Stellenbosch-bylmoorde: Dossier by NVG

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het volgens berigte die dossier rakende die Stellenbosch-bylmoorde ontvang.

EWN berig die NVG het bevestig dat hy die dossier ontvang het, maar nie kon bevestig of iemand binnekort in hegtenis geneem gaan word nie. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die Van Breda-gesin is in Januarie in hul huis in die De Zalze-landgoed aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou Theresa (54) en hul seun Rudi (22) het aan hul beserings beswyk. Marli (16) is ernstig beseer in die aanval en haar jonger broer, Henri (20), het glo ligte beserings opgedoen.

Rapport het Sondag berig die dossier bevat genoeg bewyse om ‘n verdagte aan te kla.

Ben Rootman, ’n woordvoerder van die Van Breda-familie, het aan Maroela Media gesê die familie neem kennis van die berigte in die media en wil in dié stadium nie verder kommentaar lewer nie. Hy het navrae oor Marli se toestand na die polisie verwys.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het by navraag gesê daar is “beduidende vordering” met die ondersoek. “Die vordering kan egter nie in dié stadium met die media gedeel word nie.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wonder maar net ·

Hoekom stel die familie ‘n regspan aan nog voor daar ‘n beskuldigde is…………laat mens wonder? Hoekom word die saak met soveel “omslagtigheid” hanteer………..? Die enigste moontlike “verdagte” word beskerm deur almal en dit is asof die “verdagte” klaar ‘n saak voorberei het tot verweer……….vergelyk maar Oscar se saak…….alles was in die media……….hierdie saak word in soveel geheimhouding hanteer………..wonder maar net……

Wonder maar net ·

Wonder oor al die “geheimhouding”……..hoekom kry jy ‘n regspan maar daar is nog geen verdagte nie? Dit kom voor as die “verdagte” al klaar die geleentheid gehad om ‘n verweer voor te berei…………Marli sterk altyd aan …maar nie goed genoeg nie…..Die familie swyg soos die graf………..maar 1 + 1 = 2

SNEL ·

Ja, Wonder maar net, ek stem saam, hoekom die geheimhouding oor wat hier gebeur het. En voor een weer iets sê, dit gaan nie oor nuuskierigheid nie, dis NUUS, hoekom net n gedeelte hoor en nie die volle storie nie. Hierdie saak word hanteer soos iemand sin wat vir n geheime organisasie gewerk het. Almal dink dis die seun, maar met Oscar en selfs die Griekwastad moorde was alles dadelik op die lappe, hier mag die leser niks weet nie. Wat maak die saak so spesiaal?

Neptunus ·

Daar is ‘n groot tussen hierdie moordorgie en die Oscar/Steenkamps se gevalle. Oscar het beken dat Reeva met sy pistool gedood is, dit sou maklik bewys kon word in ieder geval. In Don se geval het dit maande gevat voor hy gearresteer was, na ‘n uiters deeglike ondersoek. Hoe dit ook al sy, nie in een van die twee laasgenoemde sake het “alles” op die lappe gekom nie. Niemand sal ooit weet watter gesprekke tussen die oorledenes en die beskuldigdes plaasgevind het of wat hulle daartoe laat oorgaan het nie.

scalla ·

Jy hoef nie n speurder te wees om te weet wie die verdagte is nie, hoe moelik kan dit wees.

Koekie Hall ·

Ja, nie baie moeilik om agter die kap van die byl te kom nie.

Elize ·

As hy die nooddienste geskakel het, moes hy alles gesien het. Hoe dom kan die EWN en NVG dink die publiek in die land is, net soos in al die ander sake van die Regering.

Chris ·

Jy se dit is nie nuuskierigheid nie? Jy Bol jouself, jy is so nosy en nuuskierigheid jy kan sterf. Dink julle nou vir een oom like alles gaan die groot kook gehang word sodat julle nuuskierigheid gestil kan word. Marli het ook n regs pan wat na haar belange omsien. Pas op wat julle se, jy kan dink wat jy wil maar nie se wat jy wil nie, as julle verkeerd is oor die “skuldige”, mag jy in ‘n vieslike hofsaak beland wat jou dalk miljoene gaan kos met ‘n klad op jou naam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.