Stella-verdagtes vra borgtog

Argieffoto: Pixabay.com

Die sewe mans wat aangekla word van die moord op Ben Molwele (56) se borgtogaansoek is Vrydag in die landdroshof in Vryburg in Noordwes aangehoor.

Die aansoek is egter nie afgehandel nie en gaan Maandag voort, het kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, bevestig.

Frederik Theodorus Scholtz (59) en sy twee seuns, Frederik Theodorus Scholtz jr (26) en Christo Scholtz (24), het saam met vier plaaswerkers, Daniel Thameng (21), Moholo Katlego (29), Thamene Abel Phogisho (29) en Modisaotsile Links (26), in die hof verskyn.

Die sewe word aangekla in verband met ʼn voorval waartydens Molwele verdwyn het ná hy glo ontvoer is.

Molwele se familie het hom op 17 Januarie by die Stella-polisiestasie as vermis aangemeld.

“Volgens die inligting wat ontvang is, het plaaswerkers Molwele en twee ander mense agternagesit ná hulle in ʼn stoorkamer betrap is. Na bewering is boere ontbied toe Molwele gevang is. Daar word ook beweer dat Molwele aangerand, in ʼn voertuig gelaai en langs die N18 afgelaai is,” het Myburgh bygevoeg.

Molwele se liggaam is Sondag 10 Februarie omstreeks 10:00 langs die N18, ongeveer 20 km buite Stella, gevind ná ʼn grootskaalse soektog deur verskeie polisie-eenhede. “Beamptes het die beskuldigdes in hegtenis geneem kort ná Molwele se liggaam gevind is.”

Al die beskuldigdes bly in aanhouding, buiten Frederik Theodorus Scholtz (59), weens sy swak gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Wat word bedoel met wil nie leer nie, kry eers jou feite bymekaar voor so stelling gemaak word.

IK ·

Ek verstaan, die man het seker iets dringend nodig gehad en toe dit wat gebeur. Vra eers wat die behoefte is. Dis nou ‘n land van ‘vat wat ek nodig het’.
Ek kan net nie verstaan dat swak gesondheid jou toelaat om deel te neem en die gebeure.

Abe ·

SjN,
PJC is heeltemal reg.
Mense leer nie dat jy nie self straf uitdeel as daar op jou eiendom misdaad gepleeg word nie. Jy wag dat daar behoorlik ondersoek na die saak ingestel word en dat straf dan deur die betrokke (amptelike) owerhede toegepas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.