Video: Stellenbosch-bylmoorde: Marli sterk aan

Marli van Breda. Foto: Facebook

Marli van Breda. Foto: Facebook

Marli van Breda, wat oorleef het nadat haar ouers en broer in hul huis in Stellenbosch vermoor is, sterk goed aan, het The Star Vrydag berig.

“Sy word elke dag beter. Sy beweeg haar oë om instruksies te volg,” het André van Breda, haar oom, Donderdag tydens ʼn gedenkdiens in Pretoria gesê.

Die Van Breda-gesin is verlede maand in hul huis in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en hul seun Rudi (22) is in die aanval dood. Marli is ernstig beseer in die aanval en haar jonger broer, Henri (20), het glo ligte beserings opgedoen.

Robert Daniels, woordvoerder vir die nooddienste in die Wes-Kaap, het vroeër gesê Marli het ʼn bylwond aan haar kop opgedoen, en haar nekslagaar is gesny.

Beeld het Vrydag berig dat André na die roudiens gesê het Henri is baie getraumatiseerd en dat hy baie ondersteuning kry. “Henri se ondersteuningspan, sy regspan, almal ondersteun hom.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ben ·

Kan die polisie nou net gaan en Henri arresteer? Of probeer hul ‘n groter vis terselfdertyd vang? Almal in Stellenbosch en De Zalze weet hyt die moord gepleeg agv dwelms. Die polisie moet verseker sy sussie nog beskerm teen ‘nabye familie’ besoeke want sy is al getuie. Dis so ‘n tragiese storie!

Eish ·

Sjoe Ben, klink of jy iets weet wat ons net dink en nie weet nie.

Leeutjie ·

Ben ek het van die begin af ‘n gevoel gekry oor dit. Die feit dat hy ‘n maand voor die tyd vreemde gedrag getoon het. Ek stem met jou saam.

SNEL ·

Gaan ons ooit die volle storie hoor? Henri het n regspan wat hom ondersteun, hoekom? Is hy verantwoordelik vir wat hier gebeur het? Bly dit gaan beter met Marli, alle sterkte aan haar.

Pierre Celliers ·

Ja, baie goeie vraag, hoekom het hy ‘n regs span??
Sodra Marli sterk genoeg is om te praat sal ons hopelik weet wat presies gebeur het.
Intussen word die saak nie eers ondersoek nie want die polisie het mos hulle verdagte.
Hoe pateties tog!!!

daleen ·

Sterkte aan marli hoop sy word somme gou baie beter en dat sy geen permanente skade sal he nie

Knersus D ·

Marli is ‘n pragtige kind! Ek is bly dat sy positief reageer op behandeling, maar dit moes nooit gebeur het nie. Sterkte !!

Theresa ·

Dis SO baie tragies. Hoop Marli word regtig ten volle beskerm. Ons hoop en bid dat sy gespaar sal word en volkome sal herstel en ‘n normale lewe sal kan ly. Sy is so pragtige kind. Daar lê ‘n vreeslik “grondpad” vir haar voor want sy weet seker nie eers wat haar getref het nie en dat haar boetie en ouers oorlede is nie. Mag die Here jou styf teen Hom vashou Marli. Sterkte en sterk wees.

Beatrix ·

Voordat ons oordeel, en dink ons weet”’ wat gebeur het? of wie verantwoordelik is vir als?? Bid vir die 2 kinders wat agter moes bly….. want daar bly vir hul nog n lang pad van hartseer en herineringe oor…. Mag Marli gou aansterk en Mag die waarheid gou bekend word.

annatjie ·

Sterkte aan Marli . Hoop sy herstel volkome. Nou hoekom word Henri deur ‘n regspan ondersteun? Is hier alweer ‘n kinkel in die kabel? Indien hy die oorsaak is van hierdie afgryslike moorde, is dit goed dat die Polisie Marli bewaak. Wat is fout met die jong mense wat hulle dryf om sulke onbesonne dinge aan te vang.

Babs ·

Wil net graag weet of die sekuriteitsfirma die reg gehad het om die oproep wat Henri na hulle toe gemaak het aan die pers bekend te maak. Is dit nie veronderstel om vertroulik te wees.
Daar lê ‘n moeilike pad vir Marli voor – om jou ouers en broer op een dag te verloor, moet verskriklik wees. Bid haar sterkte toe.

Piet ·

Dis eientlik pateties die skuldige word nie gearresteer nie nou moet jy die slagoffer oppas.
Wonder wie gaan skuld kry as hy nog mense vermoor?
As jy drie mense kan vermoor en die vierde een amper wat keer jou om dit weer te doen?

Leanie ·

Ek stem. Dink dis baie soortgelyk aan die Griekwastad moorde. Lees nou Jacques Steenkamp se boek daaroor. Dis alles eintlik net baie hartseer. Sterkte aan Marli. Debbie Adlington het ook mos in 2002 die bylmoord van haar familie deur haar man oorleef. Baie baie sad!!!!

Marlise ·

Die een wat die moorde gepleeg het was slim genoeg om henri net bietjie te beseer sodat hy soos die skuldige lyk.

Elmarie Jonker ·

Ek voel so bitter jammer vir Marli, my hart gaan uit na haar en aan die familie. Dit is nie maklik om deur die hartseer te gaan. Ek hoop Marli raak gou gesond. Ek glo as sy beter is lê daar vir haar nog baie hartseer en pyn voor. Sy is nog jonk, haar ouers was haar fondament, ek glo hul is nou Engele wat oor haar waak. Henri moet die skuldige wees sy dwelm misbruik sê alles. Ek voel n mate jammer vir hom, sy toekoms sal in skerwe wees en hy gaan sy hele lewe lank sit met die selfverwyt. Ek hoop Marli sal hom vergewe. As dit my broer was sou ek vir my lewe vrees mens weet nooit wanneer sy kop hom weer sal los. Sterkte aan Marli

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.