Henri van Breda (21) verskyn Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof in verband met die moord op drie van sy gesinslede in Januarie 2015.
Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 21-jarige man het hom omstreeks 15:30 by die Stellenbosch-polisiestasie oorgegee. Traut het gesê die verdagte sal teregstaan op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord.
“Die Van Breda-familie neem kennis van die inhegtenisneming van Henri van Breda. Alle navrae word na die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys,” het Ben Rootman, woordvoerder van die Van Breda-familie, intussen gesê.
Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op 27 Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch met ʼn byl vermoor. Hul dogter Marli (17) is ernstig in die aanval beseer, terwyl haar broer, Henri (21), slegs geringe beserings opgedoen het.
Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
73 Kommentare
Ek wonder wat hom motiveer het om homself te oorhandig. Het sy gewete hom ingehaal, het Marli onthou of het die lang arm van die gereg hom ingehaal? Sy lewe lê ook in stukke voor sy voete op só ‘n jong ouderdom.
Was voor die hand liggend! Ek het al die tyd net geweet! Wat gaan aan met die jonges wat net wil moord pleeg op hulle ouers….
Geen nuwe nuus het dit van die begin af geweet.
Stem volkome saam met jou.
Ek wonder as n erfgenaam skuldig bevind word aan moord, erf hy nog sy gedeelte?