
Marli van Breda Foto: Facebook
Slegs ʼn week nadat Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, uit ʼn rehabilitasiesentrum ontslaan is, het dit aan die lig gekom dat haar broer Henri (20) glo Klerksdorp toe is.
Sunday Times het berig nie die polisie of Marli se uitgebreide familie wil antwoord hoekom die oorlewende broer en suster steeds nie herenig is nie. Volgens die koerant is Henri glo twee weke gelede Klerksdorp toe waar die polisie sy bewegings fyn monitor.
Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54), en hul seun Rudi (22), het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en Henri het ligte beserings opgedoen.
Eikestad Nuus het Vrydag berig dat ʼn verdagte na verwagting binne die volgende twee weke in hegtenis geneem sal word.
Die polisie was tot op hede huiwerig om enige besonderhede oor die saak bekend te maak. Die forensiese ondersoekkenner, Johan Wessels, het gesê een van die redes waarom ondersoekbeamptes soms geheimsinnig oor ʼn saak is, is wanneer die verdagte iemand na aan die familie is.
Lees alle vorige berigte oor die aanval by die De Zalze-landgoed op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Hoekom sal die Polisie hom dan nou kwansuis fyn Dophou!! Dan klink dit soos asof hy die hoof verdagte in die saak is!
Is hulle dalk bang hy vlug land uit?
Ja ek stem saam. Waarom eers die verdagte die kans gee om weg te kom. Hy moes lankal in hegtenis geneem gewees het. Ons weet dit. Die “justice system” is deurmekaar sisteem. Ek wonder net wat die polisie se antwoord sal wees as hy uit die land vlug. Daar is niks wat hom keer nie of is hy gese dat hy in die land moet bly. Raaiselagtige en onbetroubare polisie sisteem.
2+2=4
Dalk bring sy teenwoordigheid sy suster se geheue terug,of dalk word sy eie geheue verfris. In alle geval sal ek sy bagasie baie goed deurgaan as hy van Klerksdorp af terug kom…
Die broer is in Klerksdorp! wat maak hy daar? hkm het hy nog nie probeer om by sy suster uit te kom nie? Of hy hy is bang sy suster begin “backflashes” kry van al die gebeure. En iets kom dalk uit wat nie moet nie!
Sterkte aan Marli, jy is ‘n sterk mens. Mag die Here jou nog dra deur alles wat vir jou voorle.