Stellenbosch-bylmoorde: Henri terug in hof

Henri van Breda tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Danie Keet/Eikestadnuus

Henri van Breda, wat aangekla word daarvan dat hy sy ouers en broer op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch met ʼn byl vermoor het, sal vandag in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.

Breda (21) is op 14 Junie vanjaar op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself die vorige dag by die polisiekantoor in Stellenbosch oorgegee het.

Die hof het streng borgtogvoorwaardes gestel. Hy mag onder meer nie die Wes-Kaap verlaat nie, nie binne ʼn 500 m-radius van enige grenspos wees nie en hy moes sy reisdokumente inhandig. Van Breda moet ook elke Maandag en Vrydag tussen 08:00 en 20:00 by die Parow-polisiestasie aanmeld.

Van Breda is in hegtenis geneem meer as ʼn jaar na die opspraakwekkende moorde op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) die aand van 26 Januarie 2015. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër gesê volgens die akte van beskuldiging is harde stemme die aand van die moord in die Van Breda-woning op die landgoed gehoor.

Volgens die akte het Henri op Dinsdag 27 Januarie 2015 omstreeks 04:24 sy vriendin gebel, maar sy het nie geantwoord nie. Henri het glo om 04:27 ʼn Google-soektog gedoen vir noodnommers voordat hy om 07:12 verskeie oproepe na noodnommers gemaak het. Hy het glo om 07:38 weer sy vriendin gebel. Die staat voer aan die polisie is omstreeks 07:15 van die voorval ingelig en is saam met die nooddienste na die toneel ontbied. Drie lede van die Van Breda-gesin is op die toneel dood verklaar, terwyl Marli van Breda (toe 16 jaar oud) met lewensgevaarlike beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

ʼn Byl en kombuismes is op die toneel gevind en beamptes het daarop beslag gelê. Volgens die staat was Henri op die toneel en het ʼn slaapbroek en wit sokkies aangehad. Daar was bloed op sy klere. Volgens die akte is die bloed op Henri se klere vir DNS-toetse gestuur en het dit positief getoets vir die DNS van die oorledenes. Henri het glo meswonde gehad, wat hy, volgens die staat, self toegedien het.

Die staat voer aan daar was geen teken van gedwonge toegang tot die Van Breda’s se huis nie en niks is tydens die voorval gesteel nie. Die staat beweer verder Henri het aan die moordtoneel gepeuter, homself leed aangedoen en valse inligting aan die polisie verskaf om hulle te mislei.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn aanklag van regsverydeling.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

Volgens wat mens lees lyk hy skuldig, hoop staat het n sterk saak, Dis onaanvaarbaar en hy moet boet met sy lewe, kyk mens nuus is dit net moord, Adv.Masipa het ons regstelsel baie skade aangedoen en almal wil moord pleeg

jaco ·

n wit man het ryk wit mense vermoor, so eintlik het hy die anti-wit owerhede van hierdie land n guns gedoen. Daar gaan uiteindelik dus niks van hierdie saak kom nie.

Hennie ·

Hoe loop ‘n ou wat vermoedelik ‘n bylmoordenaar is dan los rond?

Anoniem ·

Want Hennie, die “ou” is “vermoedelik” ‘n bylmoordenaar, jy kan nie ‘n persoon toesluit op ‘n vermoede nie… dit is waarom daar ondersoeke is om later moontlik die vermoede te bevestig in ‘n feit in en dan eers sal hy nie meer los rond loop nie.. onskuldig geag tot skuldig bewys word en ‘n vermoede is nie baie goeie bewys nie.

Anoniem ·

Hennie ons almal sit met daardie vrae…..Hoekom gebeur al die goed……Moord,, roof, verkragting……kinders vermoor ouers…ouers vermoor kinders…man en vrou vermoor mekaar…Dit maak n mens siek….En ons regering loop met hul handjies gevou…dis dalk die rede hoekom die goed gebeur…die straf is nie hard genoeg…hul weet hul gaan versorg word en verder leer in tronk indien dalk nie loskom nie..Kyk vanoggend n insetsel op facebook van n baba wat in n emmer water gedruk wird en allerhande goed word gebeur met die babatjie…die trane loop oor my wange vanoggend…Hoe kan ons as mens dit aan n baba doen…GOD gaan daai mens straf dalk nie nou maar wel eendag…………………………………………….

Hennie ·

Anoniem jy moenie na sulke goed kyk nie. Blok sommer alle kontakte op Facebook wat vir jou die tipe goed aanstuur.

Rupert Ashford ·

Hoop nie iemand is weer onnosel genoeg om te val vir ‘n storie dat dit in “openbare belang” is om die saak lewendig uit te saai nie.

Lance ·

Genade die ou het jare se moeilikheid wat wag en die ander rowers misdadigers moordenaars verkragters diewe skelms en brandstigters kom in meeste gevalle weg

Rita ·

Die ou sal geen regeverdige verhoor kry nie. Ek onthou baie goed toe die moorde plaasgevind het, die heel eerste berig het gese daar word glad nie na enigiemand van buite die huis gesoek nie. Dus het die anc kader polisiemanne hom sommer op die toneel skuldig beving en nou moet hy net gevonnis word. Presies wat die anc polisie gese het met die saak van die kind in Griekwastad. Die volgende dag na die moorde het hulle direk vir die media gese hulle soek niemand anders ivm met die saak nie. Wat se soort geregtigheid is dit? Niks word ondersoek nie want hulle het klaar besluit WIE is skuldig.

Jakes ·

Rita, ek respekteer jou siening en regskennis. Voor jy jou uitlaat oor Griekwastad, LEES asb asb Kgomo se uitspraak! Google dit of verkry ‘n kopie…hoogs geleerde en respekteerde regsman wat al die getuienis en bewyse bestudeer het. Daardie jongman se jeugdigheid en erfporsie was sy redding. Maar jy weet seker beter.

Andre ·

Skuldig of onskuldig:Wat gaan deur n mens se kop om so iets te beplan en wat nog om die daad uit te voer,was dit geldgierig want waar kry hy die R100,000 vir borg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.