Stellenbosch-bylmoorde: Besluit dalk naby

Die Van Breda-gesin: Marli (h) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli en haar ma Teresa staan voor. Henri, Rudi en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Presies ʼn jaar ná die moord op drie lede van die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch is daar steeds geen verdagtes en geen antwoorde oor wat die oggend van 27 Januarie 2015 in die gesin se huis gebeur het nie.

Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is dood toe die gesin in hul huis met ʼn byl aangeval is. Hul dogter Marli (17) is ernstig in die aanval beseer, terwyl haar broer, Henri (21), geringe beserings opgedoen het.

Sedert die aanval het die owerhede ʼn sluier van geheimhouding oor die ondersoek getrek en weier hulle om enige besonderhede aan die publiek of media bekend te maak.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het wel Dinsdag bevestig dat die dossier terug is by die NVG. “Die NVG sal die dossier weer bestudeer om ʼn besluit te neem,” het hy gesê. Die dossier het die afgelope paar maande verskeie kere tussen die polisie en die NVG beweeg. Die NVG het die dossier glo verskeie kere teruggestuur aangesien hulle gemeen het daar kort meer inligting om ʼn inhegtenisneming te maak. Dit is dus nie duidelik of daar dié keer wel só besluit gemaak gaan word nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ondersoek kry die nodige aandag en word deur provinsiale speurders gemonitor. “Wees asseblief geduldig aangesien ons nie enige besonderhede oor die saak kan bekendmaak voordat dit nie in ʼn hof aangebied is nie,” het hy gesê.

Intussen het Ben Rootman, woordvoerder vir die Van Breda-familie, gesê hulle wil nie enige besonderhede oor die saak bekendmaak nie. “Die familie verkies om in hierdie stadium nie kommentaar te lewer nie om die polisieondersoek kans te geen om sy gang te gaan.”

Lees alle vorige berigte oor De Zalze op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Melt Olckers ·

Ons weet wie die skuldige is! Net soos in Griekwastad.

Tina ·

Ek wonder hoekom word hierdie saak onder soveel geheimhouding hanteer….?

m ·

Maar net nog ‘n mal mens wat gaan wegkom met sy gesin se moord. Net die sussie sit met die antwoorde wat op daai dag gebeur het en ek hoop regtig ‘n wonderwerk sal gebeur en dat sy sal begin onthou……..

Charlotte ·

Gee so saak vir Piet Byleveld….hy weet wat hy doen…..jare se ondervinding of vra ten minste sy opinie….hy was ons land se BESTE…..want hy WOU werk en het nie gerus voor sy werk voltooi was nie!! Ek hoop die skuldige/s word vinnig vasgetrek!!!!

n ·

Maklike antwoord op al julle vrae.Geld wat stom is maak reg wat krom is.Sal graag wil weet wie is almal bevoordeel om stil te bly en dan nog weer die patetiese speurwerk deur ons polisie……

Stem saam! ·

Ek stem saam, daar is miljoene om monde te snoer, sekere Polisie beamptes gaan ook nou lekker groot huise kan bekostig,maar op die einde van die dag moet hierdie persoon met sy gewete saamleef! Nog beter elke omgekoopte ook!

Laurika ·

Geen geheim dat daar baie geld agter gelaat is nie. En geld kan jou baie dinge koop. Kan nie help om te dink dat daar dalk geld uitgedeel is aan invloed ryke mense hier vir sekere gunste nie.

charmaine ·

Stem saam met almal se kommentaar hierbo. Die persoon is nie n onbekende ons kan hom by die naam noem. Hoop maar eeder vir die sussie se veiligheid sy herwin haar geheue as die persoon agter tralies is want ek dink sy is in gevaar. En die ou weet seker nou dat hy niks gaan erf nie! Net in n blikbord en n koekie seep.

alida ·

Natuurlik weet ons wie die skuldige is. Hulle onderskat mens se inteligensie.

Elinette ·

Sal ek jou kommentaar vir jou voltooi, Martin?

Kan die sussie nie onthou nie of WIL SY NIE ONTHOU NIE of WORD SY DALK GEDREIG en daarom WIL SY NIE ONTHOU NIE???

Berhalet Beukes ·

Hulle kon nie wag om Oscar Pistorius te vervolg nie maar bly tjoepstil hieroor? Hoe vertrou ‘n mens enigsins nog die NVG en regstelsel? Ons almal weet daar was geen spook by hierdie moorde betrokke nie… Ons almal weet ook, dis ‘n stewige boedel en nou spring almal op die soustrein om ‘n happie daarvan te kry terwyl hulle kan! Dit is immers voor die hand liggend dat hier ‘n helse slang in die gras vandag dag een is! Vervolg die skuldige, julle weet mos wie dit is!

Absoluut 100% ·

Absoluut Berhalet, daar was ook niemand op die perseel wat nie daar mag gewees het nie, niemand het by sekuriteit verby gekom nie -in sowel as buite om nie! Ek stem ook beskerm daai jong dogter,sy is nogsteeds in gevaar!

Sam ·

So bly julle was almal daar om te weet wie dit gedoen het. Gaan na die SAPD en gaan getuig daarna in die hof. Lekker baie getuies!

Martin ·

Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Dit is nie nodig om daar te gewees het om die regte afleiding te maak nie. Hoe rêg was die publiek met die Griekwastad moorde. 100%
Ons is weer reg. Gesels bietjie met daai boetie. Die sussie kan ook maar begin praat.

Elinette ·

Sam, by die meeste misdaad tonele is die polisie nie daar wanneer dit gebeur nie. Nou hoe kry hulle dit dan reg om hoegenaamd enige persoon skuldig te bevind aan watter misdaad ookal gepleeg is? Hulle maak afleidings, gebaseer op fisiese en forensiese getuienis en in sekere mate ook getuienis van mense wat dalk die misdaad sien gebeur het of die slagoffer van die misdaad self.

Die mense wat hier kommentaar lewer, doen so op grond van inligting wat in die media tot almal se beskikking gestel word. Nie een van die kommentators hier – glo ek – was op die misdaadtoneel tydens of selfs na die misdaad nie. Niemand van ons weet regtig wat agter die skerms aangaan nie, omdat die polisie – dom-onnosel genoeg van hulle – ‘n swaar sluier oor die saak gooi.

Dalk wás daar ‘n sake-sameswering (die pa was immers ‘n besigheidsman met baie belange), dalk wou iemand bietjie vroeër erf, dalk was daar ‘n gesinsrusie, dalk het die polisie (soos met die Inge Lötz-saak en Oscar Pistorius) ‘n bietjie ‘shoddy’ polisiewerk gedoen … dalk … dalk … Alles net bespiegelings.

Berhalet Beukes ·

So bly jy was daar om te weet wie dit NIE gedoen het nie! ;-) ;-) Lekker in die hof getuig!

Rynhardt ·

Onbekwame polisie het gesorg dat geen arrestasie met moord gemaak is nie.Een van verdagtes in familie is moordenaar! Vandag is die kans baie goed dat enige moordenaar met moord kan weg kom, danksy n onbekwame speurders wat top posisies beklee!

ELSABE ·

Dit is gladnie snaaks dat daar nog niks gebeur of van gehoor is nie. my man was die 24 ste Jan ‘n jaar terug aangeval beroof en gesteek met ‘n mes vaskemaak en agtergelaat vir die dood. tot nou geen polisie beampte hom besoek of iets van die bakkie gehoor nie. die polisie wat op die toneel was het nie eers die saak aangemeld nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gesiggie ·

Nee Regtig””’ iewers word iets weggesteek?? of iemand gedreig? Al gewonder hoekom nog niks verder van die saak gehoor het nie”’ Als te geheimsinnig…. Wees asb geduldig”’ tot hul enige verdere inligting het… is die Familie nie nou al moeg gewag” maar hul is nie bereid om enige iets bekend te maak”’ So ja iewers is daar Iemand betrokke” wat n invloed op als het. Sal graag wou dat die Sussie praat”’ Voorblad storie.. So ons wag en kyk maar.

Magdalena Pretoria ·

Stem Saam met n. Se kommentaar. …geld wat Stom is maak reg wat krom is. Saps net tè stil ….Dis voor die handliggend wie die skuldige is. Geen private investigation nodig om die puzzle se stukke in mekaar te sit nie.

wipgat ·

Ek dink die sussie is deel van die skuldiges. Sy maak of sy niks kan onthou nie, sy en boetie het dit dalk so gereel. Alles net vir geld, mens is banger vir jou gesin en familie-lede as die geweld wat aangaan in die land.

Martin ·

Julle wat so kommentaar lewer, die duiwel gaan julle vang. Julle mag nie die waarheid praat nie.

Ivorine ·

Sam ek stem saam met jou almal wys vingers maar niemand het bewyse nie. As di sogenaamde vry gespreek word kan hy dalk nog geld maak deur al die mense wat na hom verwys het as die skuldige dalk self vervolg word. Mense bly liewer stil en laat die howe nie saak handteer.

Sarel Strydom ·

Lat ek wegspring met no.1 aat vir Marli van Breda met rus,daardie mens het genoeg deurgemaak en verdien besliss nie sommige van die kommentaar wat gelewer word nie. is daar enigeiemand at kan bewys dat sy nie aan geheueverlies ly nie. Dit is bekend dat die brein dit doen om jou teen die skok wat jy ondervind het te beskerm. 2) Nog ‘n Stellenbos moord wat nie opgelos word nie, selfde as Inge Lotz, wie se moordenaar ook steeds op vrye voet is. 3) Soos gesien met Griekwastad moored is geheimhouding t.o.v. die ondersoek van kardinale belang. Wat gan gebeur as die medis vertroulike inligting in die hande kry. Stil bly? Dink nie so nie. So laaat maar die familie met rus, iemand sal wel eendag hiervoor geoordeel word. Onthou daar is ander Moordsake in SA wat ook no nie opgelos is nie soos o.a. die Heinz moord.

Martin ·

Jy kan nie die kommentaar keer of die Media stop nie. Dit is ‘n rêg in die land om jou mening te mag uitspreek. As daar iets fout mee was sou dit nie hier verskyn het nie.

Berhalet Beukes ·

Ek ruik rubber…. O…. Dis net meneer Strydom se harde voet op die petrolpedaal toe hy wegspring…. En woerts… Daar gaan hy…. ;-)

Annie ·

Almal weet wie het dit gedoen, klink soos die Oscar saak – almal skerm vir hom en volgens die koerante onthou sy sussie en sy kan praat – hoekom bly sy dan stil – of was sy deel daarvan en iets het skeef geloop.

F ·

Jy moenie alles glo wat in koerante staan nie. Dit is wat my Pa my geleer het.

Chris ·

Ek wil tog nie met n voorwerp gekap word en hoop ek oorleef dit net om deel van n fortuin te wees nie.

jaco ·

Die SAPD se ondersoeke na hierdie moorde op wit mense het n patroon van “ons worry nie eintlik nie en ons is politically correct”. By die de zalze moord lyk dit of die slagoffers se seun die skuldige is. Maar dis n wit man wat wit mense vermoor het, so who cares, want dis maar net 3 wit mense wat dood is. Met die Inge Lotz moord en die Griekwastad moorde weer, was dit polities korrek om onderskeidelik die wit ex-boyfriend en die wit seun wat oorleef het, te blameer. Hoe gaan dit dan nou lyk as swart SAPD-lede swart verdagtes vervolg vir moorde op wit mense? En Oscar weer is aanvanklik baie lig gestraf vir moord op sy wit girlfriend. As sy swart was sou hy summier lewenslank gekry het. Voeg nou by hierdie redenasie van my die onlangse verskynsel dat wit rassisme teenoor swartes BAIE swaarder gestraf word as swart rassisme teenoor wittes…

Martin ·

Ek wonder of die oorleef deel, deel van die plan was. Of is dalk die deel wat skeefgeloop het?

charmaine ·

Wanneer die saak afgehandel is sal die wat dink die familielid/familielede was onskuldig dan net weer hulle eier kom le?

Koekie ·

Een ding wat ek nie kan verstaan nie…die familie klink glad nie haastig dat di skuldige vasgetrek word nie.. Al wat hulle se is…laat die polisie hulle werk doen..en…die familie lewer geen kommentaar nie.. Ek sou nie net agteroor sit en wag nie, ek sou aan die polisie hammer en aanhoudend druk op hulle plaas om di moordenaar op te spoor! Nie waar nie? Maar net my opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.