Stellenbosch-bylmoorde: Marli toon verbetering

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda, wat ʼn aanval op haar gesin in Stellenbosch oorleef het, toon glo emosie, alhoewel sy nog nie kan praat nie, het die Saturday Citizen berig.

Ben Rootman, woordvoerder vir die gesin, het aan die koerant bevestig dat sy tekens van verbetering toon. “Daar is beweging aan al twee kante van haar lyf, sy wys emosie en herken naby familielede en gesinsfoto’s,” het hy gesê.

Die Van Breda-gesin is verlede maand in hul huis in die De Zalze-landgoed aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou Theresa (54) en Marli se ouer boetie Rudi (22) het aan hul beserings beswyk. Haar broer Henri (20) het met geringe beserings die aanval oorleef.

Marli het kritieke beserings opgedoen en bly steeds in die hospitaal.

Robert Daniels, woordvoerder vir die nooddienste, het vroeër gesê Marli het ʼn bylwond aan haar kop opgedoen en haar nekslagaar is afgekap.

Geen besoekers word nog by Marli toegelaat nie. Sy is uit die intensiewesorgeenheid na ʼn privaat kamer geskuif.

Rootman wou nie bevestig of ontken dat sy breinskade opgedoen het nie.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christine Grabbe ·

Sou graag wou hoor waar Marli se jonger broer hom bevind? Hoekom so stil oor sy doen en late? Sal graag wil hoor. Danki vir jul puik blad!

Chris van Heerden ·

Christene hy bly by n oom of familielid van hom.

thersia ·

Laat mens wonder, klink meer of die pasient in veilige bewaring is, kan dit dalk ook wees of die polisie dalk meer vermoed as wat hulle se, voel jammer vir die pragtige meisie, glo sy weet wie vir aanval verantwoordelik was,

sproetjies ·

Wonderlike nuus om te hoor Marli is beter. Net interressant dat haar broer wat lewe nie by haar toegelaat word nie. Dit sê vir my hier is ‘n kinkel in die kabel. Wat ‘n wrede wêreld waarin ons lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.