Stella-saak: ‘Toe hang ek haar op’

Xander Bylsma in die hof. Foto: Mariné Lourens

“Toe praat ons bietjie oor haar kêrel wat sy nou het. Toe vra ek stuur hy spesifieke foto’s vir haar, toe sê sy ja. Toe maak sy my seer van voor af. Toe hang ek haar op.”

Dié ysingwekkende woorde van Xander Bylsma (19) is op 26 Mei 2018 vasgevang op ʼn bandopname van ʼn gesprek waarin hy teenoor die private speurder, Chris Saunders, oor die moord op twee hoërskoolmeisies gebieg het. Net ure vantevore is Bylsma se eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar vriendin Marna Engelbrecht (16) se liggame in hul koshuis by Hoërskool Stella in die Noordwes-dorpie aangetref.

Sharnelle se liggaam het aan ʼn nylontou aan ʼn trapreling gehang, terwyl Marna se liggaam met ʼn handsakband om haar nek in die badkamer aangetref is. Albei is verwurg.

Volgens Bylsma se bekentenis teenoor Saunders, het Marna eerste gesterf. Daarna wou hy nog probeer om dinge tussen hom en Sharnelle uit te sorteer.

“Ek wou praat, en dinge uitpraat,” sê Bylsma op die bandopname.

“Maar toe lê die vriendinnetjie klaar in die badkamer dood?”

“Ja oom.”

In die bandopname verduidelik Bylsma hoe hy die nylontou om Sharnelle se nek gebind en haar by die trapreling laat afsak het. “Ek het ʼn knoop gemaak om die trappe se ding. Toe ryg ek die tou deur en toe sit ek die tou om haar nek. Toe stamp ek haar af.”

“Toe stamp jy haar af?”

“Ek het haar nie afgestamp nie, ek het haar net neergesit.”

“Nou hoe het jy dit gedoen?”

“Haar afgetel en saggies neergesak.”

Later in die opname hou Bylsma egter ʼn ander weergawe van gebeure voor. Sharnelle wou nie meer lewe nie, beweer hy.

“Wou sy nie meer lewe nie? Hoekom wou sy nie meer lewe nie?” vra Saunders se stem.

Sharnelle Hough

“Ek dink sy’t ʼn foutjie gemaak, oom. Toe ek en sy nog saam was, in Februarie, Maart se kant… toe vind haar pa uit sy stuur kaalfoto’s vir ander seuns. En toe is haar pa ʼn bietjie onredelik met haar en toe ek haar gevra het stuur sy sulke foto’s weer vir ander seuns, toe sê sy ja en toe sien ek… Ek weet nie. Dis asof sy nie lus vir die lewe…”

“Is dit hoekom sy nie geskree het [nie] en goed?” vra Saunders.

“Dis hoekom sy nie geskree het nie,” antwoord Bylsma. “Daar was net een voorwaarde. Ek moes seker maak dat sy ‘uitpass’ voordat ek haar… [onduidelik].”

“Nou hoe het jy haar laat ‘uitpass’?”

“Ek weet nie wat noem mens dit nie, maar dan sit jy jou elmboog so om haar nek en dan druk jy haar vas en dan…”

“Ja, so sy was ‘uitgepass’?”

“Ja. En dit was die enigste voorwaarde.”

Hoewel dié bandopname op die oog af verdoemend mag lyk, het daar vandeesweek ʼn verhoor binne ʼn verhoor in die hooggeregshof in Mmabatho ontstaan oor of hierdie opname enigsins as bewysstuk toegelaat moet word.

Die staat voer aan dit is ʼn bandopname van Sharnelle en Marna se moordenaar wat erken hoe hy hulle vermoor het. Die verdediging daarenteen sê Bylsma is voorgesê wat om te sê.

Bylsma se regspan het vandeesweek aan die hof gesê die bandopnemer was tussen 30 en 40 minute afgeskakel tydens die gesprek tussen Bylsma en Saunders en dit was in dié tyd wat Saunders hom beïnvloed het om skuld te erken en aan hom voorgesê het wat om te sê. Saunders ontken dit. Ja, die bandopnemer was in ʼn stadium afgeskakel, sê hy, maar vir minder as ʼn minuut. Hy het nie vir Bylsma voorgesê wat om te sê nie.

Tot watter mate Bylsma onder die invloed van voorskrifmedikasie was tydens sy “bekentenis” aan Saunders, is ook onder ʼn vergrootglas geplaas. Die verdediging beweer Bylsma het dié dag ʼn oordosis voorskrif-angsmedikasie geneem omdat hy probeer het om selfmoord te pleeg. Hy was dus weens die invloed van die medikasie nie nugter en helder van verstand toe hy beweer het hy het die moorde gepleeg nie.

Tog het verskeie getuies vandeesweek in die hof getuig Bylsma het nugter en by sy volle positiewe voorgekom die dag wat hy teenoor Saunders gebieg en later ʼn formele bekentenis aan die polisie gemaak het.

Wanneer die verhoor op 13 Mei hervat, sal nog getuienis aangehoor word om regter Ronald Hendricks te help besluit of die bandopname as bewysstuk toegelaat sal word of nie. Tot dan bly Bylsma in aanhouding in die Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng.

Die jong man staan tereg op twee aanklagte van moord in verband met die dood van sy Sharnelle en Marna.

Lees alle vorige berigte oor die Hoërskool Stella op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Ria Maritz ·

Dit skree ten hemele. Mens is eintlik woordeloos. Mag geregtigheid seëvier.

Neels ·

Nou word hy voorgese en n prentjie geskildet deur geldwolwe . Hoekom het sy eerste regsverteenwoordiger onttrek, sekerlik omdat sy gewete meer tel as geld

Heinrich van Zyl ·

Dit gaan my verstand te bowe hoekom kinders in verhoudings betrokke wil raak.
Om die waarheid te sê, ek kan nie insien hoekom enigiemand voor 30 in ‘n verhouding betrokke wil raak nie.

Of Nie ·

Ek stem nie saam nie. Ek en my man het in standerd 9 begin uitgaan. Ons nou al 13jaar saam. Ek is baie bly daaroor, ons kon saam mekaar groei, universiteit toe gaan, begin werk en als saam opbou. Nou nog baie gelukkig. Hoekom se jy spesifiek 30?

Heinrich ·

Sommer net omdat 30 n ronde getal is. Ek kon seker 29 of 31 ook sê. Ek vermoed net baie mense in hul 20’s ken hulself nog nie goed genoeg om hul aan iemand anders te verbind nie. Daar is natuurlik baie uitsonderings. Maar om op skool al suksesvol in verhoudings betrokke te raak, klink hoogs uitsonderlik. Op daai ouderdom is dit ook nie nodig om “dinge te probeer uitpraat” nie. Beweeg eenvoudig aan. Die see is propvol visse. Jy praat net dinge uit as jy getroud is.

Anoniem ·

Rerig Heinrich, jy’t seker in die 30 of 40’s grootgeword. Ek en my bruid het begin uitgaan in ’79. 1980 is ek weermag toe en in 1984 is ons getroud. Hierdie jaar is ons 35ste jaar van getroude kewe

Helena. ·

Dom kinders in n werêld waar hulle groot mense probeer speel. Dis n duur spel. So jammer vir die ouers aan drie kante.

Blommie ·

Regtig Helena!
Jou kommentaar is onvanpas, seker maak jy engeltjies groot…
kinders word groot en leer om geselskap te kry wat somtyds in verhoudings uitloop.
Dis bitter jammer wat met hierdie kinders gebeur het, ek is 100% seker toe sy met die SIEK mannetjie in n verhouding ingegaan het nie besef hy is mal nie. NIG MINDER probeer grootmens speel!

Nika ·

Hoe kan iemand so n prentjie skilder van moord as hulle nie self daar was nie? Aan Heinrich jong ek is eers op 26 getroud, ek stem saam dat sulke jong kinders niks weet van liefde en verhoudings nie want alles is in vandag se dae ‘aanlyn’. Waar in jou lewe stuur n meisie van so ouderdom naak foto’s? Dis omdat hulle vrye toegang het tot internet en selfone en dit nie beheer word deur ouers nie. So ja kinders van vandag wil ‘groot-mense’ wees en grootmens dinge doen maar hulle het nie die vaagste benul van grootmens dinge of liefde nie, vir die ouergardes wat in 1979 nog ‘gekuis’ en ‘kersopgesteek’ het, julle tel nie julle het nie in n wêreld groot geword waar meisies van 16 naak foto’s stuur nie. Julle het grootgeword waar vrouens trots was om rein te wees en liefde het nog iets beteken, in vandag se dae gaan dit hoe populêr jy is, saam hoeveel mans jy al geslaap het, en jou instagram ‘likes’. Dis die realiteit van die wêreld waarin ons lewe. Ek hoop dat geregtigheid geskied sal word vir hierdie twee pragtige lewens wat geneem is want hy het nie die reg gehad om hulle lewens te neem nie. Ek hoop ook dat hy sy fout sal agterkom en net die waarheid sal praat.

Stephen Namibia ·

Bylsma se ouers en familie moes tog agterkom dat hierdie man uiters sielkundig versteurd is.

Abe ·

Stephen Namibia,
Ouers, familie, die wie naby n persoon is sien sulke dinge en hoop ‘ag dis nie so erg nie’ en ‘ag, dit sal wel later beter gaan’. Liefde maak mens blind vir foute van geliefdes.

Ander Annie ·

Tragies. Drie families se lewens wat in ‘n oogwink verander het. Sosiale media en tegnologie. Weet ons as Ouers regtig met wat speel ons kinders op selfone? Dit moet onbeskryflik seer vir hierdie families wees.

Tiger ·

Ander annie ek stem saam met u dis tragies.Maar TE veel ouers WEET NIE waarmee HUL kindertjies besig is op hul slimfone nie.Hulle VERTROU mos hul bloedtjies met Whatsapp en Face Book en al die ander media platformpies op die internet!
‘n Skoolkind behoort net ‘n gewone selfoon te he wat deur die ouers gemonitor word EN waarvan die bel geld beheer word.Maar ongelukkig is vandag se ouers TE besig om sulke beheer toe te pas.Ek weet want ek het ook kinders en kleinkinders!

Abe ·

Dit is belangrik dat toe die opname gemaak is, het Xander nog nie die moordtoneel weer besoek nie en tog het hy presies geweet wat gebeur het, bv. hy het presies geweet waar Marna was, dat sy eerste vermoor was, waar Charnelle gehang het, waar en hoe sy vasgemaak was en saggies laat sak was.
Die antwoorde wat hy in die opname verstrek, kon net deur iemand gegee word, wat tydens die moorde op die moordtoneel was.

Mark ·

Dit is sy verdediging se bewering dat die polisie hom voor gese het. Hulle het tog alles gesien en kon hom dus inlig. Dink nie jou saak sal staan nie Abe.

Abe ·

Mark,
Alles wat jy se toegegee, dan bly dit n geweldige hoeveelheid inligting en n ingewikkelde scenario vir hom om te onthou en weer te gee. Dan nog bo op alles, hoe het die polisie hom oortuig om al die skuld van 2 moorde op hom te neem. Hy is mos darrem ook nie ‘n skaap nie.

Suzette ·

Iets klink nie vir my hier lekker nie. Hoop regtig die volle waarheid kom uit.

Abe ·

Suzette,
Wat klink nie vir jou lekker nie?
Ons almal hoop dit.

John ·

Kan hierdie gruwelike sake nie maar vir koerante gelos word nie? Ons ge’hmmm gaan geen duit aan die saak verander nie… net ons gemoedere laat hoog loop.

Gert J ·

Enige mens met bietjie logika kan verstaan en sien wat het hier gebeur. Noudat hy besef wat wag vir hom wil hy uitkom.

Abe ·

Gert J.
Juis, toe hy kwaad was en nie n hel omgegee het nie,het hy alles erken, maar nou dat hy bietjie gedink het wat dit vir hom beteken, wil hy alles doen om homself te verontskuldig, soos jy se hy wil nou uitkom.

ek sê maar ·

Ja…arme ouers. Arme kinders – almal. There BUT for the grace of God go I

Robert ·

Ek sien dit is dieselfde regter wat die Coligny 2 tronk toe gestuur het – wonder maar net

Tanya ·

Ek mag nie oordeel nie net God mag oordeel. Wat het jy gedink jou lewe weg gegooi.

Spike ·

Onthou, ñ misdadiger pleeg ñ misdaad en wil in alle omstandighede wegkom daarmee. Hulle erken dit nie en is ook nie skuldig nie agv hul siegese vermoëe. Xander gaan sy ouers finansiëel uitroei.

Karolis ·

17 Jarige meisie stuur naak foto’s van haarself? ………….uhm

Carina ·

Dit is meer algemeen as wat jy dink…
Hartseer dat meisies nie besef wat hulle aan hulself doen nie, deel van die siek samelewing waarin ons kinders moet grootword, dit is deesdae die norm en as hulle dit nie doen nie word hulle as “kloosterkoeke” en hoe okal geklassifiseer. Ek voel jammer vir kinders vandag, ek was self nie te lank terug nie daar en dit raak net al moeiliker.

Gustav ·

Carina, ek was bitter lanklaas n kind, so ek sal jou glo. As dit wel so is, hoe kan ons ooit dink dat dinge in die land beter sal gaan? Ons kan maar vir die VF+ stem, vir Afriforum en Solidariteit ondersteun, ens.
Dit sal net mooi niks help nie. Ek vermoed al hoe meer God het SA verlaat as ek sulke dinge hoor. En dis hoekom dit so sleg gaan. Geen nasie was nog ooit in sy geskiedenis sondeloos nie, maar deesdae gaan dit darem erg.

chantelle ·

ja neh Dis n groot problem Ouers moet hul kinders fyner dophou met tegnologie
die naak fotos en pornografie is orals
en kyk hoe neem moord toe

TLC ·

Ja Karolis
Sy is dood en kan haarself nie beskerm teen al sy lieg stories nie
Elke moordenaar het mos maar sy kant van gebeure
After all
Hy lewe nog

Abe ·

TLC,
Ja, wat n verskriklike waarheid raak jy nou aan: Sy is dood : Hy lewe nog.

Linette Sauer ·

Wat die ergste in so situasie is, is dat party meisies baie belang sal stel in Xander. Dat hy rof en manupilerend en “bossy” was sal hom vir party nog meer interresant maak.

Seun ·

Seun ek sit en wonder wat het in jou lewe skeef geloop, dat jy so iets gedoen het. My hart bloei vir jou want jou hele lewe le voor jou. My simpatie is met jou ouers hulle verdien dit ook nie. Dan die familie van die twee dogters vernaam hul ouers, wens ek kon iet se wat die pyn wegvat maar ek kani. Seun een fout en kyk hoeveel mense se lewens is geraak deur wat jy gedink het is reg. Hoop ander jong mense leer hier deur sy fout.

Alma ·

Sjoe, sy was darem maar pragtig! So jammer dat dit gebeur het. Wie het tog nie al dwase dinge aangevang toe jy jonk was nie… gelukkig vir meeste van ons lei dit nie na die dood nie.

Piet Grobbellaar ·

Hier is ‘n derde mag betrokke ek sê vir julle. Xander se storie maak nie sin nie. ‘n derde mag is die enigste anrwoord

Sara ·

3de mag? Seker pappegaai of tik; ja dan was daar 3de mag. Dis verstommend hoe gevoelloos en arrogant hy is. Die arme ouers van die meisies wat moet aanhoor hoe hulle laaste minute op aarde was.

Suzette ·

Ek wil met jou saamstem Piet. Kry die gevoel daar is ‘n ander storie. Dit maak gewis nie sin nie.

Pop ·

Koop n tou en neem dit saam koshuis toe. Ek noem dit beplan om te moor

lvdh ·

Hy sal vir waarneming gestuur word maar niè tronk toe nie. Hy is n baie SIEK individu wat “gaan wegkom met n dubbele moord”. Hoe in des vredesnaam raak n kind so totaal “verlore”, wat dryf n kind tot sulke uiterstes? Hierdie gaan my verstand te bowe.

ES ·

Dit als wys na ‘n passie moord.

Dit klink vir my of hy verskriklik jaloers was omdat sy daardie “spesifieke” fotos vir ander ouens gestuur het. Dalk het sy dit inisieel vir hom gestuur en hy het gevoel daardie intieme dinge moes net vir hom bedoel gewees het.

En as hy haar nie kon kry, mag niemand haar kry nie.

Enige man wat ‘n skoolseun was wat al smoorverlief was op ‘n meisie, het al een keer in sy lewe so gevoel. Hierdie jong man het net een stap verder gegaan en sy denke in aksies gesit.

Absoluut tragies.

Abe ·

ES,
Jou laaste paragraaf laat dit lyk of hierdie maar n algemene menslike ding is wat n bietjie te ver gevoer is. Dit is glad nie so nie. Hierdie is n uiterste voorbeeld van n demoniese bevlieging wat slegs by n besonderse vatbare karakter kan posvat.

Jacques du Toit ·

Nee wat ES, ek was seker maar nog nooit verlief genoeg nie, maar ek was nog nooit so besitlik op ‘n meisie nie.
Selfs nou dat ek aan die ander kant van 40 is, is ek baie meer erg oor my speelgoed as oor vroumense.

Landi ·

Kan nie dink dat ouers 2 dogters alleen in n koshuis laat oorbly nie, wonder of daar nie ook leuens vertel was aan die ouers nie. Ek sou dit nie toelaat nie, al is dit n skoolkoshuis, dis moeilikheid soek. Ouers moet bietjie meer belangstel wat op hulle kinders se fone aangaan.

Heinrich daar is niks ouliker as n “skoolkys” nie. Maar n ongelukkig hou kinders hulle desdae met groomens dinge op en dis waar die bollie inkom

Gert ·

Hul ht daar saam ander kinders oorgebly oor hul vroeg die volgende oggend met bus sou vertrek vir sport . Die ouers bly ver op plase en hier by ons is dit niks snaaks vir plaaskinders om n vrydag aand agter te bly as daar saterdag sport is nie. Dis die platteland en n klein gemeenskap

Rina Kotze ·

Ag dit is so onnodig!

Laat hulle hom onder kruisverhoor neem in die hof sodat die waarheid eens en vir altyd kan uitkom en hou op spekuleer en tydmors.

Sterkte aan die betrokke families.

Abe ·

Rina,
Nie so maklik nie. Die gereg moet sy gang gaan, en dis.goed dat dit so is.

Rina Kotze ·

Ag dit is so onnodig!

Laat hulle hom onder kruisverhoor neem in die hof sodat die waarheid eens en vir altyd kan uitkom en hou op spekuleer en tydmors.

Sterkte aan die betrokke families.

Lindtjies ·

Dit is maklik om te sê sy het naak fotos van haarself gestuur want sy is dood en kan haarself nie verdedig nie. Dit lyk vir my die outjie is ‘n baie jaloerse tipe persoon wat haar dit nie gegun het om aan te beweeg nie. Jong kinders raak te intens by mekaar betrokke en dink dit is die liefde van hulle lewe. Wees minder ernstig en geniet julle jong lewe voluit voordat julle in verhoudings betrokke raak. Daar is baie tyd daarvoor as julle volwasse is.

anna ·

dit gaan my verstand te bewoe hoe jongmense vandag optree nog so jonk sy lewe het nog nie eers begin en kyk waarin hy hom bevind. Wat se hartseer en pyn laat hy al die ouers ,ek glo hy hoort nie in die samelewing sielkundig is daar n problem met hom. Hoop die net hy sal tot besinning kom en bereid wees om sy lewe nou te vernuwe . Sterkte aan die ouers wat hul twee dogters verloor mag God jul dra en vetroos hou van aan God hy weet die beste vir elkeen van ons en ook aan sy ouers sterkte. Ek het my dogter verloor deur in n verkeerde verhouding dis n bitter swaar tyd in my lewe maar ek klou aan God weet Hy sal vir n uitkoms sorg. wat ek prober se ek het darem my kind nog julle het niks wat nog erger is en boonop so wreed van julle afweggevat sterkte bid vir julle

liefie ·

Moet daar met elke berig ‘n foto van hierdie vent geplaas word? Maak my siek om na hom te kyk.

Hannelie ·

Mag geregtigheid geskied soos met Don Steenkamp en Henri van Breda. Net daardie seun en God weet wat daai aand gebeur het,die arme meisies ook, maar hul lewens is kort geknip. Jaloesie is ‘n groot siekte. Vir sulke verhoudings moet jy ver weghol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.