Stellenbosch-bylmoorde: Huis in mark

Foto: http://www.remaxoaktree.co.za/

Foto: http://www.remaxoaktree.co.za/

Die luukse huis in Stellenbosch waar drie lede van die Van Breda-gesin vroeër vanjaar met ʼn byl vermoor is, is te koop.

Netwerk24 het berig die huis in die De Zalze-gholflandgoed is in die mark vir R6,2 miljoen. Volgens die eiendomsagent RE/MAX spog die huis met vier slaapkamers, vier badkamers, twee leefruimtes, ʼn swembad en twee motorhuise. Die meubels word afsonderlik verkoop.

Volgens Deon de Swardt, ʼn verteenwoordiger van RE/MAX, is ʼn woordelikse aanbod reeds vir die eiendom gemaak.

Martin van Breda (55), sy vrou, Teresa (54), en hul seun Rudi (22) is in Januarie in die huis vermoor, terwyl hul dogter, Marli (16), en seun Henri (20) die aanval oorleef het. Marli is ernstig in die aanval beseer.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Wie gee toestemming vir die verkoop van die eiendom? Daar is dus ‘n erfgenaam? Behoort ‘n ‘groot’ geheim te wees . . .

Sonskyn ·

Ek sal nie eers veniet daar wil bly nie! Wie ook al die plek koop… hoop ek gebruik wysheid en kry iemand om die huis te kom salf en al die demone daar binne uit te dryf…

scalla ·

n persoon of regsentiteit moes toestemming verskaf, iets rym nie.

SNEL ·

Lyk my die huis gaan verkoop word voordat die skuldige toegesluit word. Alles van moord en die skuldige wat nog nie toegesluit is nie, en nou die verkoop van die huis maak nie sin nie. Gaan die moordenaar net wegkom met drie moorde en n poging tot moord en ja, wie gee toestemming vir die verkoop van die eiendom. Lyk my die klomp is verhewe bo reg en geregtigheid.

Kobus ·

Die perfekte moord!! Geen DNS, geen bewyse, geen ooggetuies en geen inhegtenisnemings….
En boonop erf hulle Rmiljoene…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.