Stellenbosch-bylmoorde: Marli uit hospitaal ontslaan

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda Foto: Facebook

Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, is uit die hospitaal ontslaan.

Adv. Martin Coetzee, wat deur Marli se voogde as haar regsverteenwoordiger aangestel is, het aan Maroela Media gesê Marli is Vrydagmiddag uit die Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes ontslaan. Marli is intussen in ʼn rehabilitasiesentrum opgeneem waar haar behandeling voortgesit sal word.

Volgens Coetzee beteken dit nie Marli het ten volle herstel omdat sy uit die hospitaal ontslaan is nie, maar dat sy nou meer gepaste behandeling kry vir die ander letsels wat sy ná die aanval oorgehou het. Hy het gesê Marli sal nou ander en meer spraak-, arbeids- en fisioterapie ontvang.

Die Van Breda-gesin is in Januarie in hul huis in die De Zalze-landgoed by Stellenbosch aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54), en hul seun Rudi (22) het aan hul beserings beswyk. Marli is ernstig beseer in die aanval en haar jonger broer, Henri (20), het glo ligte beserings opgedoen.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag bevestig dat hy die moorddossier ontvang het, maar kon nie bevestig of iemand binnekort in hegtenis geneem gaan word nie. Rapport het Sondag berig die dossier bevat genoeg bewyse om ʼn verdagte aan te kla.

Ben Rootman, woordvoerder van die Van Breda-familie, het vroeër aan Maroela Media gesê die familie neem kennis van die berigte in die media en wil in dié stadium nie verder kommentaar lewer nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Sondag by navraag gesê daar is “beduidende vordering” met die ondersoek. “Die vordering kan egter nie in dié stadium met die media gedeel word nie.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lizette ·

Goeiedag

Jammer om negatiewe terugvoer te gee, maar sommige berigte word baie swak geskryf, Bv die bogenoemde berig omtrent Marli van Breda. Alles maak nie sin nie.

nini ·

Hierdie saam se info mag niks gesê word ni mar met d Oscar saak was daar elke 5min updates.. Van d dag wat Reeva geskiet is tot d dag wat hy gevonnis is. What’s the difference?m?

KarooKlong ·

Hier ruik jy nie net ‘n rot nie, jy ruik ‘n muishond.
Dink hierdie familie en hul Regsverteenwoordigers regtig hulle gaan hierdie storie verdoessel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.