Stellenbosch-bylmoorde: Henri pleit vandag

Henri van Breda buite die hof (12 Oktober 2016) Foto: Maroela Media

Henri van Breda, wat aangekla word van die moorde op sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch, se verhoor begin Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Daar gaan van Van Breda verwag word om te pleit, 26 maande ná die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015 op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch.

Hy is meer as ʼn jaar ná die moorde in hegtenis geneem en in Junie 2016 op borgtog van R100 000 vrygelaat. Die saak is al verskeie kere uitgestel aangesien selfoonrekords en DNS-verslae nog uitstaande was.

Die staat beweer Van Breda het ʼn byl gebruik om die drie lede van sy gesin dood te maak. Sy suster, Marli van Breda (toe 16 jaar oud), is met kritieke beserings na ʼn hospitaal gehaas en het die aanval oorleef.

Die staat beweer verder Van Breda het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-saak op Maroela Media.

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Okay ·

Ja nee R100 000 borgtog, verkrag, martel en moor en as, AS jy gevang word dalk R1000 borgtog.

Kosie ·

Die bedrag vir borg word gekoppel aan jou finansiele vermoe. Dis tog belaglik om ‘n R1000 borgtog toe te staan aan ‘n miljoener. As die miljoener egter die gevaar staan om ‘n R100000 te verloor as hy sy borgvoorwardes verbreek, sal hy tweekeer dink.

Scalla ·

Kosie, nou die klomp wat miljoene gesteel het en borg kry, hoe word dit bepaal aangesien dit nog met die gesteelde geld ook betaal word. Hul gaan aanvoer dat hul kripeer het voor die diefstal.

Koos2 ·

Kosie, ek weet hoe borgtog werk perd, maak nie saak wat nie, dit moet gekoppel word aan die crime ook. Die laatjie se familie was ryk, nie hy as kind nie, so as n student met R500 in die bank moet na n moord dan R50 borgtog kry? As ek werkloos en huisloos is met niks nie, moet ek net vrygelaat word?

Kosie2sebaas ·

Scalla – gesteelde geld is mos nie joune nie, hoe kan jy daarmee betaal? Ou Koos beesblaas – die outjie het mos ‘n uitgebreide ryk familie wat kan betaal en bereid is om te betaal.

m ·

Ja kyk hierdie gaan weer een van daai interessante sake wees. Hy gaan seker weer alles ontken en onskuldig pleit. Net so gerieflik dat sussie niks kan onthou nie. ………………………………

Natalie ·

Gerieflik? Ek glo n byl tot die brein kan nogal veroorsaak dat jy goed nie kan onthou nie. Veral as jy gele en slaap het!

linda ·

kan nie wag om te sien!
was dit die tik of dagga wat so gagga werk met jou brein?
ek’t nie geweet wat ek doen nie?
ryk brats!

Sêmaarnet ·

Definitief iets ernstig verkeerd met die man. Hy leef voort asof niks verkeerd is nie, kry intussen ‘n dwelm-besit aanklag teen hom en spandeer sy pa se geld op sy rykmanslewe!

Kosie ·

Ek wonder of die laaitie nie gaan skuldig pleit nie. Pleitooreenkoms?

Ouvrou ·

En daar gaan julle weer. Die kind het nog nooit n woord gese nie maar almal verdoem hom klaar. Dink net deur watse hel hy in die afgelope jare is indien hy doodonskuldig is. Sy ouers en broer dood en sussie onthou hom nie. Gedra julle soos Christene asb.

Sjoe ·

Ouvrou ek stem, mens moet ‘n kans voor ‘n regverdige verhoor kry, maar sjoe hierdie een is maar vir my ook een te veel. Geen inbraak, geen moontlike oortreder in hoë sekuriteits kompleks. Iemand het die saak gedraai tot die kind geld gekry het…… Sy dwelmklag, voel jy ook hy sou nooit dit doen nie….. hy en die girl is saam gevang en hy kry sowaar weer borg terwyl hy op borg is….. is nie verwante misdryf nie, maar kan lei tot so iets, so iewers het die seun meer genade as enige iemand anders gekry….. Voor jy antwoord, gaan lees eers alles.

marous ·

Is daar nie meer sakke vir togas nie ? Wonder of dit al by die huis aangetrek word….

Kosie ·

Ek sal my ou toga iewers moet gaan uithaal. Dit was lank terug.

Ontsteld ·

Ek is nogal ontsteld om die tevrede glimlag op Henry se gesig te sien, uiteindelik kry hy die aandag waarna hy gesoek het, seun dit breek my Ma-hart vir jou ouers en sibbe, werklik dit is nie ‘n grap, groot aandag as jy verhoor word vir die moord op jou direkte gesin, jou ouers en jou sibbe en poging tot moord op jou sibbe. Ek meot sê ek is dankbaar vir jou ouers dat hul nie dit moet deurgaan nie. Sterkte aan Marli en die res van die familie.

Sarie ·

Hy gebruik dwelms sodat hy kan pleit hy was nie bewus van wat hy gedoen het nie. Dis die rede vir die aanklag van dwelm besit en misbruik. Grappie!!!

Kosie ·

Wat het van die laatie geword wat sy famile uitgewis het op hul plaas in die Vrystaat? Hy’s mos skuldig bevind maar ek dink nie hy is tans in die tronk nie

Riana ·

Skuldig is hy skuldig, selfde as Griekwastad moorde. Lyk of hy reeds van sy erfposie gekry het want hy leef van gastehuis na gastehuis, ry ‘n nuwe BMW. Hoe is dit moontlik dat dit uitbetaal is aan hom? Hy is ook nie spyt oor wat hy gedoen het nie. Vir die wat nie kan onthou, die sussie is buite saam haar ma op die balkon gekry.

Kosie ·

Kan dalk gewone beleggings in sy naam wees. Die laaitie was waarskynlik ‘n miljoener nog voor hy klaar was met skool (en so betaal hy sy goedhartige familie terug).

Susan du Toit ·

Ag mense kom ons los dit vir die gereg om te besluit voor ons iemand kruisig. Die Here weet wat het gebeur en sal sorg dat regtigheid geskied . Ek voel jammer vir die familie en dogter kan net op ons knieë bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.