Stellenbosch-bylmoorde: Marli dalk binnekort terug skool toe

Marli van Breda. Foto: Charles Russel/Verskaf

Marli van Breda. Foto: Charles Russel/Verskaf

Marli van Breda (16), een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylaanval, het verlede week twee ure saam met haar vriende by Somerset Kollege deurgebring en sal waarskynlik binnekort terugkeer skool toe.

Debbie Wybrow, Van Breda se prokureur, het Sondag aan Netwerk24 gesê dit was Marli se derde besoek aan die skool sedert die aanval. Dit vorm deel van die proses om haar weer met die gemeenskap te integreer.

“Marli het die besoek baie geniet,” het Wybrow gesê. “Sy was saam met haar vriende in die graad 11-klas en het die studenteontwikkelingseenheid ontmoet. Sy het ʼn rukkie buite gesit en ander leerlingeders het met haar kom gesels. Dit is elke keer vir haar baie lekker om terug te gaan.”

Volgens Wybrow is daar ʼn sterk moontlikheid dat Van Breda binnekort sal terugkeer skool toe. Haar familie en mediese span sal dié week vergader om te besluit wat die beste opsie vir haar sal wees. “Sy is in ʼn goeie posisie met ʼn skool soos Somerset Kollege wat aandag kan gee aan individuele leerlinge se spesiale behoeftes,” het sy gesê.

Marli het voorheen ook ʼn rugbywedstryd by die skool bygewoon en die skoolhoof ontmoet. “Dit is wonderlik om te sien hoe sy verbeter. Sy is ʼn pragtige, positiewe mens en is vasbeslote om ten volle te herstel,” het Wybrow gesê.

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54) en hul seun Rudi (22), het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en haar broer, Henri (20), het ligte beserings opgedoen.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê daar is tot dusvêr geen nuwe verwikkelinge in die ondersoek nie.

Lees alle vorige berigte oor die aanval op Maroela Media.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bobbejaan agter die berg ·

Ek vra onverskoning vir die volgende kommentaar: Hoe is dit moontlik dat sy kan terugkeer skooltoe, en kan aangaan met haar studies, maar sy kannie/wilnie sê wat daai aand gebeur hetnie? Gaan haal ek die bobbejaan agter die berg as ek nou so ‘n stupid vraag vra?

Rene ·

Ek vra ook dieselfde vrae!! Iets maak net glad nie sin nie. Maar nou ja die saak gaan nog lank vat en ek se nou ons sal nooit die hele waarheid weet nie.

Neptunus ·

Bobbejaan, wat het die aand se gebeure met haar skoolloopbaan te doen? Is dit deel van die kurrikulum, m.a.w. gaan sy ‘n opstel moet skryf of eksamen aflê daaroor?

Tensy jy ook ‘n slagoffer van uitkomsgebaseerde onderwys is moet jy dalk oorweeg om jou skoolgeld gaan terugeis: “onverskoning” / “kannie”

Peet Schabort ·

Neptunus, enige aap kan sien wat ‘Bobbejaan agter die berg’ bedoel met ” . . .kan terugkeer skool toe EN KAN AANGAAN met haar studies . . . ” Daar staan niks van opstelle , kurrikulums en sulke nonsens. Kom ons kyk hoe ek dit verstaan en dan vra ons ‘Bobbejaan’ sy mening daaroor:
Dit kom daarop neer dat sy dalk nie haar studies sal kan voortsit nie omdat sy MOONTLIK van dit wat sy reeds geleer het ook dalk vergeet het en daar nie op haar kennis wat sy behoort te hê voortgebou kan word nie. Hy bevraagteken dus op grond van haar geheueverlies aangaande die aanval haar vermoë om goedsmoeds net verder te kan studeer.
Opsommend vra hy dus die vraag: As sy kan voortstudeer dan bestaan daar ‘n moontlikheid dat sy ook iets moet kan onthou aangaande die gebeure. Let wel, hy vra ‘n (stupid) vraag wat vir my heel logies is. Hy sê nie dat dit so is.
Nou egter Neptunus kom jy met ‘n antwoord waar jy ook een of ander bobbejaan agter die berg gaan haal. Dieselfde het gebeur by die man wat homself opgehang het en waar Marica en Nel asook Delia kommentaar gelewer het oor aanmerkings wat jy maak.
Delia se ” . . .altyd foutvinderig en effens afbrekend in kritiek . . . . wonder wat jy doen vir ‘n lewe . . . .nie baie diplomaties maar baie tussen die ore . . .” pas nogal goed in om jou op te som.
————————————————————————————————————–
Nou wil ek jou, Neptunus, ook aanvat oor “onverskoning” van Bobbejaan. Jy sal opmerk dat die ‘n’ en die ‘m’ langs mekaar geleë is op daardie sleutelbord wat maklik ‘n vingerfout kan veroorsaak. Ek sit nou hier voor die rekenaar i.p.v. die iPhone om die kommentaar te stuur omdat dit makliker leesbaar is om dit wat reeds geskryf (vir jou dalk ‘getik’) is na te gaan.
Jou sin ” . . . moet jy dalk oorweeg om jou skoolgeld gaan terugeis . . . .” klink ook nie heeltemal korrek. Wat van ” . . . moet jy dalk oorweeg om jou skoolgeld TE gaan terugeis . . .” Of nog beter ” . . . moet jy dalk oorweeg om jou skoolgeld terug te eis . . .”
Jou aanmerking van ‘slagoffer van uitkomsgebaseerde onderwys’ is ook al afgesaag. Dit is nie daardie persone se skuld. Ek reken jy maak ook te gou jou eie afleidings waar ‘n persoon anders bedoel. Miskien moet jy probeer om vas te stel die manier wat iemand skryf om agter te kom wat hy bedoel.
Ek stem saam met jou dat dit tragies is om die spelfoute te sien in die kommentare wat kom van mense wat duidelik goed bedeeld is tussen die ore as mens hulle kommentare lees en die logika wat daarmee gepaard gaan. Ek het in die onlangse verlede ‘n werksopdrag komende van ‘n onderwyser gesien waar spelling jou hare sal laat rys. “Huis” is gespel “hys”.
Wat egter vir my die meeste hinder is die afkortings van woorde en die los- en vasskryf van woorde. Ons sal egter maar verlief moet neem en dit so aanvaar dat daar ‘n stadium was (of nog steeds is) waar die onderwys nie ‘n flenter omgegee het oor spelling. Die hartseer is dat uit daardie kinders ook onderwysers gekweek word met presies dieselfde agterstand betreffende spelling. So word die foute dan maar net weer en weer herhaal.
Dus Neptunus, beveel ek aan ons hou by opbouende kritiek waar ons mekaar sal respekteer in ons verskille. Sou ons afbrekend wees stel ek ook voor dat ons onder ons eie name skryf en nie skuilname gebruik.
Indien dit nie moontlik is dan is hierdie ook my laaste kommentaar.

Neptunus ·

Peet, jy is heeltemal reg oor die “te” wat gekort het in my sin. Niks verkeerd daarmee om dit uit te wys nie, ek verwelkom dit. As ons dit nie self doen nie, wie anders sal? Soos jy hierbo uiteensit is baie opvoeders (in Engels “educators” en voorheen as onderwysers bekend) deesdae beroerd – hoop ek het jou reg verstaan.

Wat Bobbejaan se vraag betref, dit is en was ‘n “stupid” vraag om sy/haar eie woorde te gebruik. Die kind se geheueverlies het niks te make met haar toekoms nie, dit gaan oor iets wat in die verlede gebeur het. Tensy sy een of ander breinskade opgedoen het en van haar kognitiewe funksies ingeperk is kan sy aangaan met haar akademiese loopbaan.

Ek is nie hier om mense op die skouer te klop nie en as ek dom stellings aanvat of musiek kritiseer is dit my goeie reg. Dit sal ook nie gedoen word onder ‘n eienaam nie, hoe nuuskierig jy ook al is. Jy is nie die enigste persoon met vryheid van spraak hier rond nie Peet, ek onthou jy het ook maar lekker driftig geraak oor die hek wat op die skoolkind geval het – en baie sterk dog sinvolle repliek gelewer.

Gina ·

SAPD is dit geld wat praat dat die boetie nie gestraf word nie. Marli jy kan!!! Die waarheid sal wel uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.