Stellenbosch-bylmoorde: Henri kry borgtog

Die Stellenbosch-landdroshof. Foto: Sune van Heerden

Die Stellenbosch-landdroshof. Foto: Sune van Heerden

Henri van Breda, wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, is Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Adv. Pieter Botha, namens Van Breda, het gesê die staat het aangedui dat hulle nie borgtog sal teenstaan nie en dat daar op ʼn bedrag van R100 000 en streng borgtogvoorwaardes ooreengekom is. Botha het gesê die verdediging en staat stem ook saam dat Van Breda se vrylating op borgtog nie die lewens van die publiek in gevaar sal stel nie.

Botha het aangevoer dat hy Maandag deur die staat ingelig is dat hulle van plan is om Henri in hegtenis te neem. “Ons het hom aangeraai om hom oor te gee.” Die hof het gehoor dat die name van getuies en die adres waar Van Breda sal tuisgaan nie bekend gemaak sal word nie.

Van Breda se borgtogvoorwaardes behels dat hy nie die Wes-Kaap mag verlaat nie, nie binne ʼn 500 m-radius van enige plek van binnekoms mag wees nie en sy reisdokumente moet inhandig. Van Breda moet ook elke Maandag en Vrydag tussen 08:00 en 20:00 by die Parow-polisiestasie aanmeld. Volgens Botha is Van Breda tans ʼn student, maar wou nie verdere besonderhede voor die publiek verskaf nie.

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Botha het ook aan die hof gesê dat inligting glo aan die publiek uitgelek word. Volgens Botha het hy gehoor hoe ʼn radiojoernalis gesê het hy is in besit van die verslag oor die nadoodse ondersoek. Botha het gesê dit is ontstellend.

Staatsaanklaer Susan Galloway het intussen versoek dat die saak vir voorverhoor na die Wes-Kaapse hooggeregshof oorgeplaas word. Van Breda moet weer op 9 September in die hof verskyn.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op 27 Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch met ʼn byl vermoor. Hul dogter, Marli (17), is ernstig in die aanval beseer, terwyl Henri slegs geringe beserings opgedoen het.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Leon Pit ·

Ons regstelsel is n GRAP jy kom weg met moord die land het geen morele waardes nie. Alles in die land loop afdraande. Gaan n wonderwerk kos om wee die mooi land op koers te kry.

Aster ·

Leon, ek stem saam. Ons het nie ‘n regstelsel nie en hier is definitief geen moreles en waardes nie. Mens se lewe beteken niks meer nie. Dis al lank al verby met SA en sal nooit weer reg kom nie.

Hanna ·

Kan nie glo die man kry borg nie. Dit het n jaar en ses maande gevat om iemand te arresteer op hierdie saak en sowaar kry hy borg. Wat n grap!!!!

Leeukop ·

Natuurlik kry hy borgtog. Geen wonder mense neem reg in eie hande nie, want dit is nog een van vele bewyse dat ons regsisteem deur incompetent en oneffektiewe mense bestuur word en dat dit ineenstort so dit laat rasionele mense sonder veel opsies.

Leon ·

Hier kom nou seker weer ‘n Pretorius saak…..geld, geld,geld……….verskonings………uitstel..vryevoet!
Niks anders as siek nie.

Adele ·

Ek stem saam met almal oor ons wonderlike Reg Stelsel. Ek meen dis al ‘n jaar na die moored en nou eers weer die 9de Sept in die hof???? Sjoe dis darem maar lekker. Selfde met Pistorius. Hier in Suid Afrika is dit tog te lekker om te moor, so hoekom sal die mense op hou???

Koos Karoo ·

Hoop nie die SAPD gaan hierdie moordegeval ook opdons soos die Inge Lotz moord nie. Onbekwame “speurders” en swak formulering van die ooglopende feite misluk in die hof en die moord bly “onopgelos”.

Takkie Takuuza ·

Ag bedaar tog tot ‘n kalm stroompie. Enige iemand is geregtig op borgtog, die hof het nog nie die persoon skuldig verklaar nie. Dis blykbaar net julle wat klaar ge-oordeel en gevonnis het. Ek wonder hoe jy sal voel om sonder bortog opgesluit te word net oor dit lyk of jy iets gedoen het. En bla bla bla, net die kriminele het regte, en so kla dit voort. Dis die hoe die regstelsel werk, wees bly daar is nog een. Word bietjie groot, julle klink soos ‘n klomp kindertjies.

Kiepie ·

Ja nee Takkie, ek weet nie vir wat doen die staat die moeite om prosedures te volg, die saak deeglik te laat ondersoek en dan nog ‘n verhoor te hou ook nie. Dis alles geld mors!! Hulle kan maar net vir hierdie klomp Maroela-speuders, wat per toeval almal teenwoordig was toe die daad gepleeg is en eerstehandse kennis dra, kom vra het dan was elke liewe saak binne minute opgelos en die vonnis gevel. Tot een van hulle aan die verkeerde kant staan, dan sal jy hoor hoe huil hulle oor hulle regte en die nodigheid vir ‘n deeglike ondersoek.

Jannie ·

Dankie SAPS dat julle julle tyd gevat het om ‘n waterdigte saak te verseker,nogmaals dankie manne en vroue!

charlene ·

Kan nie glo hy het borg gekry nie maar hopenlik het die SAPD alles, soos in alles om seker te maak hy word skuldig bevat en sit lank, baie lank. Hoekom word daar nie `n opvolg berig gedoen oor hoe dit met Marli gaan nie??

m ·

Hoe kan hierdie man wat gelieg het oor wat gebeur het nou sommer borg kry. Hierdie regstelsel is een groot grap. Kan nie wag om te hoor wat presies hier gebeur het nie.

Chris ·

Ons regstelsel is “siek” en maak nie sin nie. Ek ken iemand wat so pas na 3 maande uit die tronk gekom het omdat 4 mans wie hy na bewering sowat R250 000 geskuld het, saamgespan het om ‘n diefstalsaak teen hom te maak. Intussen is hy vir 2 maande in haglike omtandighede aangehou. Wat is R250 000 in vergelyking met 3 lewens wat geneem is? En dan borgtog? Dis siek, om die minste te sê!

Jeanette Visser ·

Ek wil weet waar gaan die borgtog gelde heen na die staat?

Chris ·

Jeanette, ek glo so. Dis ‘n geldmaak “foefie” deesdae

Frik ·

Snert. Dit word deur die staat gehou tot die beskuldigde se skuld of onskuld bewys is. Dan word dit weer aan die beskuldigde terugbetaal. Dit is net wanneer die beskuldigde sy borgvoorwaardes nie nakom nie en n hof gelas dat hy sy sy borgtog verbeur dat dit die staat toeval.

Piet ·

Weet julle, in ons dorp baie jare gelede was daar ‘n polisieman. Hy het sy werk goed gedoen. Hy het die waarheid en bekentenisse uit misdadigers geslaan. Sommige was so bang vir hom dat hulle sommer skuld beken het op aanklagte waarvoor hulle nie eens skuldig op was nie. Waar is daardie dae tog!

Suzanne ·

as mens kan R100 000 betaal vir borgtog, kan mens mos daai geld betaal om te verdwyn ook?

Pieta ·

As borgtog nié toegestaan word nie, is daar sekerlik mense wat onskuldig aangehou word tot hul onskuldig bevind word. Ja, dit moet sleg wees, maar die ander kant van die munt is waar vele mense wat op borgtog (of parool) uit is vir geweldsmisdade wéér in dié tyd geweldsmisdade pleeg. Dit lyk tog of geld en/of status van ‘n beskuldigde meer werd is as die lewens van onskuldige slagoffers, en die risiko word myns insiens nie met genoeg klem op die potensiële slagoffers bestuur nie. Verdagtes in geweldsmisdade behoort in veilige bewaring te wees tot hulle met redelike sekerheid onskuldig geag word – definitief nié in die samelewing losgelaat te word as dit lyk of hulle waarskynlik skuldig bevind kan word nie. Geen regstelsel in die wêreld is onfeilbaar nie, maar ons s’n plaas skynbaar nie ‘n hoe premie op die lewens van die algemene publiek nie. Dit sluit alles rasse en bevolkingsgroepe in!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.