Stellenbosch-bylmoorde: Marli kan nie aanval onthou

Marli van Breda. Foto: Charles Russel/Verskaf

Marli van Breda. Foto: Verskaf

Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, is uit die rehabilitasiesentrum waar sy die afgelope weke behandeling ontvang het, ontslaan.

Ben Rootman, woordvoerder van die familie, het in ʼn verklaring gesê Marli se toestand het “dramaties verbeter” sedert sy uit die hospitaal ontslaan is en behandeling by die rehabilitasiesentrum ondergaan het.

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54) en hul seun Rudi (22), het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en haar broer, Henri (20), het ligte beserings opgedoen.

Marli het ʼn skedelfraktuur en breintrauma opgedoen en moes neurochirurgie ondergaan. Sy was vir dae na die aanval in ʼn geïnduseerde koma. Volgens Rootman het Marli geheueverlies en kan sy niks van die aanval onthou nie. “Volgens haar mediese span is dit nie vreemd nie en gebeur dit met pasiënte wat traumatiese gebeure ervaar het.” Rootman het gesê dié soort geheueverlies kan blywend wees.

“Die feit dat sy die aanval oorleef het, is ʼn wonderwerk en haar fisiese herstel verstom die mense naby haar. Sy kan loop, goed kommunikeer en gegewe alles wat gebeur het, het sy haar sin vir humor behou,” het Rootman gesê.

Volgens hom beskerm die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) Marli en is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie. Rootman het gesê Marli kon nog nie daarin slaag om ʼn amptelike verklaring af te lê oor die voorval nie.

Rootman het gesê die grootste uitdaging is om vrede te maak met die dood van haar gesin. Marli ontvang verskeie vorme van terapie en nabye vriende mag by haar kuier. “Marli is tydelik in die sorg van familievriende geplaas.”

Volgens Rootman sal ʼn kurator aangestel word om Marli se belange te beskerm. “Daar word verwag dat wanneer die kurator aangestel is, voorstelle gemaak sal word oor waar Marli sal bly en wie verantwoordelik moet wees vir die verskeie aspekte van haar alledaagse lewe.

Rootman het namens die familie hul dank uitgespreek vir al die ondersteuning en empatie wat Marli ontvang.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Gina ·

Dis seker een van die wreedste en hartseerste storie nog. Mag Marli net gesond word. So pragtige mensie en so onskuldig. Mense moet begin bymekaar staan, die tyd staan nie stil nie. En Marli se boetie- Net GOD weet wat di nag gebeur. En ons as mense moet hom nie veroordeel nie. Die waarheid sal wel uitkom. Die 2 kinders moet nou net eers konsentreer om fiesies en geestelik gesond word.. Marli die HELE land dink aan jou en ons bid vir volle herstelxx

Christanam ·

Marianna na so ‘n groot breinbesering sal sy niks kan onthou nie en dit kan jare neem om te herstel of glad nie. Daar is ‘n hele paar mense wat trauma beleef het en groot breinbeserings opgedoen het wat soos sy herstel het maar glad nie kan onthou wat gebeur het nie en kon selfs jare later nog steeds niks onthou nie.

Christanam ·

Marianna na so ‘n groot breinbesering sal sy niks kan onthou nie en dit kan jare neem om te herstel of glad nie. Daar is ‘n hele paar mense wat trauma beleef het en groot breinbeserings opgedoen het wat soos sy herstel het maar glad nie kan onthou wat gebeur het nie en kon selfs jare later nog steeds niks onthou nie. Wat haar boetie aanbetref kan ons dink wat ons wil maar hierdie wilde uitlatings wat gamaak word is baie sleg. Ek weet nou nie hoekom ons polisie ondersoekers het as daar kommentators hier is wat sommer gratis hulle diens kan lewer nie

cp ·

Ek is nou 56 jaar oud. In 1975, toe ek in standerd 9 (Graad 11) op Hoërskool was, was ek en twee skoolmaats in ‘n baie ernstige motorongeluk betrokke. Die ander twee het niks behalwe skok opgedoen nie, maar ek was drie weke in ‘n koma omdat ek ernstige hoofbeserings opgedoen het. Ek is na verskillende hospitale oorgeplaas en toe ek uiteindelik my bewussyn herwin, kon ek niks van die ongeluk onthou nie. Ek moes van ander mense hoor wat eintlik gebeur het en tot vandag toe is dit vir my soos ‘n sprokie. Ek het ook vir bykans twee jaar lank ligte epileptiese aanvalle ondervind.Ek het later uitgevind dit kom gereeld voor by mense wat ernstige hoofbeserings opgedoen het. So Marli se huidige toestand is nie uniek nie, maar eerder kenmerkend van die tipe trauma wat sy deurgemaak het. Ek is egter net so spyt oor haar geheueverlies, want ek het ook my vermoedens

KarooKlong ·

Ditto Frikkie
Ek ruik ‘n rot….nee dit ruik eerder na ‘n muishond.

Piet Snot ·

Motiveer jou stelling asb.
Jy lyk baie oortuig van jou saak, so lig ons ander ook in.

Dave ·

Ek was in ‘n motorongeluk gewees vroeg in 1977. Met geheueverlies wakker geword en my geheue het brok-brok en stuk-stuk terug gekeer maar van ‘n tydperk om die ongeluk wat ‘n paar weke is, kan ek steeds nie onthou.

Peet Schabort ·

Dave, jy is reg. Weet van twee waarvan een opslag dood is in motorongeluk en die ander een volkome herstel het maar nie weet wie het bestuur.
Daar is net daardie iets wat God in jou liggaam ‘geplant’ het om jou van erge trauma te spaar wat nie die res van jou lewe met jou saam sal wees.

Dave ·

Presies soos jy sê, Peet. Dit is een van vele beskermingssisteme waarmee die Skepper ons geseën het.

Sarie ·

Jy is reg. Dieselfde het met my broer wat tydens sy diensplig in ‘n motorongeluk bloeding op die brein opgedoen het. Al dienspligtes behalwe hy het gesterf en die ander motor wou versekering eis. Hy is etlike kere ondervra, maar kan tot vandag niks onthou nie. Dit het in die tagtigerjare gebeur.

Lindie ·

Okay Huisgenoot berig verlede week dat sy alles kan onthou van die aanval? Hoekom maak die media nie seker van hulle feite voor hulle goed publiseer nie? Die hele storie raak so deurmekaar. Kan sy nou onthou of nie? Ek is baie bly dat sy beter doen!! Sterkte vir haar vir die res van die herstel pad.

Ek wonder ook net hoekom nog nie iemand in hegtenis geneem is nie? As sy niks kan onthou nie, gaan hulle sekerlik nie wag tot sy wel onthou nie? Soos hulle gese het dit kan enige dag wees of selfs jare??!!!!

pop ·

Maroela< ek sien my kommentaar is weggelaat. So Volgens julle is dit maar reg as mense beskuldigings links en regs rondgooi.

Dave ·

Laat dit vir jou ‘n les wees, pop! Jy’t blykbaar nie geluister toe magriet jou vroeër vertel het.

B.Burger ·

Al wat ek weet is”Die mens wik,maar God beskik”Hierdie storie raak almal diep,dog net diegene verantwoordelik weet wat die regte storie is.Wie is ons om die oordeel te vel?Kom ons laat dit in God se hande.Niemand sal Sy oordeel vryspring nie.Bid eerder vir diegene verantwoordelik om tot ander insigte te kom.Shalom

Neptunus ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor die lang arm van die gereg die moordenaar(s) inhaal, mits die SAPD hulle werk korrek gedoen het. Don Steenkamp se gesin kon glad nie bydra tot die ondersoek nie, maar tog is hy oplaas voor die hof gebring. Die aanvaller se DNA moes seker onder die vingernaels van darem een van die slagoffers agtergebly het? Of kan dit wees dat hy of sy dit verwyder het? Ander vrae wat beantwoord sal moet word is onder andere: Hoe laat omtrent het die oorledenes gesterf? Hoe laat is die owerhede in kennis gestel van die voorval? Waarmee was die oorlewendes besig vandat die aanval oor was totdat alarm gemaak is? Presies watter beserings het die oorlewendes opgedoen, en strook dit met hulle weergawes? Hoe het die aanvaller(s) volgens die oorlewendes gelyk? Wat is vermis? Waarmee het die aanvallers opgedaag en vertrek, m.a.w. watter soort vervoer sou hulle gebruik het? As hulle dalk die landgoed deur die sekerheidstoegang binnegekom of verlaat het, is daar CCTV-beelde daarvan? Wat het gemaak dat die aanvallers die jongste seun net lig beseer het, was hulle gesteur of het hy hom deeglik verweer? Watter data bevat die slagoffers se selfone en rekenaars?

pop ·

Dave jy weet nie eers waarvan ek gepraat het nie. Al les wat ek hier leer is dat mense geen opvoeding en christelike beginsels het nie. Loop lees bietjie wat se die Boek oor balke!!!!

Hannelie ·

Lindie ek stem 100% saam met jou. Watter storie is die waarheid? Huisgenoot of die ander koerante? Al wat ek kan sê is dat ons vir Marli bid dat sy volkome sal herstel. En ook dat die skuldige spoedig gevang word. Ons almal het ons bedenkinge en gis ook maar, maar bid dat die waarheid sal uitkom.

Francois ·

Hmm lyk my almal hierbo verwag weer so ‘n sirkus soos met die Oscar saak. Dit verstom my hoe jou medemens net die slegste wil he en op ander toewens.

noname ·

Die Staat sal alle moontlike bewyse eers insamel voor hulle voortgaan om iemand in hegtenis te neem. In my opinie is daar iemand na wie hulle kyk…

Hulle deel sekere aspekte van die ondersoek nie omdrede net die moordenaar die kennis sal he van bv die toneel ens. As die publiek bewus word van dieselfde besonderhede kan die verdagte se dat die informasie vrylik beskikbaar was.

Die staat is besig om ‘n sterker saak te te maak sodat die uiteindelike resultaat meer absoluut sal wees. Onthou dat dieselfde bewyse nie gebruik mag word op ‘n nuwe saak nie…

LLB ·

Ek het probeer my se se en verduidelik hoekom niemand in hegtenis geneem is van ‘n regs standpunt af… maroela media… ek vereis dat dit hier verskyn op gronde van ons Konstitusie. Ek sal dophou en wag…

Dit is geskrewe en is die publiek se reg en om te se ons het vryheid van spraak en dan in dieselfde asem dit weg te neem is onaanvaarbaar, veral omrede ek niks onaangenaam gese het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.