuur.

“Ek sê nie dat jy betrokke was by die voorval nie. Ek wil dit net aan jou stel dat jy die boodskappe kon stuur. Daar is ten minste ’n moontlikheid dat jy betrokke kon wees,” het Nel verduidelik.

Die verhoor hervat Donderdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Pierre ·

Nie noodwendig nie. ‘n Dooie vinger kan ook die foon ontsluit. Bylsma bou ‘n verweer, selfs al het hy haar gedreig dat die vermeende fotos na haar pa Ronnie sou stuur….maw haar dooie vinger sou sy doel verwesenlik en sy albi/ verweer staaf. Onthou, die Staat gaan omstandigheids getuienis lei tov van selfoon data wat Bylsma se verweer saam met hom in die tronk gaan sal vrot.

Iemand ·

Dis n interesante wending. Klink of beide Xander en Victor ouens is wat bietjie “posessive” is. Meisies as n ou dink hy het die reg om jou boodskappe te lees, hardloop weg…

DS ·

Het Bylsma nie klaar skuld erken nie? Hoe lekker vir hulle om die saak uit te rek en meer geld te maak

JK ·

@DS glad nie die geval nie, as jy enigens gevolg het, se die laaitjie dat hy gedwing was om te erken, en dus gaan die hofsaak verder, niks te doen met geld nie.

Cherokee ·

Bylsma ontken dat die gesprek waaroor Victor Woensdagoggend getuig het, nooit plaasgevind het nie.
So, hy erken dus dat die gesprek plaasgevind het.

Griet ·

Ons was te vrek bang op koshuis om ‘n voet verkeerd te sit. Geen rondsluipery na ligte uit nie. Hopelik seëvier die waarheid en kan geregtigheid geskied.

wilma ·

Toe ek gister lees van die Victor-vriend wat ook die aand daar gekuier het, het ek geweet hier gaan moontlik blaamverplasing gebeur want nou is daar ook ‘n tweede verdagte. Wat ‘n tragedie het hom hier afgespeel en die hartseer wat die ouers moet deurmaak. Sterkte weer eens aan julle almal.

chrisjan ·

Adv.nel gryp na strooihalms.En dis wat dit is – strooi.

Ja swaer ·

Bylsma lieg man, dis duidelik. Hy se self hy was na 01:00 die oggend by Sharnelle om oor hulle probleme te praat. Dit klop met Victor se getuienis oor die oproep deur Bylsma – ek is seker selfoonrekords wys die oproep. Dus erken Bylsma hy en Sharnelle het probleme gehad. Ek is seker die staat sal nog getuies roep om dit te staaf, dit bewys Bylsma se motief. Dit word nie betwis dat Victor Sharnelle wou uitvra en gevoelens had vir haar nie. Dus, is die poging tot blaam skuif bra flou. Victor had geen rede om Sharnelle te vermoor nie. Bylsma wel.

Felicia ·

Ek glo Victor net niks nie.. Hulle was nie eers n item nie n julle deel n vinger password.. As hy geweet get wat se vinger sy gebruik om Haar foon oop te maak kon ht dieselle gedoen het om dit te ontsluit en hom vinger password te add.. Baie maklik.. So daar is n slang in die Gras..

Susan ·

Ek en 2 van my goeie seuns vriende deel ook ‘n vinger password.

Mariaan ·

Hoekom sal jy erken jy het hul vermoor????? Als vertel wat gebeur het…en nou het jy die REG om jou storie te verander en met “slim” advokate iemand anders te blameer…..ons regsstelsel is vrot!

Sic? ·

Moet dit nie Galgsma wees nie . Hulle en die Dros een lyk soos van koning Darius se mense . Elke pa het nou n profiel van waarvoor hy die Pitbull voor moet se ” SA”

Domvraag ·

Ai wat is fout adv Nel. Is hierdie weer n geval waar al die getuies en bewyse daarop neer kom dat Bylsma die moordenaar is, maar dat u dit nie insien nie., of is dit weer “as instructed by my client”?
Hierdie vermorsing van belastinggeld sal net stop as n swaarder straf opgelê word vir n moordenaar wat onskuldig pleit wetende dat hy skuldig is.

Dom Astrant ·

Ek wonder of Nel besef hoe kinderagtig hy voorkom? Hy wou haar vra om uit te gaan met die oog op haar beter leer ken, nie trou nie. En dan het hy nog ‘n Rugby Wedstryd gehad, hy moet klaarmaak en by die bus kom, hy sien haar mos daar. Jy dink altyd op daardie ouderdom die ex is ‘ n psigopaat nie. Ek se nie hy mag nie besorg wees nie maar seuns van daarnie ouderdom het baie ander dinge om aan te dink soos skoolwerk en sport. As hy haar elke beweging gemonitor het sou ek bekommerd raak. Nel is ‘ n boellie.

MJ ·

Ek stem saam met jou. Belaglik!
Dis nie asof hulle op trou gestaan het nie.

antie ·

hierdie antie kan nog nie glo watter streke die knaap nog gaan uithaal nie…nou wil hy nog mense vals beskuldig…. hy het sy pa al uit die familie-plaas….. die bewyse is daar dat hy sy ma wou forseer om mense om te koop …. hy is is n ruggraatlose maaksel en abuser van sy ouers [net omdat hulle hom grootgemaak het …. hy klink of hy sy ouers se lewes maar hel was a g v sy abuse en of hy maar kapokhaantjie gewees het omdat hy n rykmanskind was…klink of dit met mamma se hulp was] … en ruggraatloos om sy pak te vat…. sal nie verbaas wees as hy nou ook gaan pleit hy het sielkundige probleme en moet inrigting toe gaan …

Jaco ·

Wat ek wil weet is hoe slaap iemand wat n selferkende beskuldige probeer verdedig om goed op te maak. Ons almal weet hoe werk die gereg en hoe maklik is dit om n klip id bos te gooi en dan moet alle energie daaraan spandeer word om uit te wys dat dit net snert is. In tussen moet die slagoffers se familie deur al die verhore ens gaan en die ding kom nie tot n einde nie. Wonder maar net altyd as ek die sort goed sien, hoe sal die verdediging voel as dit met hulle gebeur het?

Liezel ·

Hoe sit mens daar en luister hoe jou advokaat jou sonde probeer afskuif op iemand anders?? Geen ruggraat!!

sarel ·

dis hoekom ons is waar ons is. die afrikaner se morele waardes in alle opsigte het gedaal tot n baie lae vlak. dit sal met ons net slegter gaan.

Mg ·

Waar is d koshuis tannie wat d koshuis oopgelos het ? Sy kort ook straf.

Marinda Hattingh ·

Ag, asseblief! Dink jy nie sy kry swaar genoeg nie?!

Annie ·

Vra ek ook Mg… dis hoekom ek se in hierdie hele saak is baie los punte…

Kas ·

Mg, die tannie voel sekerlik sleg oor wat haar onverantwoordelike optrede veroorsaak het maar ek voel sy is onbevoeg om haar werk te doen.Sy get haar deur kinders laat om die bos lei.Xander het ‘n bekentenis gemaak en uitwysings op die moordtoneel uitgewys.Hy erken hy was daai oggend by Charnelle.As by nie die moorde gepleeg het nie hoe sou hy die uitwysings kon doen.Was haar nuwe liefde betŕokke.Charnelle her nie selfmoord gepleeg nie en wie het Marna vermoor.Bylsma keer nou vir sy wickets.Ons glo almal dit was hy maar hy moet nog eers deur die hof skuldig bevind word.

Annie ·

Die hele saak is net te deurmekaar..
1. Die enigste 2 mense wat in die koshuis oorslaap? Die deure is oop na 10 in die aand? Waar was die persoon in beheer na 10.. hoekom is daar nie gekyk dat die deure wel gesluit was nie en dat net die 2 meisies in die kamer was nie…
2. Dan om ‘n vingerafdruk pin met jou eks te deel?
3. Jy sit by jou vriendin wat jy beplan is om te vra om met jou uit te gaan.. na 10 die aand in haar kamer… haar ex bel haar en vra haar die vreemde vraag .. jy as iemand wat baie verlief is stel nie die persoon in beheer van die 2 meisies in kennis nie en jyself gee ook nie om vir hul veiligheid nie want jy verlaat self eers na 12 die kamer.. het jy ten minste seker gemaak dat die deur gesluit was…
4. jy gaan soek nie die persoon op wie jy vreeslik verlief is toe jy sien maar die persoon is nie op die bus nie?
Se maar net.. kan ‘n geval wees van tiener hormone en gewone dom onnoselheid of …

Sê sommer net ·

Wat vir my vreemd is, is dat Bylsma nooit die Victor outjie genoem het nie. As ek in die sop land, sal ek beslis my handlangers ook saamvat. Hoekom kom hierdie ou nou ewe skielik in die prentjie?

AH ·

Gesonde verstand sê dat Bylsma skuldig is soos hy net na die moorde gebieg het. Nou praat sy regsspan hom klomp snert in die kop om hom te probeer los kry. Hulle moet immers soveel geld uit die besigheid maak as wat hulle kan!

Kas ·

Sê sommer net,destyds her die berig gese Bylsma en Charnelle was in ‘n verhouding maar sy het die verhouding be winding.Die oggend van die moord was Bylsma om ongeveer een uur by Charnelle.Hy was dus die laaste person wat haar lewend gedoen het lyk dit vir my.Ek vra weer hoe kon hy die uitwysings gedoen het as hy nie die een is nie.Victor her geen uitwysings gedoen nie maar die volgens ogģend doen hy geen navraag oor Charnelle met wie hy wou uitgaan nie.Hulle sou tog die oggend op dieselfde bus gewees het.Sou hy geweet het van Bylsma se woede teenoor Charnelle.Hy sou nooit toegelaat het dat Bylsma Charnelle vermoor nie.Was Victor ‘n koshuisjapie of dorpsjapie.Tot Nou was sy naam nooit genoeg nie.Ek kry die idea Bylsma gee nou almal die skuld om uit die tronk uit te bly. Die skuldige star regsvereideling ook in die gesig.

Tienie ·

Ek hoop geregtigheid sal geskied vir die twee meisies se part.

Maar glo my. Hierdie berig het my so deurmekaar dat ek geen kop of stert verstaan nie.

Waaar gaan ons mense heen?

Dawie ·

Al wat die prokureur doen is om verwarring en onsekerheid te skep sodat daar nie bo alle redelike twyfel kan bewys hy is skuldig nie!

Maureen ·

Waar daar n rokie is, is daar definitief n vuurtjie. . Daar is teveel hoekoms,waaroms en verduidelikings. Hy moet betaal vir sy dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.