Stellenbosch-bylmoorde: Verdagte glo binnekort vas

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

ʼn Verdagte behoort glo binne die volgende twee weke in hegtenis geneem te word in verband met die bylaanval op die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-landgoed net buite Stellenbosch, het Eikestad Nuus berig.

Volgens ‘n bron na aan die ondersoek, is daar genoeg forensiese bewyse bymekaargemaak tydens die ondersoek om iemand in hegtenis te neem en te vervolg.

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54) en hul seun Rudi (22), het aan hul beserings beswyk. Marli (16) is ernstig beseer in die aanval en haar broer, Henri (20), het ligte beserings opgedoen. Marli kan na berig word niks van die aanval onthou nie.

Eikestad Nuus het berig dat meer as 130 bewysstukke reeds deur die ondersoekspan bymekaargemaak is. Henri bly by familie en moes glo sy paspoort aan die polisie oorhandig.

Volgens Louise Buikman SC, Marli se kurator, ontvang Marli fisio- en spraakterapie, sowel as sielkundige ondersteuning en word sy deur skoolvriende besoek.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie sal die media in kennis stel wanneer hulle in die posisie is om meer inligting oor die moorde bekend te maak.

News24

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Neptunus ·

Die persoon oor wie almal bespiegel behoort maklik borg te kry, hy loop al hoe lank los rond en sy regsmanne sal aanvoer hy het in daardie tyd nie probeer vlug of iemand leed aangedoen nie. Ek hoop sy familie sit maar kurkproppe op al die eetgerei as hy naby is!

Retha ·

Ons weet mos almal wie dit was…. ons is nie dom nie. SAPD onderskat die normale mens se intelligensie.

CJAN ·

Retha nou praat jy. Ons is nie so dom nie. Vang die moordenaar en sluit hom toe en gooi die sleutel anderkant Amerika in die see.

Peet Schabort ·

Die spoed waarmee ‘n meule maal hang af van die sterkte van die waterstroom. Hier skynbaar is daar inligting versamel oor ‘n redelike lang tydperk omdat die waterstroom aan die swak kant is/was. Maar ‘n meule maal altyd effektief ongeag die spoed/waterstroomsterkte.
Marli, aan jou bid ek’n volkome herstel.

Ina Cronje ·

Ek besef die publiek is al moeg gewag vir iemand om in hegtenis geneem te word, maar die SAP moet soveel bewyse as moontlik insamel om ‘n sterk saak te bou, veral omdat Marli nog nie ‘n verklaring kon afle nie. Ons moet dit waardeer juis omdat soveel sake in die verlede uitgegooi is weens te min bewyse of op tegniese punte, geduld mense die einde is sig.

Charles ·

Strekte aan daai meisie en aan haar familie ai dis seer maar waar wie anders kon dit gewees as b

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.