Stellenbosch-bylmoorde: NVG bestudeer nog dossier

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gesê daar is nog nie besluit of die Stellenbosch-bylmoorde verder ondersoek sal word of na ʼn geregtelike ondersoek verwys sal word nie.

Mediaberigte oor die naweek het beweer dat die moordsaak na ʼn geregtelike ondersoek verwys sal word omdat daar nie genoeg bewyse is om iemand te vervolg nie. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het egter aan Maroela Media gesê dat daar nog geen besluit in hierdie verband geneem is nie.

“Die NVG het die dossier van die polisie ontvang en is besig om dit te bestudeer sodat ʼn besluit hieroor geneem kan word,” het Ntabazalila gesê. Hy het nie gereageer op ʼn vraag of Marli van Breda se verklaring al deur polisie afgeneem is nie.

Dit is vandag presies ses maande sedert Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en hul seun Rudi (22) in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor is. Marli en haar broer, Henri, was die enigste oorlewendes in die aanval.

Daar is steeds nie veel antwoorde rondom hierdie raaiselagtige moorde nie. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het vrae oor die ondersoek ontwykend geantwoord deur bloot te sê dat die ondersoek voortgaan. “Geen verdere inligting sal in hierdie stadium bekend gemaak word nie, omdat ons nie enige stappe wat ons in die toekoms as deel van die ondersoek sal neem, wil voorspring nie,” het hy gesê.

Ben Rootman, woordvoerder vir die Van Breda-familie, wou ook Maandag geen kommentaar oor die ondersoek lewer nie. “Van die familie se kant was dit nog altyd hulle beleid dat hulle geen kommentaar oor die polisieondersoek sal lewer nie. Hulle meng nie in met die ondersoek nie en laat die gereg om sy gang te gaan,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor De Zalze op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Riette ·

Iemand is beslis besig hier om iets te probeer toesmeer, hier is n groot slang in die gras

Liewe lulu ·

Riette, ek stem saam met jou. Kan net wonder of daar omkopery by betrokke is. Genade daar is 3 mense vermoor…..

Paul ·

Dit lyk regtig of geld hier `n rol speel.Dit is nie moontlik dat daar nie `n skuldige kan wees nie. En dit na hoeveel speurspanne probeer het. Dit was `n baie slim moordenaar.

Corrie ·

Paul, die groot probleem daar is dat die verkeerde mense die saak ondersoek, ek kan net nie glo dat daar geen bewyse is nie, die moordenaar is glad nie slim nie, sit die regte ondersoek span op die saak en dan sal die moordenaar/s aan die pen ry

Yvonne ·

Ek verstaan dit net mooi niks nie.
Wil jy my se 3 mense word grusaam vermoor en daar is nie ‘n beduidenis van wie dit kon gedoen het nie? Geen leidrade?
Onmooooontlik!!
Dis 6maande na die tyd, wat de ongeluk gaan hier aan? Daai arme mense draai in hulle grafte om. Nee man waar le die problem. Is ons polisie nie bekwaam genoeg om sulke geweldadige sake te hanteer nie, of is daar dalk ‘n omkoopspul iewers aan die gang . .
Al hierdie dinge laat mens wonder

Se Maar Net ·

Weereens ‘n klomp wat beslis nie weet hoe en waar om te begin nie. Of eerder nie wil nie.

Geld maak mos alles reg wat krom is!!!

malinda ·

Stem saam met Yvonne. Kan nie glo dat daar genoeg bewyse is nie, hulle het nie hul self dood gekap nie. Kyk wat het gebeur met die Griekwastad moorde. Nee nee nee iets is nie reg nie?????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

CHRISTA ·

Ek stem, kry Piet B anders gaan hierdie saak dieselfde pad loop as die belaglike Nkandla ondersoek!!!

Winston ·

Bestudeer die dossier? Dit vat n aanklaer wat sy sout werd is nie dae om n opsomming te maak of daar n prima facie saak is nie. Hier is n helse fout iewers.

Hennie van der Merwe ·

Dit is baie duidelik dat geld hier ‘n groot rol speel. Ons regstelsel is absoluut “SIEK”! Die ondersoekbeamptes is totaal onbevoeg om die saak te hanteer! Die Vader alleen weet!

Cathy ·

Ek stem 100% saam met jou Hennie! ‘n Aanklaer wat weet wat hy doen sal nie 6 maande neem om te besluit of hy ‘n saak het of nie; wat hier sterk na vore kom is geld en daar is geen tekorte daarvan nie; die 3 lewens wat geneem is, is nie meer belangrik nie. Ek stem ook saam met Neelsie, kry vir Piet B; hy sal beslis die probleem oplos binne ‘n paar dae en nie 6 maande nie!!!

Ian ·

Dìt is wat gebeur wanneer bekwame speurders deur BEE kandidate vervang word. Viva ANC.

fransie rowles ·

Jammer maar die eerste ding wat in my gedagtes kom,
is dat elkeen sy “cut” sal kry!! Hoop elkeen kan met hul gewete saam leef!! En dan kom vra ek myself watse gewete??????

lynette ·

Nee nee nee….dit kan nie wees nie… dit kan nie net verdwyn nie…dis 3 lewens wat geneem is!!!!
Wie help hier vir wie????? En ‘NIEMAND’ nog in hegtenis geneem nie???? Komaan????!!!

nico ·

Eers het hulle genoeg bewyse en die skuldige sou 2 weke na die moorde aangekeer word .Dan word daar om gerieflike onthalwe by die polisie stasie ingebreek. En dan is daar nie genoeg bewyse nie. Gerieflik ne

malinda ·

Waar is die bewyse wat hulle gehad het namens……………….. die selfoon ?????? of internet wat hulle gekry het waar iemand in die huisgesin navraag gedoen het oor die bylmoorde wat oorsee gepleeg was. (die persoon het sy ouers met n byl vermoor??????????????) Die byl was dan splinter nuut???? Hoekom het een lid van die gesin net skrappe. Kon hy nie sien wie het hulle aangerand nie. komaan mense, ons glo dit nie.

Cathy ·

Dit is absoluut skokkend dat die NVG nog niks gedoen het nie! Nie genoeg bewyse nie? As daar dan ‘n moontlike verdagte is waarom nie van hipnose gebruik maak nie; die waarheid sal vorendag kom!

Ronell ·

Flip dis great……. roep almal wat iemand dood wil hê….. Stellenbosch is die PLEK.!! Niemand word ooit hier skuldig bevind nie, want niemand kan hulle werk doen nie. Kom moor maar al julle mense hier uit.

Charmaine ·

Ek is so teleurgesteld….het gehoop dat iemand verbind sou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.