Stellenbosch-bylmoorde: Marli sterk aan

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda, die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, weet haar ouers en oudste broer is “in die hemel”, het Beeld Woensdag berig.

“Sy mis haar familie baie,” lui ʼn verklaring wat Dinsdag deur die familie uitgereik is. Hulle het gesê Marli “lyk baie goed en die wonde is al amper heeltemal genees”.

Sy kon nog nie ʼn verklaring voor die polisie aflê nie.

Marli (16) is met ʼn byl aangeval toe haar gesin op die De Zalze-landgoed naby Stellenbosch op 27 Januarie aangeval is. Haar pa Martin (54), ma Teresa (55) en broer Rudi (22) is oorlede. Sy het ʼn kopwond opgedoen en haar nekslagaar is afgekap.

Geen besoekers is die afgelope maand by haar toegelaat nie. Haar familie is eers van verlede Donderdag af by haar toegelaat.

Haar broer Henri (20) het ook oorleef. Volgens Marli se voogde gaan dit goed met hom, onder omstandighede. “Hy is in goeie hande en ontvang die ondersteuning wat hy nodig het om hierdie traumatiese en tragiese voorval te kan hanteer.”

Die familie, en veral Henri, is bewus van die bewerings teen hom in die media. Hy sal glo eers in ʼn latere stadium reageer uit respek vir die polisie se ondersoek.

Die polisie het op 28 Februarie weer die huis aan die familie beskikbaar gestel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Lees alle vorige berigte oor die aanval by De Zalze op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik wat hier gebeur het, maar dis die geheimsinnigste wat ek nog gesien het n misdaad word hanteer. Mense is so wreed vermoor, almal dink dis die seun…..of dit is of nie, weet niemand, maar niks word gesê. Of Marli ook enige permanente skade opgedoen het weet nugter alleen. Dis seker een van daai stories wat niemand ooit die volle verhaal sal hoor of weet nie.

Tom Theron ·

My oupa het altyd gese: van nuuskierigheid is die tronke vol.

SNEL ·

Ja-nee, so het die ou mense gesê, maar waaroor het mens nuusbrokkies as hulle jou druppeltjies gee? Hoekom was die Griekwastad moorde dadelik n ope boek, waarom was Oscar se dinge dadelik uitgeblaker, maar hier word so min moontlik oor diesaamk gesê. As hulle dan nie wil hê ons moet weet nie, los dit uit die media uit, anders wat is die doel? Dis tog hoekom nuus daar is, om nuus te versprei, wat gebeur en aangaan.

Drieks ·

Hier was drugs of gedragversteuring betrokke raai ek. So die moordenaar is op sielkundige behandeling. Dink jul ek sal ‘n speurverhaal kan skryf???? hahaha.
Dit gaan ‘n hartseer storie hierdie wees Snel. Dink ek…..

sarie ferreira ·

Drieks, ek dink Jy slaan die spyker op die kop. Geen twyfel wie die moordenaar is nie.

sarie ferreira ·

Drieks, ek dink Jy slaan die spyker op die kop. Geen twyfel wie die moordenaar is nie.

Drieks, Jy slaan die spyker op die kop. Die stilswye bevestig vir my die identiteit van die skuldige.

Maronel ·

En die Griekwastad moordenaar was minderjarig en heeltyd van hom gepraat. Hier word gepraat van die boetie of mens hom eintlik moet jammer kry. Hy is mondig en tog sooooo onskuldig. Geregtigheid sal wel seevier en die skuldige(s) sal nog boet! Ek twyfel of dit net een was wat die moorde kon gepleeg het. As een mos aangeval word, is daar nog 3 wat kan help! Al wie nou jammer gekry moet word is Marli!!

Marlize ·

Met die Griekwastad-moorde was dit nie dadelik duidelik wie die verdagte was nie. Die polisie het ook baie seker gemaak hulle het genoeg bewyse voordat iemand in hegtenis geneem is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.