Stellenbosch-bylmoorde: Inbraak by speurtak wat saak ondersoek

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die polisie wou nie Woensdag bewerings bevestig dat bewysstukke en inligting, wat verband hou met die ondersoek na die De Zalze-bylmoorde, tydens ʼn inbraak gesteel is nie.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig daar is Saterdag by die polisie se speurtak in Stellenbosch ingebreek. Traut het gesê ʼn rekenaar en ander items is gesteel. Hy wou egter nie uitbrei of enige bewysstukke gesteel is nie en wou nie ʼn navraag beantwoord oor die moontlikheid dat die gesteelde items met die De Zalze-bylmoorde verband hou nie.

Volgens Traut is van die gesteelde items tydens ʼn polisieondersoek teruggekry. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Martin van Breda (55), sy vrou, Teresa (54) en hul seun, Rudi (22), is in Januarie in hul huis  op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch met ʼn byl vermoor, terwyl hul dogter, Marli (16) en seun, Henri (20), die aanval oorleef het. Marli is ernstig beseer in die aanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa ·

Waar daar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie. Dink die SAP nou ons is stupid? Is dit nou nie gerieflik nie. Mensig, maar alles val darem vir sekeres net mooi in plek.

CHRISTA ·

Wat sê dit van ons polisie/speurders as hulle hulle EIE kantore nie eers veilig kan hou nie!!! G’n wonder Zuma bou vir homself ‘n ondergrondse bunker nie!!!

anet ·

Ek wonder nogal oor hierdie moord. Die ondersoek duur al min of meer 5mde en daar is nog geen arrestasies nie. Dalk is die saak met opset gesloer sodat van die bewysstukke kan opstaan, die deur of venster oop maak en dan net verdwyn in die mis. Dit is maar die werklike verloop van moord ondersoeke in Suid-Afrika, of daar word gepeuter met die bewystukke, daarom word daar liewer geswyg oor die inbraak

Berhalet Beukes ·

Nadat die van Breda boedel in die media uitgeblaker is, kan ek net dink hoeveel mense ‘n stukkie daarvan wil hê! Die motief van die “inbraak” is so duidelik soos daglig nadat daar mos alreeds uitlatings in die media t.o.v die bewysstukke gemaak is! Fyn beplande modus operandi van begin tot einde!

Sollie ·

“Volgens Traut is van die gesteelde items tydens ‘n polsiie ondersoek teruggekry. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.” Nou HOE werk dit dan? Hulle kry van die goed terug maar niemand is in hegtenis geneem nie! Lê die goed dan sommer rond in die veld of wat? As dit BY iemand gevind is dan moet hulle mos daardie persoon/persone in hegtenis neem!

SNEL ·

Skandelik dat drie moorde so toegesmeer kan word. Ek glo die saak gaan doodloop, niemand sal ooit opgesluit word nie, want hier is n slang in die gras. Net vreeslik dat sekeres weg kom met moord en ander soos Oscar moet sit.

Lise ·

Ag, asseblief, Snel. Glo jy nog steeds in ou arme Oscar se onskuld. Arme Oscar. Tsk-tsk.

Dave ·

Nou is jy snel besig om snert te praat. Net vreeslik dat Pistoors vir so ‘n kort tydjie sit.

Christo ·

Die waarheid sal uitkom , dit kom altyd uit , of dit nou 2 jaar , of 20 jaar vat . Of hierdie jongman nou fisies in die tronk gaan sit of nie , daar sal betaal word vir hierdie daad.

Malinda ·

Laat my so dink aan die Smit moorde jare gelede in die 70 s. Tot vandag toe nog niemand aangekeer vir die moord nie.

EMK ·

Malinda gaan lees gerus die boek Die Lang Generaal deur Allan D Elsdon – jy sal jou oor baie dinge verbaas wat daar uitgeklaar owrd, selfs die woorde teen die muur! Van die gesprekke is natuurlik fiksie maar die feite is die feite en kom wel uit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.