Stellenbosch-aanval: Seun by familie

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Henri van Breda, die 20-jarige seun wat Dinsdag die aanval op sy gesin op die luukse De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch oorleef het, gaan tans by familie tuis.

“Met Henri gaan dit redelik onder die omstandighede,” het Don Bosman, ʼn prokureur en familievriend wat as die familie se woordvoerder aangewys is, by navraag aan Maroela Media gesê.

Bosman het gesê Henri woon by sy oom in Stellenbosch waar alle professionele hulp wat hy mag benodig, verleen word. Dit is nie bekend of hy al oor die gebeure gepraat het nie.

Nothemba Mgani, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie, en dat daar geen nuwe verwikkelinge in die saak is nie.

Maroela Media het vroeër berig die gesin is glo Dinsdagoggend by die landgoed aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en die egpaar se oudste seun Rudi (22) is vermoor. Henri het die aanval oorleef, en sy suster Marli (16) het kritieke beserings opgedoen. Albei is na die voorval na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Henri het glo geringe beserings opgedoen.

Marli se toestand is Donderdag as kritiek, maar stabiel bevestig. Carla Hanekom, woordvoerder Mediclinic Suid-Afrika, het gesê sy word deurgaans dopgehou en geen besoekers word in hierdie stadium toegelaat nie.

Sy is aanvanklik by die Stellenbosch Medi-Clinic in die Wes-Kaap behandel maar is intussen na ʼn nabygeleë Mediclinic oorgeplaas.

Robert Daniels, woordvoerder vir die nooddienste in die Wes-Kaap, het vroeër gesê Marli het ʼn bylwond aan haar kop opgedoen, en haar nekslagaar is gesny.

Martin, Teresa en Rudi se begrafnisreëlings was nog nie teen Donderdagmiddag bekend nie.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-aanval op Maroela Media.

Die volgende insetsel is deur eNuus vervaardig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maronel ·

Iewers is ‘n groot laaaaang slag in die gras. Drie dood, een kritiek en een “glo” geringe beserings…..

Maronel ·

Iewers is ‘n groot laaaaang slag in die gras. Drie dood, een kritiek en een “glo” geringe beserings…..

jani ·

….. die naam DON laat dink my aan Griekwastad. en op die nuus was die seun se stem baie baie kalm nes die van die Griekwastad seun … eish moor die goed nou mekaar uit

marge van rensburg ·

Definitief i Grikwastad iets baie sinister. Jou lewe sal gespaar bly darom geringe beserings MAAR MOET lyk na i familie tragedie. Die kind word gebruik.Nie gedink Marli sal oorleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.