Stellenbosch-bylmoorde: ‘Dís wat die aand gebeur het’

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda Dinsdag in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag buite die Stellenbosch-landdroshof vir die eerste keer besonderhede beskikbaar gemaak van wat glo presies die aand gebeur het toe ʼn egpaar en hul seun vermoor en hul dogter aangeval is.

Henri van Breda, die seun wat van die moorde beskuldig word, het glo ná die moord op sy ouers en broer eers sy vriendin gebel, en toe sowat twee en ʼn half uur daarna die nooddienste en polisie ontbied.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het aan verslaggewers verduidelik luidens die akte van beskuldiging is daar die aand van 26 Januarie 2015 verhefde stemme van die Van Breda-woning in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch gehoor. Volgens die akte het Henri op Dinsdag 27 Januarie 2015 omstreeks 04:24 sy vriendin gebel maar sy het nie geantwoord nie. Henri het glo om 04:27 ʼn Google-soektog gedoen vir noodnommers voor hy om 07:12 verskeie oproepe aan noodnommers gemaak het. Hy het glo om 07:38 weer sy vriendin gebel.

Henri van Breda stap Dinsdag na die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda stap Dinsdag na die hofsaal. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Die staat voer aan dat die polisie omstreeks 07:15 van die voorval ingelig is en saam met die nooddienste na die toneel ontbied is. Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op die toneel dood verklaar. Marli van Breda (toe 16 jaar oud) is met lewensbedreigende beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

ʼn Byl en ʼn kombuismes is op die toneel gevind en beamptes het daarop beslag gelê. “Die byl is waarskynlik gebruik in die aanval op die oorledenes. Die byl en mes kom uit die huis uit,” het Ntabazalila gesê. Volgens die staat was Henri op die toneel en hy het ʼn slaapbroek en wit sokkies aangehad. Daar was bloed op sy klere. Volgens die akte is die bloed op Henri se klere vir DNS-toetse gestuur en dit het positief getoets vir die DNS van die oorledenes. Henri het glo meswonde gehad, wat hy, volgens die staat, self toegedien het.

Die staat voer aan dat daar geen teken van gedwonge toegang tot die Van Breda’s se huis was nie en dat niks tydens die voorval gesteel is nie. Die veiligheidsmaatskappy in die landgoed het glo ook nie tydens die tydperk ʼn verdagte in die landgoed opgemerk nie.

Die staat beweer verder dat Henri aan die moordtoneel gepeuter het, homself leed aangedoen het en valse inligting aan die polisie verskaf het om hulle te mislei.

Van Breda is Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy hom Maandag aan die polisie oorgegee het.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Chris Lombard ·

Nou as dit so eenvoudig is, hoekom vat dit n jaar en n half om hom te arresteer?

Takkie Takuuza ·

Ja dis wat almal wonder. Wonder of sussie dalk iets kan onthou.

Ons ·

Vanoggend oor die radio gehoor hy wou gaan “vakansie” hou in australië, die dat hul hom nou aankla.

Theo ·

Ja, na n jaar en n half toe gee hy homself oor. So sal al die plaas en ander moordenaars hulle ook self oorgee in die nabye toekoms. Dan kan die NVG weereens die kalklig steel vir n saak wat hulle opgelos het.

Louise ·

Seker hoekom sussie nou nie onthou nie om haar broer te beskerm is ook n moontlikheid

Louise ·

Hoop die erfgeld word terug gevat dan want n beskuldigde kan mos dan nie erf nie

Henry McDonald ·

DNS-toetse van die bloedgroepe van 3 verskillende liggame en ‘n beskuldigde is nie ‘n proses wat oornag gedoen kan word nie – is ‘n tydrowende proses en die laboratoria tegnici wat dit doen het honderde soortgelyke DNS toetse wat gedoen moet word. Inmiddels word ‘n proses gevolg wat tydrowend is en ‘ n strafsaak met voldoende getuienis wat ‘n skuldigbevinding tot gevolg moet hê ‘opgebou’ word – ‘n beskuldigde kan nie net summier ‘gearresteer’ word op ‘vermoedens’ nie en ‘agterdog’ nie…….

Chrissie ·

Hy is toe nie arresteer nie, hy het hom maar vrywillig loop oorgee, groooot verskil.

Berhalet Beukes ·

Ek dink die staat het baie deeglik ondersoek ingestel en hulle feite agtermekaar gemaak… Daarom die vertraging.

Elsie ·

Van die begin af geweet hiers n slang in die gras. SA kom mense te maklik weg met moord

Celia ·

Mag die volle waarheid uitkom. Ek was vandag baie verras daar is uiteindelik n verdagte gearresteer.
Die publiek het die absolute reg om die waarheid te weet en dis absoluut onaanvaarbaar dat n byl moordenaar los op straat was vir solank! Hy behoort nie eers borg te kry nie! Wie pas hom op? Weer die familie?
Hierdie familie weet baie meer en hoekom is die verdagtetotnou so beskerm?
n Ouerpaar n pragtige broer in die fleur van sy lewe en sussie is uiters WREED doodgekap – en ekt familie hoor se: hul laat dit daar, niks kan hulle tog terug bring nie. Nee niks kan nie- maar reg en geregtigheid is verskuldig aan twee ouers en hul seun!
Ek het geen vetroue in niks meer nie- veral waar soveel geld in die agtergrond is nie.
Uiteindelik eis ons antwoorde – soos een kommentaar dit stel: die verduideliking is so eenvoudig so waarom is die arrestasie noueers uitgevoer?
Gaan dit ook n skouspel wees soos die Oscar-saak? Hoeveel mense is nie intussen vermoor nie bv plaasmoorde en mens HOOR nie eers daarvan nie- as jy nie iemand naby ken nie.

Judy-anne ·

Die eerste keer toe ek die voicenote al gehoor het toe hy die nood dienste gebel en gelag het, toe was dit al duidelik die mannetjie makeer iets, hoekom is hy ook so lank weg gehou van sy sussie tog as iemand hulle lewe en familie verloor en net julle 2 bly oor wil jy jou familie naby jou he, dit is omdat hulle geweet het hy is gevaar vir haar, dinge was van die begin nie reg nie, die sekuriteit by daardie estate is tops en nerens kon niemand iemand vind wat nie daar binne gehoort het nie, maar nou ja dit sal meer belaglik raak soos die tyd aan stap , maar regtig jaar en half later eers tot die gevolg trekking kom mmmmmm, daar waar daar rook trek brand altyd ‘n vuurtjie…….

Gesiggie ·

Vir n jaar lank, is al die inligting weerhou? hoekom… hoekom nou word al die dinge vertel…as daar n DNS toets was , wat bewys het dat die bloed aan sy hemp, wel van die slag offers was… kon die polisie nie net verder krap… of het die seun jul so oortuig”’ dat dit werklik n inbreker was… en dat die sny wonde ook iemand anders was… Oh ja hy het aan die moord toneel gepeuter… Hello”’ jul moes dadelik op die moord toneel vinger afdrukke geneem het”’ vir n jaar loop hy rond of niks gebeur het nie… en nou? is hy reg om te herken.. Something is Fishy””

Piet ·

Gesiggie, jy behoort te weet dat moordondersoeke in Stellenbosch nie juis van hoogste gehalte is nie – net minder as tien jaar tevore moes Inge Lotz se familie hierdie tragiese realiteit agterkom.

Omtrend die DNS toetsuitslae: Die laboratorium wat daarvoor verantwoordelik is, neem soms lank om die uitslae te doen en ons weet dus nie wanneer hierdie inligting tot die polisie se beskikking gekom het nie. Ons polisie (geen polisie wêreldwyd) is so effektief soos CSI nie – hulle moet tog ‘n hele storie in 45 minute oordra. In realiteit neem dit veel langer. Die feit dat die laboratotium so lank neem, is ook nie noodwendig te wyte aan swak bestuur nie – inaggenome die enorme werkslas waarmee daardie oorwerkte mense opgesaal is. Dit neem spesiaal-opgeleide tegnici, nie enige man op straat kan daardie gespesialiseerde taak verrig nie. Dit mag wel ‘n jaar beskikbaar gewees het, maar ons weet eenvoudig nie.

johann cb ·

Behalwe dat dit so lank geneem het vir die moorde om opgelos te word, wonder ek wat die ware motief was. Daar was sprake dat die beskuldigde se maandelikse toelaag deur sy ouers gestop is.

Nunette Gous Oberholzer ·

Hier is iets baie groter agter die storie….en geld kan nie alles verbloem nie….Oscar het dit op die harde manier geleer. My vraag is sien Henri ‘n psigiater en is of was hy op depressante? Klink my sy sussie het hom vergewe en al het sy haar geheue verloor oor die aand beteken dit nie sy weet nie hoe hul gesin lewe was nie….agter geslote deure gebeur daar dinge wat die wêreld nie weet nie. Ek voel jammer vir almal in di sage. Een ding is verseker al kom hy los sal sy hele lewe gekoppel wees aan die byl moord. …nes Oscar nou na 2 of 3 jaar steeds onthou word vir Riva se dood…..ek mag nie oordeel nie….en gaan ook nie…..wens eerder dit het nooit plaas gevind nie.

humor ·

Daar is n baie hoe berg waaroor sy suster moet gaan. Nou dat sy weet staan sy ook vir die opdrag om hom te vewrgewe.In hierdie omstandighede verg dit niks minder as ons Verlosser vir n nuwe begin en nuwe lewe vorentoe. Hoop hulle maak daarmee erns anders kan haat en verwyt n verterende vuur wees.

Martin ·

Of vergifnis ter sprake is of nie. Sy moet maar ophou vergeet en begin onthou wat daai aand gebeur het. Ek dink sy wil nie onthou nie.

Marcia ·

18 maande geneem om te erken Henri van Breda is die moordenaar? Ek ruik ‘n vet stink rot.. Deesdae word al hoe meer ouers vermoor vir hulle nalatenskap.. Nl. GELD!!!!!! Tien teen een gaan hy nou aanvoer hy was die swartskapie.. Dit het net te maklik geword o¥ te moor want die doodstraf is moos weggevat.. Moor maar want jy sal tog lekker sit en dan ook betaal word in die tjoekie! Vrot samelewing hierdie..

Martie Jonker-Steyn ·

Ek hoor dat die DNA toetse baie baie lank kan vat. En as hulle dit meskien Amerika toe gestuur het om beter uitslae te kry, vat dit nog langer. Andre, Oscar het nie Reeva per ongeluk dood gemaak nie, hy het geweet sy is agter daai toilet deur – jammer ek stem nie saam met jou nie, Oscar is ‘n moordenaar deur en deur. Ek hoop die Henri sit lewenslank in die tronk. Om iemand dood te maak met ‘n byl, is een van die wreedste moorde.

Oe ala ·

Martie – jy weet nie of Oscar geweet het Reeva is agter die deur nie – moenie bespiegelinge as feite verkondig nie. Dis baie gevaarlik om eie afleidings te maak en nog erger om daardie afleidings te verkondig. Ongelukkig sal ons nooit die volle waarheid uitvind oor Oscar se saak en ook nie oor hierdie saak nie.

Poswa ·

Net soos in Oscar se moord het die sekuriteits wag geen vreemde optrede gemeld nie. Ek dink nie eers Oscar se regspan glo hy is onskuldig nie. Money talks! Net my opinie maar as ek weet ek het ‘n geliefde in die huis maak ek seker sy is eers veilig voordat ek op ‘n inbreker skiet.

Longshanks ·

Al die wit moordenaars wat mekaar so uitwis en op die nuus pryk. Dit bewys daar is geen volksmoord nie, wittes moor net so fluks.

Slimjan ·

Mense wat kommentaar lewer wees asseblief versigtig dat jul nie die seun ’n moordenaar noem wanneer hy nog nie skuldig bevind is nie. Ongeag die bewyse is ’n mens geregtig op ’n regverdige hofsaak en is onskuldig tot en met dan. Hy word beskuldig, beteken nog nie hy is skuldig nie. Daar is egter niks daarmee fout om te GLO wat jy wil nie.

André ·

Stem saam met jou Slimjan. Ek kry die jongman ook net so jammer. Mens sal nie weet wat in sy lewe verkeerd geloop het nie. Almal oordeel altyd vinnig totdat so iets met hulle gebeur.

Piet Pompies ·

As mens luister na die klank opname van die oproep na die nood dienste is die beskuldigde rustig en praat hy stadig en deurmekaar, hy kom nie eers behoorlik sy adres verskaf. Ek glo hy was onder die invloed van dwelms.

yolandi ·

Ek vra nooit “hoekom” nie, maar vandag wil ek weet, Hoekom Henri?

Nicky ·

‘n Oog vir ‘n Oog en ‘n Tand vir ‘n Tand! Die waarheid sou in elkgeval geseëvier geword het! Niemand maar Niemand kan so iets doen en wegkom daarmee nie. Die Waarheid kom Altyd uit! Dit is nou vir Albei “Oscar” en “Henri”………

Cherokee ·

Klink asof jy nie opgelet het dat ‘n byl gebruik was, nie.

Therese Leonie ·

Walglik! Hy het sy pragtige sussie vir langer as 2 uur so laat le, sonder om n ambulans te bel, sy was tussen die lewe en die dood. Dit is absoluut n wonder dat sy lewe! Hy moet boet vir wat hy gedoen het!!!!

Desire ·

So sy sussie het 2 ure gele en ly???? O my genugtig dit is selfsugtig en psigopaties verby!!

KarooKlong ·

Ek dink hier gaan nog ‘n paar grootkoppe rol oor hierdie saak.

Marc ·

Ek weet darem nie: ons het al daardie inligting, behalwe die DNS, gehad kort na die moorde. Daar is niks nuut nie. Daar staan ook nêrens dat die seun skuld erken het nie. Hy is die keuse gegee om hom oor te gee of om gearresteer te word. Ek verstaan ook nie hoekom die polisie so lank geneem het om tot ‘n punt te kom nie. DNS kan baie maklik verduidelik word as hy aanvoer hy wou hulle help. Hierdie saak gaan nog baie lank uitrek, want dit lyk of daar geen konkrete bewyse is nie.

Bylepes ·

Hy gaan los kom…geld wat stom is, maak reg wat krom is. Inge Lotz, Reeva is voorbeelde hiervan.

Alta ·

Miskien was haar toestand so ernstig dat hy gedink het sy is dood?? Baie Tragies..

Carina ·

MAROELAMEDIA, ek het al 2x keer gekommentaar, maar niks word gepubliseer. Wat steek die media weg?

magrette louw ·

raak gewoond daaraan Carina, hulle hou van selektiewe cencorship. Wat ek wou se, is ek hoop die man wat die boek geskryf oor Don Steemkamp, daai joenalis, skryf een oor hierdie klein moordenaartjie ook

Hannes marais ·

Satan is besig…eindtye waarvan die bybel praat…kinders sal teen hul ouers in opstand kom

Luister ·

Slaan my dronk dat hy borg kry. Hy is beslis ‘n gevaar vir die samelewing!

Wilmien ·

Ek lees so almal se komentaar ek bly in n klein gemeenskapie. Meeste van ons voel regverdigheid moet gebeur. So ook met hierdie saak glo ek dit sal . Maar iets intresant vir almal gewoonlik die persoon wat n daad pleeg gaan in ontkenning hy/sy is so goed daar in dat hy/sy mense manipuleer sonder dat hulle dit agter kom. Iemand wat ek ken het n moord gepleeg was ook in die koerante hy het die staat vir 3 jaar aan n lyntjie gehou tot hy agter gekom het hy het nie meer verskonings nie. Skuld erken en 18 jaar tronkstraf gekry

Alete Muller ·

Ek staan verstom wanneer ek die kommentare lees. Vir sommige mense is dit baie belangriker om te weet wat gebeur het (“publiek is geregtig om te weet”) as om sy familie, en veral sy suster, wat alles moet deurmaak, in ag te neem. Hou op om so nuuskierig te wees en gebruik liewers die tyd om te bid vir krag en genade vir almal betrokke by hierdie tragedie.

pearl ·

Ai deesdae is enige iets moontlik. Daar so baie geweld en tegnologie en drugs. Drugs kan n mens heeltemal laat uithak. Jy dink ni 2keer om dood te maak vir daai volgende fix nie. En dan is daar ook natuurlik allerhande sielkundige siektes wat erg uitsteek. Dis so of elke 2de mens depresssie onderlede het. Onstabielityd. Die lewe is so gejaagt ouers werk om net die beste vir hul kids te kan gee. Maar eindelik kort di kids net liefde. Dis daai liefde wat nie meer bestaan nie wat die grootste probleem in ons lewe is. Deesdae se kids is di baas ouers se net ja en amen. Want di ouers dink hul doen goed. Maar meantime. Hul lewe is in huis of in malls. Als is net oor geld en en en en. En dis HOEKOM….dit nou reg is om in di tye jou probleme op te los met geweld.

Poot ·

En so is die meeste van die wat kommentaar lewer oor Henri net so WRAAKSUGTIG soos wat hy uitgemaak word. Sien die balk in jou oog voor jy die splinter in jou broer s’n sien word gesê nè.

adri ·

Nie een van ons het die reg om te oordeel nie. As jul niks voel vir Henri en Oscar dink aan dit wat jul doen aan die famielie wat die goed lees en hoe hul moet voel ek voel bitter jammer vir hulle kom ons staan die famielies by en bid vir hulle

rm ·

Borgtog?? Regtig???!!!
Het sy vriendin dalk geweet en niks gesê nie?? Dit kan ernstige gevolge v haar ook inhou…
Wat ‘n tragedie! Mag God die familie bystaan en spesiaal vir Marili – sy het baie gebed en genade nodig!

Piet Pompies ·

Alete Muller – Jy is heeltemal reg. Die eintlike vraag behoort te wees: Watter bose samelewing het ons land geword dat ‘n gruweldaad soos hierdie gebeur? Watter waardes word deur die meerderheid van bostaande kommentare weerspieël? Ek is ‘n Afrikaner wat lief is vir my volk, ek is egter ‘n ontnugterde Afrikaner ook. Ons het ontaard van ‘n Godgelowige volk tot een van die mees goddelose volke in die wêreld. Ons volk het God verloën, kan ons langer verbaas staan oor die immorele toestand van ons mense?

antjie ·

Rerig…….die sussie het dalk ook n vinger inni pie…. die dat sy niks kan onthou nie….. dis n hele siek spul……….

Desire Lombard ·

Sjoe… net die feit dat ons so erg dink, wys jou net hoe siek ons samelewing geword het. Nie jy nie, ek meen, dat ons dink dat mense ‘capable’ is om so siek te wees, dis waarheen die siek ouens ons gedagtes dryf. Baie hartseer…

Henry McDonald ·

Die beskuldigde in hierdie saak kon nie sommer net ‘arresteer’ word nie – die hele opset moes eers behoorlik ondersoek word en ‘n strafsaak teen die beskuldigde ‘opgebou’ word met voldoende getuienis om ‘n skuldigbevinding te verkry. Die dossier word daarna aan die NVG voorgelê vir bestudering en ‘ n vervolgingsbesluit. DNS-toetse in laboratoria is ‘n tydrowende proses en tegnici nie om elke draai beskikbaar nie. OOK het die beskuldigde hom nie self ‘oorgegee’ nie hy is dmv sy regsverteenwoordiger versoek om hom aan te meld, waarna hy aangekla is – die regte prosedures is gevolg die moorde is gepleeg en die ondersoek afgehandel – sommige moordsake neem tot 10 jaar om afgehandel te word.

Neil Retief ·

Ek weet nie of ek dieselfde berig as ander mense op die forum gelees het nie,maar dit wil voorkom ek het nie.Hy het nie homself oorgegee en skuld erken nie – hy het bloot vroegtydig by die polisie aangemeld.Sy vriendin het nie die oproep beantwoord nie – hoe op aarde kan sy betrokke wees ?Sommige van die afleidings wat mense op hierdie forum maak is blote onsin en absolute spekulasie – die sussie wat by die dood omgedraai het ”n vinger in die pie ?”Party mense se verbeelding gaan bloot op loop – was toevallig baie,baie nou by die Don Steenkamp saak betrokke en daar is gewoonlik baie goeie redes hoekom hierdie tipe van sake so lank neem – as jy kyk na al die truuks wat die verdediging ,tot in die fynste detail uithaal om die aandag van die feite weg te lei,is dit verstaanbaar dat die polisie alles in hul vermoe doen om hulle saak sterk te maak.Selfs dan moet hulle ,as meesal gewone polisiemanne ,hoogs opgeleide en ervare advokate soos Barry Roux tydens die hofsaak trotseer.Wees dus maar versigtig met julle afleidings en kritiek – is getroud met n vroutjie wat meer as 28 jaar in die polisie was en dit was n soms baie ondankbare werk vir nie n wafferse inkomste nie.

Marius ·

Die SAPD en die van Breda familie hou die publiek van die begin af in die duister… Geld, dwelms en dwelmhandelaars is duidelik die hoof rolspelers in hierdie tragedie.

una paxton ·

Hulle het lank met hom gesukkel oor dwelm misbruik. Maar dit verklaar nie hoekom hy sy boetie en sussie wou doodmaak nie. Ek dink hy wou alleen erf.

tania maree ·

Dwelms speel rol.Sakgeld gkry+skielik is sakgeld afgsny, raak mal,kani meer kry ni. Satan bheer mense wat dwelms gbruik,omdat satan di ligam btree+ denke verander drasties. Kinders ht bja liefde nodig+mut dt gewys word,dalk ht hy as kind dt min gkry omdat geld di plek darvan gvul ht.Ltr jare soek jy steeds liefde mar kry dt ni,dn verval jy in depresie of neem dwelms om “di seer weg te neem”.Jy bou aggresie op teen di wat jo liefde moes gee+bgin hulle mt passie te haat. Trauma wat di suster moes deurmak,cortisol indi brein+hoe dt te werk gn indi brein,keer dat jo geheue dt mut onthou.Jou ligaam word gdwing,om emotionele stres te bheer,sodat di enkodering vn feite indi geheue gdelte vn brein beskerm word.Di stres hormoon aktiveer di struktuur op elkekant vndi brein di” Amygala”.Hierdi Amygala speel NB rol hoe herinneringe gstoor word indi brein,omdat hirdi verandering invloed op ander brein strukuur ht wat di”Hippocampus” gnoem word. Di ligam mut beskerm word tydens bja hoe vlakke vn stres+gbeur natuurlik indi brein.Sou hirdi denke elke keer deur di brein weer+weer opgbring word,sal dt jo denke vorentoe verander- dus as jy elkekeer onthou wat gbeur ht, dar n kans dat jy in depresie kan verval,dus verlaag produktiviteit vndi brein+lat di brein di gheue nou eers “afskakel”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.